’n Tweede “Oranjerivierskema” wag op Suid-Afrika — dit moet net ontgin word. Hierdie skema, wat miljoene der miljoene liter besproeiingswater (afgesien van duisende ton waardevolle kompos) aan boere kan verskaf, kan gebou word sonder om ’n enkele rivier op te dam!
Die Landbouweekblad wil ’n verborge water-en-misstofbron waarvan die omvang nie gemeet kan word nie, onder die aandag van ons lesers bring.
Volgens mense wat weet waarvan hulle praat, kan hierdie bron ’n tweede Oranjerivierskema word, waaruit ongekende welvaart en voorspoed vir ons boere kan vloei.