AFGRI
BEAN
26 Me
-
9371
0,00
CORN
26 Me
-
4480
0,00
SOYA
26 Me
-
7813
0,00
SUNS
26 Me
-
8220
0,00
WEAT
26 Me
-
6690
0,00
WMAZ
26 Me
-
3644
0,00
YMAZ
26 Me
-
3750
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
12 Me
-
171,55
-1,00
Ave Wool - RWS
12 Me
-
187,51
-2,00
Beeste A2/3
12 Me
-
54,18
0,36
Beeste AB2/3
12 Me
-
53,38
1,10
Beeste B2/3
12 Me
-
49,24
1,21
Beeste C2/3
12 Me
-
46,69
0,83
Bevrore Hoender
12 Me
-
34,02
0,01
Bokkies (onder 30 kg)
12 Me
-
54,11
1,43
Bokooie
12 Me
-
45,19
4,99
Groot (meer as 40 kg)
12 Me
-
47,21
1,85
Hoender (IQF)
12 Me
-
32,78
-0,26
Medium (30-40kg)
12 Me
-
48,05
0,05
Pork Average
12 Me
-
30,1
0,51
Poultry Average
12 Me
-
33,63
-0,08
Skaap A2/3
12 Me
-
81,25
-3,39
Skaap AB2/3
12 Me
-
71,07
-5,53
Skaap B2/3
12 Me
-
59,28
1,05
Skaap C2/3
12 Me
-
53,58
-3,44
Speenkalf
12 Me
-
31,71
0,67
Spekvarke
12 Me
-
30,61
-0,29
Stoorlammers
12 Me
-
41,49
-0,79
Varkwors
12 Me
-
23,9
-0,76
Vars Hoender
12 Me
-
34,08
0,01
Vleisvarke
12 Me
-
30,04
0,57
Deel

Tesourie laat met redes vir hoër suikertaks

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die tesourie het nog nie redes aan die Suikerrietkwekersvereniging verskaf waarom hulle die suikertaks in April wil verhoog nie. Foto: Gretchen Peiser
Die tesourie het nog nie redes aan die Suikerrietkwekersvereniging verskaf waarom hulle die suikertaks in April wil verhoog nie. Foto: Gretchen Peiser
Die tesourie het nog nie geantwoord op die Suikerrietkwekersvereniging se aansoek om redes waarom hulle beplan om die suikerbelasting op 1 April te verhoog nie.

Mnr. Andrew Russell, voorsitter van die Suikerrietkwekersvereniging, sê nadat mnr. Enoch Godongwana, minister van finansies, verlede Februarie ’n verhoging in die suikerbelasting, oftewel die gesondheidsbevorderingsheffing, aangekondig het, kon hulle nog nie inligting kry oor die redes vir dié verhoging nie.

Dit ten spyte daarvan dat die toepassing van die verhoging daarna tot 1 April 2023 uitgestel is om verdere skakeling met belanghebbendes moontlik te maak.

Die Suikerrietkwekersvereniging het ’n PAIA-aansoek ingedien om die regering te versoek om alle inligting en data te verskaf wat gebruik is om te besluit om die belasting op suiker in te stel en later te verhoog.

“Hoewel die nasionale regering voorheen aangedui het dat die belasting ingestel is om vetsugvlakke te verlaag, het dit tot dusver versuim om enige data te verskaf om hul argument te ondersteun of om te wys dat die belasting enige impak op die toestand gehad het.”

Russell sê wat wel duidelik is, is die verwoestende ekonomiese impak wat die belasting die afgelope paar jaar op die suikerbedryf gehad het. “Duisende werksgeleenthede het verlore gegaan het en daar was miljarde rande se verlies aan inkomste.”

Dis nie al wat aan winsmoontlikhede en werksgeleenthede in die suikerbedryf knaag nie.

Tongaat Hulett

Tongaat Hulett het die afgelope maande sy plaaslike bedrywighede onder sakeredding geplaas, terwyl data van die Suikerrietkwekersvereniging toon dat dat beurtkrag die bedryf vanjaar meer as R700 miljoen kan kos.

“Met dié struikelblokke en duisende werksgeleenthede wat op die spel is, is die handhawing van die gesondheidsbevorderingsheffing onregverdigbaar en gewetenloos.”

Russell sê die PAIA-aansoek wat op 14 Desember 2022 ingedien is, versoek dat die regering alle inligting waarop sy besluitneming berus, “enige data en navorsing waarop staatgemaak is wat wys dat die gesondheidsbevorderingsheffing in werklikheid vetsugvlakke (nie suikerverbruik nie) in Suid-Afrika verlaag het sedert die toepassing daarvan in April 2018; voorleggings, memorandums, opsommings en ander dokumente wat deur min. Godongwana oorweeg is in die besluit om die heffing te verhoog; en voorleggings, memorandums, opsommings en ander dokumente wat deur die kabinet oor die kwessie oorweeg word”.

“Ons het van 2021 bewyse van die vernietigende impak van die gesondheidsbevorderingsheffing aan die tesourie voorgelê toe ’n Nedlac-studie getoon het dat die heffing die bedryf in sy eerste jaar reeds R2 miljard en meer as 16 000 poste gekos het.

“Verdere modellering deur die buro vir voedsel- en landboubeleid (BFAP) toon dat die blote instandhouding van die heffing 'n verdere verlies aan 15 000 werksgeleenthede sal beteken en die oppervlakte onder suikerriet met 46 600 hektaar oor die volgende tien jaar sal verminder.”

In die afwesigheid van enige bewys dat die heffing doeltreffend was, en in die lig van die bewese ongunstige uitwerking wat die heffing op die bedryf het, doen die Suikerrietkwekers ’n beroep op  Godongwana om nie net van die besluit om die heffing te verhoog, af te sien nie, maar die heffing heeltemal te skrap

“Dit is ’n kwessie van oorlewing vir suikerrietkwekers, vir belanghebbendes in die bedryf se waardeketting en vir die 1 miljoen Suid-Afrikaners wat op die bedryf staatmaak vir hul bestaan.”

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.66
+0.7%
Rand - Pond
24.27
-0.0%
Rand - Euro
21.10
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.81
-0.0%
Rand - Jen
0.14
-0.0%
Platinum
1,022.46
0.0%
Palladium
1,423.51
0.0%
Goud
1,946.75
0.0%
Silwer
23.32
0.0%
Brent-ruolie
76.95
+0.9%
Top-40
71,404
+0.6%
Alle aandele
76,590
+0.5%
Hulpbronne 10
67,438
+0.5%
Industriële 25
106,353
+1.0%
Finansiële 15
14,654
-0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
DIS TYD
Kom gesels met my. Vriendelik opreg Hou van avontuur soos gaan kamp of 'n naweek weg op motorfiets Braai Rustig by huis wees Uitgaan vir 'n drankie
Its me :-)
Ek is Wie ek is Ek gee nie voor nie Hou van grappies Love kinders Mal oor die lewe Positief
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot