AFGRI
BEAN
20 Mrt
-
10116
0,00
CORN
20 Mrt
-
4609
0,00
SOYA
20 Mrt
-
9375
0,00
SUNS
20 Mrt
-
10040
0,00
WEAT
20 Mrt
-
6639
0,00
WMAZ
20 Mrt
-
4153
0,00
YMAZ
20 Mrt
-
4201
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

TLU SA: Landelike veiligheidsplan moet nóú uitgevoer word

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Alani Janeke
Foto: Alani Janeke
Dit was nog nooit so duidelik soos nou dat die landelike veiligheidsplan uitgevoer moet word ten einde misdaad in landelike gebiede te bekamp nie, sê TLU SA.

Mnr. Bheki Cele, minister van polisie, het gister die misdaadstatistieke vir vanjaar se derde kwartaal bekend gemaak. Volgens die statistieke het onder meer plaasmoorde en veediefstal toegeneem.

Mnr. Hugo Pretorius, voorsitter van TLU SA se veiligheidskomitee, sê terwyl die misdaadstatistieke daarop dui dat misdaad in Suid-Afrika buite beheer is, is daar geen aanduiding dat die polisie van plan is om iets aan die situasie te doen nie.

“Die feit dat vergaderings vir die streke rakende die landelike veiligheidsplan tans op ’n streep uitgestel word met geen aanduiding van wanneer dit gaan plaasvind nie, is uiters kommerwekkend. Dit is nodig dat die plan wat stof vergader, in sekere streke lewe moet kry.

“Maar ná die beraad in Parys vroeër vanjaar waar baie gepraat en groot beloftes gemaak is, is daar sedertdien ’n dawerende stilte van die mense wat verantwoordelik is.”

Volgens hom is dit duidelik dat basiese polisiëring op grondvlak ver tekort skiet. “Verhoogde misdaadsyfers, wat ’n toename in reeds angswekkende syfers is, is ’n duidelike bewys dat daar ernstige interne bestuursprobleme en ’n onvermoë is om misdaad aan te pak.

“Uit alle oorde spreek mense al hoe meer hul misnoeë uit teenoor die diens wat polisie lewer. Dit strek oor sigbaarheid, bywoon van klagtes tot die ondersoek van misdaad.

“Die kersie op die koek is dat statistieke ongelukkig net ’n weergawe is van aangemelde misdaad. Die publiek het nie meer vertroue in die polisie se vermoë om iets omtrent die situasie te doen nie en daarom word van die misdade nie eens meer aangemeld nie.”

Hy sê struikelblokke soos ’n ernstige tekort aan voertuie en toerusting is maar ’n gedeelte van die probleem. “ ’n Mens kry soms die indruk die wil om hul werk te doen, ontbreek. In die gevalle waar Jan Alleman nog sake aanmeld, moet hulle telkemale dit dubbeld doen of later hoor die dossier is onvolledig of selfs net weg. Dit maak ’n reeds mismoedige persoon net nog meer mismoedig.

“Veral boere wend hulle tot die private sektor en alternatiewe veiligheidstoerusting. Die koste hiervan is soms astronomies en nie almal kan altyd die geld bybring nie. Ons moet nou verantwoordelikheid aanvaar vir ons eie veiligheid en dié van ons families en die mense wat vir ons werk. ’n Mens kan lankal nie meer op die SAPD staatmaak nie. Dit is die realiteit.”

‘Dit is tyd vir devolusie van polisiemagte’

Mnr. Jacques Broodryk, Saai se woordvoerder vir gemeenskapsveiligheid, sê die skokkende toename in misdaad in Suid-Afrika wek die indruk dat die polisie misluk om sy mandaat af te dwing.

“Die polisie is veels te lank deur swak politieke leierskap, korrupsie, ’n gebrek aan opleiding en ’n gebrek aan aanspreeklikheid lamgelê. Dit is duidelik dat hierdie situasie nie op nasionale vlak reggestel kan word nie, aangesien dit soortgelyk sal wees daaraan om ’n wolf te vra om die skape op te pas.”

Hy sê terwyl politici soos Cele steeds leë beloftes maak, word gewone Suid-Afrikaners teen ’n kommerwekkende tempo vermoor en verkrag.

“Cele is duidelik nie geskik vir sy pos nie. Vir hom is partypolitiek belangriker as om te verseker dat die SAPD doeltreffend funksioneer. Die minister het ook al herhaaldelik gewys dat hy nie die omvang van sy rol verstaan nie deur by die polisie se bedryfsaspekte in te meng.

“Om net van Cele ontslae te raak sal ongelukkig in hierdie stadium nie die probleem oplos nie. Ons het reeds te ver afgedwaal. Dit is nou tyd om die polisie se magte af te wentel sodat hierdie misdadige gemors opgeruim kan word.”

AfriForum doen ’n beroep op lede van die publiek om betrokke te raak by hul plaaslike gemeenskapsveiligheidstrukture om die veiligheid van hul gemeenskappe te help verseker.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.57
-0.3%
Rand - Pond
22.64
+0.4%
Rand - Euro
20.00
-0.8%
Rand - Aus dollar
12.36
+0.6%
Rand - Jen
0.14
+0.4%
Platinum
962.23
-2.2%
Palladium
1,390.47
-1.9%
Goud
1,943.14
-1.8%
Silwer
22.24
-1.4%
Brent-ruolie
73.79
+1.1%
Top-40
68,799
0.0%
Alle aandele
74,271
0.0%
Hulpbronne 10
65,660
0.0%
Industriële 25
99,818
0.0%
Finansiële 15
15,066
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Hier om nuwe mense te ontmoed
Ek is vol lewe hoi van uitdaacings jonk van hart en flees Hou van buitelewe visvang lamp Hou van lag en liefde
Kom ons vat 'n Kans
Ek is 'n vriendelike, eerlike en reguit mens. Hou nie van leuns en dinge wegsteek nie. Wat jy sien is wat jy kry. Treat me the way you want to be treated, . better Be Real!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot