’n Werktuig wat spesiaal ontwerp is om gelyktydig vier bewerkings te verrig, word met groot welslae in (die voormalige) Bophuthatswana gebruik, skryf J.C. JORDAAN.
Is dít die werktuig waarvan saaiboere al so lank droom — die een wat die grond ploeg, die saadbedding voorberei, die kunsmis plaas en die saad plant —alles in een bewerking? So ’n werktuig word die afgelope twee jaar deur die Lesedi-koöperasie op Taung gebruik.
Hier, aan die onderkant van die Vaalhartsskema, lê 4 000 ha vrugbare grond binne die grense van Bophuthatswana, en dit word nou met hierdie spesiale werktuig, bekend as die ripvand-plantereenheid, bewerk.