
Die TLU SA se Jongboerkomitee hou vanjaar op 15 Maart sy konferensie in Midrand, Gauteng. Vanjaar se tema is Volhoubaarheid vir die volgende generasie en bywoning is gratis vir TLU SA-lede. Vir nie-lede beloop dit R200.
Vanjaar se sprekers is mnr. Bennie van Zyl (120 jaar tot hier), dr. Hennie Davel (Landbou en die ekonomie van SA), dr. Hannes Dreyer (Die veebedryf in Suid-Afrika), mnre. Louis Meintjes (Jongboer, JY is die toekoms), George Barnard (Graanverbouing in uiterste omstandighede) en Edward Leversage (2016 Jongboer van die jaar-wenner).
Kontak Runel by 012 804 8031 of sekretaresse@tlu.co.za vir navrae en besprekings.