AFGRI
BEAN
28 Jan
-
9479
0,00
CORN
28 Jan
-
4568
0,00
SOYA
28 Jan
-
9642
0,00
SUNS
28 Jan
-
12400
0,00
WEAT
28 Jan
-
6515
0,00
WMAZ
28 Jan
-
4619
0,00
YMAZ
28 Jan
-
4643
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
13 Jan
-
165,67
-5,22
Ave Wool - RWS
13 Jan
-
175,15
-6,74
Beeste A2/3
13 Jan
-
64,12
5,40
Beeste AB2/3
13 Jan
-
59,8
1,44
Beeste B2/3
13 Jan
-
57,21
0,35
Beeste C2/3
13 Jan
-
52,71
0,17
Bevrore Hoender
13 Jan
-
33,17
1,42
Bokkies (onder 30 kg)
13 Jan
-
75,67
12,02
Bokooie
13 Jan
-
40,83
0,59
Groot (meer as 40 kg)
13 Jan
-
42,36
1,26
Hoender (IQF)
13 Jan
-
32,28
-0,54
Medium (30-40kg)
13 Jan
-
55,83
-0,83
Pork Average
13 Jan
-
37,48
0,43
Poultry Average
13 Jan
-
33,08
0,70
Skaap A2/3
13 Jan
-
91,6
4,46
Skaap AB2/3
13 Jan
-
86,27
5,49
Skaap B2/3
13 Jan
-
72,61
2,48
Skaap C2/3
13 Jan
-
67,45
1,67
Speenkalf
13 Jan
-
37,35
0,51
Spekvarke
13 Jan
-
38,76
0,27
Stoorlammers
13 Jan
-
38
-0,71
Varkwors
13 Jan
-
30,29
0,52
Vars Hoender
13 Jan
-
33,79
1,22
Vleisvarke
13 Jan
-
37,37
0,47

TLU SA: Min verskil tussen nasionalisering en onteiening

akkreditasie
Foto: Michelle van der Spuy
Foto: Michelle van der Spuy
Die werklike verskil tussen nasionalisering en onteiening sonder vergoeding is onduidelik. Daarom stel pres. Cyril Ramaphosa se stelling dat die ANC nie ’n beleid van nasionalisering voorstaan nie TLU SA glad nie gerus nie, sê mnr. Henry Geldenhuys, dié organisasie se president.

In antwoord op vrae van die parlement se persgaleryvereniging ná die debat op die presidensie se begroting het Ramaphosa gesê die ANC is steeds ’n voorstander van die toestaan van titelaktes pleks van ’n beleid dat die land se grond onder voogskap van die staat moet wees.

Grond onder die voogdyskap van die staat, die afsnydatum vir restitusie-eise en die rol van howe oor vergoeding is kwessies waaroor die ANC en die EFF konsensus moet bereik in die ad hoc-komitee oor wysigings aan artikel 25 van die Grondwet.

Geldenhuys sê die verskil tussen nasionalisering en onteiening sonder vergoeding is onduidelik. Met nasionalisering word alle grond op een slag weggeneem van die wettige eienaars. Met onteiening sonder vergoeding, teen nulvergoeding, word alle grond stuk-stuk weggeneem van die wettige eienaars. Oor vyf of tien jaar gaan daar geen verskil wees in eienaarskap nie.

Geldenhuys sê die staat het met die voogdyskap oor waterbronne reeds bewys dat dit nie opgewasse is om grond onder voogdyskap van die staat verantwoordelik te bestuur nie. Dit is duidelik in die besoedelde waterbronne, die swak gehalte van die water en die tekortkominge in voorsiening van water vir menslike gebruik. Mense moet nou hul eie geld gebruik om water aan te koop sonder verligting of bystand van die staat. Dit is verdoemend as die staat verder voogdyskap oor alles wil toepas.

“Oor die nuwe wending van voogdyskap moet ernstig besin word. Kyk na die gevolge van sulke besluite. Die ekonomie taan en beleggersvertroue word geknou. Pas ’n week gelede het Standard & Poor’s Global Ratings die land se kredietgradering weer op BB-vlak gestel. Hoewel dit onveranderd is, is dit beslis nie goed nie. Vandeesweek het Statistieke SA berig dat werkloosheid vir die derde agtereenvolgende kwartaal ’n rekordhoogtepunt bereik het. Dit staan op 43%.

“Die regering versuim om die verpligting van die staat na te kom. Verdere wysigings steel die geleentheid vir groei en inderdaad elke burger in die land se toekoms.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.20
-0.1%
Rand - Pond
21.30
-0.0%
Rand - Euro
18.70
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.22
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
1,012.08
0.0%
Palladium
1,618.86
0.0%
Goud
1,928.39
0.0%
Silwer
23.60
0.0%
Brent-ruolie
86.66
-0.9%
Top-40
74,766
+0.4%
Alle aandele
80,791
+0.4%
Hulpbronne 10
77,871
-0.4%
Industriële 25
103,872
+0.7%
Finansiële 15
16,281
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lewenslustige man
Lewenslustige persoon wat hou van nuwe ondekkings/uitdaging s. Christenskap is baie belangrik vir my. Eerlikheid en opregtheid baie belangrik. Lief vir my Afrikaner nasie. Mal...
wil lag en die lewe geniet
EK WERK HARD LIEF VIR MENSE HOU VAN DIE BUITELEWE IS GESOND HOU VAN KAMP LEES BAIE EK HAAT LUI MENSE
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot