AFGRI
BEAN
02 Des
-
9365
0,00
CORN
02 Des
-
4550
0,00
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
11030
0,00
WEAT
02 Des
-
6745
0,00
WMAZ
02 Des
-
5203
0,00
YMAZ
02 Des
-
4966
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

TLU SA: Haglike toestand van paaie groot risiko

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto ter illustrasie. Foto: Jasper Raats
Foto ter illustrasie. Foto: Jasper Raats
TLU SA sê paaie kan nie net herstel word nie, maar moet herbou word.

TLU SA is bekommerd oor die toestand van Suid-Afrikaanse paaie omdat die haglike toestand van die paaie ’n veiligheids- en ekonomiese risiko vir die landbou en individue inhou. 

Verwaarlosing is die oorsaak van die swak toestand van Suid-Afrikaanse paaie. TLU SA sê in ’n verklaring dat die toestand van paaie reeds ’n groot impak op die ekonomie het en dat dit toenemend groter gaan word as paaie nie herstel word nie.

TLU SA besef verskeie faktore speel ’n rol, soos swaar reën en gepaardgaande vloede die afgelope weke wat paaie wat reeds in ’n swak toestand was, verder beskadig het.

Volgens die organisasie het die verwaarlosing van die padonderhoud nou daartoe gelei dat paaie nie herstel kan word nie, maar dat dit herbou moet word.

“In Limpopo het ’n leierboer en voedselprodusent verongeluk die haglike en gevaarlike toestand van die R522 tussen Vivo en Louis Trichardt. Mnr. Gillie Fick was ’n bekende in die beesboerbedryf en het Vrydag gesterf weens ’n slaggat in ’n pad wat besaai is met slaggate. Mnr. Gert Fourie is onlangs op dieselfde pad in ’n motorongeluk dood. Daar kom gereeld ernstige ongelukke op die pad voor met te veel sterftes,” sê mnr. Drickus Botha, TLU SA se bestuurder in die noordstreek. 

“In Limpopo het die landbou-unie en sy strukture gereeld met die (provinsiale) departement openbare werke – in opdrag van die vorige LUR – gesprekke gevoer. Die departement het egter dié produktiewe en gereelde gesprekke eensydig opgeskort.”

Boere reg oor Suid-Afrika hoor dieselfde storie: Daar is nie geld, mannekrag en masjinerie nie. Tog styg die prys van brandstof elke maand. ’n Groot deel van die brandstofheffings is geoormerk vir die instandhouding van paaie. Wat word van die geld? 

“Onlangs is R5 000 vir elke taxibestuurder gegee om hulle te vergoed vir verliese wat hulle weens die toestand van paaie gely het. Boere ly selfs meer skade aan hul voertuie en produkte wat by die markte moet uitkom, om die bevolking te voed. Daar is selfs vervoerkontrakteurs wat weens die toestand van paaie weier om dié spesifieke paaie te gebruik, terwyl ander kontrakteurs hul tariewe verhoog as hulle by boere – tot wie toegang net op die verwaarloosde paaie gekry kan word – aflewerings moet doen of kos markte toe moet vervoer,” sê Botha.

“Boerdery-insetkoste is reeds baie hoog en dit is nog voor Februarie se brandstof-prysstyging in berekening gebring word. Ons kan eenvoudig nie nog ’n aanslag, soos die toestand van nasionale paaie, bekostig in ons poging om gehaltevoedsel teen bekostigbare pryse aan die bevolking te lewer nie. Die regering moet nou op alle vlakke aandag gee aan die agteruitgang van paaie, want dit is reeds ’n krisis.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.54
+0.1%
Rand - Pond
21.57
+0.1%
Rand - Euro
18.48
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.92
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Goud
1,797.91
0.0%
Silwer
23.15
0.0%
Palladium
1,900.00
0.0%
Platinum
1,020.00
0.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,238
-0.9%
Alle aandele
74,323
-0.9%
Hulpbronne 10
74,020
-2.7%
Industriële 25
91,592
-0.6%
Finansiële 15
15,398
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
N Lekker mens te wees
Rustige geaardheid en liefdevol Lief vir buitelewe en natuur en diere My motto is. Hoekom moet dit sleg wees as dit kan lekker wees? Haat konflik.
Flambojante Groen oog boerenooi
Ek is n passievolle optimis, romanties, n hart vir mense, weet wat ek wil he, ek is nie n opsie maar n prioriteit, goedversorg, hou van lag, soms n malkop maar kan ook ernstig...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot