AFGRI
BEAN
05 Jun
-
8540
35,00
CORN
05 Jun
-
4137
104,00
SOYA
05 Jun
-
7760
41,00
SUNS
05 Jun
-
8341
41,00
WEAT
05 Jun
-
6560,2
-13,80
WMAZ
05 Jun
-
3725
30,00
YMAZ
05 Jun
-
3855
42,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
26 Me
-
172,55
5,11
Ave Wool - RWS
26 Me
-
189,51
7,15
Beeste A2/3
26 Me
-
53,82
0,82
Beeste AB2/3
26 Me
-
52,28
0,50
Beeste B2/3
26 Me
-
48,03
-0,68
Beeste C2/3
26 Me
-
45,86
0,77
Bevrore Hoender
26 Me
-
34,01
-1,25
Bokkies (onder 30 kg)
26 Me
-
55,19
1,47
Bokooie
26 Me
-
38,71
-2,84
Groot (meer as 40 kg)
26 Me
-
40,79
-0,03
Hoender (IQF)
26 Me
-
33,04
-0,01
Medium (30-40kg)
26 Me
-
51,26
2,05
Pork Average
26 Me
-
29,59
0,40
Poultry Average
26 Me
-
33,71
-0,64
Skaap A2/3
26 Me
-
84,64
-3,90
Skaap AB2/3
26 Me
-
76,6
7,69
Skaap B2/3
26 Me
-
58,23
-2,52
Skaap C2/3
26 Me
-
57,02
-0,39
Speenkalf
26 Me
-
31,04
0,93
Spekvarke
26 Me
-
30,9
0,87
Stoorlammers
26 Me
-
42,28
0,90
Varkwors
26 Me
-
24,66
-0,30
Vars Hoender
26 Me
-
34,07
-0,69
Vleisvarke
26 Me
-
29,47
0,36
Deel

Theo de Jager: 'n Ope brief aan Land Bank oor likwidasies

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Dr. Theo de Jager, voorsitter van die Suider-Afrikaanse Agri-inisiatief (Saai), tydens die netwerk se vergadering by Silver Lakes in Pretoria waar aangekondig is dat die netwerk, saam met AfriForum en die prokureursfirma Hurter Spies Ing., Suid-Afrikaanse en Zimbabwiese boere gaan bystaan in ’n restitusie-eis teen die Suid-Afrikaanse en die Zimbabwiese regering. Foto: Gerrit Bezuidenhout
Dr. Theo de Jager, voorsitter van die Suider-Afrikaanse Agri-inisiatief (Saai), tydens die netwerk se vergadering by Silver Lakes in Pretoria waar aangekondig is dat die netwerk, saam met AfriForum en die prokureursfirma Hurter Spies Ing., Suid-Afrikaanse en Zimbabwiese boere gaan bystaan in ’n restitusie-eis teen die Suid-Afrikaanse en die Zimbabwiese regering. Foto: Gerrit Bezuidenhout
Dr. Theo de Jager, voorsitter van Saai, het hierdie ope brief aan me. Thabi Nkosi, die nie-uitvoerende voorsitter van die Land Bank, op sosiale media gedeel.

De Jager het gereageer op 'n skrywe deur Nkosi. Klik hier om dit te lees.

Beste me. Thabi Nkosi, jou antwoord op ons Saai-veldtog om Land Bank se vernietigingstog deur die likwidasie van honderde boere te stuit, het betrekking. Uit die boere se hoek lyk Land Bank na die argitek van sy eie probleme en ons is keelvol om te bloei oor jul swak besluite, ondoeltreffende bestuur en ideologiese posisionering in die landbou.

Toe Land Bank twee jaar gelede ter wille van “groter beheer van Land Bank se eie leningsboek” sonder waarskuwing op die laaste dag ’n tien jaar lange ooreenkoms met tussengangers beëindig het, het julle moeilikheid onder julle uitgehardloop. Julle het niemand kans gegee om daarop voor te berei nie, nie die boere wat nooit gekies het om Land Bank-kliënte te wees nie, nie die tussenganger-landboubesighede wat Land Bank se leenboek uiters doeltreffendheid bestuur het nie, en nie eens julle self nie. Toe was die swak skuld op daardie boek ’n skamele 1% en minder. Nou is dit meer as 50% en dit groei daagliks.

Nou help dit nie Land Bank beroep hom op sy historiese rol en bydrae tot die landbou nie. Julle is nie meer dieselfde bank nie! Dit is juis omdat ons boere Land Bank se roemryke verlede ken en waardeer dat ons nou so teleurgesteld en kwaad is. Hoe kon julle die bank so misbaar maak? Jy praat self in begrippe soos “onderprestasie”, “Landbank se wanbetaling aan ons skuldeisers” en “nie aan mandaat voldoen nie”.

As die bank winsgewendheid, volhoubaarheid en doeltreffendheid voor sy “ontwikkelingsdoelwitte” en transformasie gestel het, was julle ook nie nou so diep in die moeilikheid nie. Dieselfde het met Denel, Eskom en SABC gebeur. Dit is een van die belangrikste redes waarom Saai en soveel ander familiegebaseerde belanghebbendes die landboumeesterplan verwerp.

Dit help nog minder om lyste te maak van landbou-unies met wie Land Bank oor die afgelope paar maande gesprekke gevoer het. Is dit vir jou ook opvallend hoe gebrekkig daardie lys is? Met so ’n gekraakte fondasie sou ek nie te veel vertroue in die daaropvolgende herstelplan hê nie.

Maar sê tog, het julle dit in daardie vergaderings met ander landbou-organisasies bespreek dat Land Bank op só ’n groot skaal boere gaan sekwestreer? Wat was hul reaksie toe julle verduidelik waarom daar geen bankrot boere onder die valbyl kom nie, maar juis boere met baie meer bates as laste? Het Land Bank aan hulle verduidelik hoe daar te werk gegaan word as julle op ’n plaas aankom, hoe julle met slagofferboere, hul vroue en kinders praat, en dat daar aan die einde van jul proses niks van ’n boedel gaan oorbly nie as die fraksie wat jul skuld daarvan uitmaak, gedelg is?

As julle dit bespreek het – het julle hul ondersteuning daarvoor gekry? As dit nie bespreek is nie, hoe verduidelik jy waarom Land Bank dit verswyg het?

As julle met Saai as ’n nasionale netwerk van familieboere ook gepraat het, sou ons julle gewaarsku het dat ’n ontwikkelingsmandaat en ’n kommersiële mandaat nie uit dieselfde poel bedryf kan word sonder om jou mededingendheid prys te gee nie. Land Bank is trouens sodanig daardeur gekniehalter dat die bank se vermoë om as lopende saak aan te gaan, skipbreuk ly. Dit is presies wat die ouditeur-generaal in sy gekwalifiseerde verslag oor julle sê.

In Saai stem ons dus nie saam dat julle die belangrikste tekortkominge takel wat tot Land Bank se probleme aanleiding gegee het nie. Ons het ook met van die bank se finansiers en krediteure plaaslik en in die buiteland gepraat en hulle deel ons skeptisisme.

En, asseblief, moenie die “inklusief en deursigtig”-snare so hard tokkel nie, want daar is duidelik geen sweempie daarvan in Land Bank oor nie. Land Bank is so ondeursigtig dat daar ná twee maande nie eens aan een op ’n lys van die eenvoudigste versoeke in ’n Paia-aansoek voldoen kon word nie.

Die eerlike waarheid is dat Land Bank in ’n baie swakker skuldposisie is as enige van die boere en hul gesinne wat julle so genadeloos likwideer. Almal van hulle het baie meer bates as laste gehad, en veral werkbare alternatiewe planne. Waarom moet Land Bank nie dieselfde medisyne kry wat hy so mildelik uitdeel nie?

As ’n mens kyk na hoe Land Bank op ons boere se plase tekere gaan, na die gedrag van jul verteenwoordigers en die verwoesting van boedels, besighede en gesinne, verstaan ons nie hoe enige instansie verder iets aan julle sou wou leen nie. Dit is ook te laat om julle van daardie verfoeilike optrede te distansieer, want in Land Bank se ondersoek wou julle geen fout daarmee vind nie. Land Bank se “deursigtigheid” strek ook nie ver genoeg dat julle vrywillig die verslag van die ondersoek in die openbare domein plaas nie.

Hoe verduidelik jy dat daar geen swart boere is wat so aggressief gelikwideer word nie? En hoe maak dit sin dat daar ook geen bankrot boere op daardie lys is nie; almal skuld Land Bank maar ’n fraksie van die waarde wat julle so verwoes? En hoe het die beslaglegging op ’n huilende dogtertjie se speelgoed Land Bank gehelp in jul strategie om meer lewensvatbaar te word?

Nee, jou argumente hou nie water nie. Land Bank speel lankal nie meer ’n opbouende rol nie. Julle het nie meer die vertroue van die boere, of die kundigheid, ervaring en baanrekord wat nodig is om weer op koers te kom nie.

Dr. Theo de Jager is die voorsitter van Saai. 

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.27
+1.2%
Rand - Pond
23.97
+1.4%
Rand - Euro
20.65
+1.3%
Rand - Aus dollar
12.76
+1.1%
Rand - Jen
0.14
+0.9%
Platinum
1,030.46
+2.5%
Palladium
1,413.51
-1.6%
Goud
1,962.10
+0.7%
Silwer
23.58
-0.2%
Brent-ruolie
76.13
+2.4%
Top-40
71,422
-0.8%
Alle aandele
76,603
-0.7%
Hulpbronne 10
69,348
-1.4%
Industriële 25
103,842
-1.2%
Finansiële 15
14,979
+1.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom kyk saam met my die sonsondergang oor die see.
Ek dink nie ek is n slegte ou nie en kan n goeie vriend wees aan iemand. Ek hou nie van valse mense nie. Wanneer my kop bietjie besoedel is spring ek op my motorfiets en dit...
Wonderwerke vir Liefde....
Leer my ken om uit te vind. daar is baie! Ek hou van te veel dinge, die natuur en nuwe uitdagings. Stap in die berge, kamp onder die sterre. n motorfiets - en laat slaap is ook...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot