AFGRI
BEAN
31 Mrt
-
9826
0,00
CORN
31 Mrt
-
4660
0,00
SOYA
31 Mrt
-
8175
0,00
SUNS
31 Mrt
-
8760
0,00
WEAT
31 Mrt
-
6631
0,00
WMAZ
31 Mrt
-
3977
0,00
YMAZ
31 Mrt
-
4029
0,00
Deel

Toename in stakings vanjaar by hawens verwag

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Durban-hawe Fotograaf: Robyn Joubert
Durban-hawe Fotograaf: Robyn Joubert
Hawens wêreldwyd moet hulle staal vir ’n verwagte toename in stakings en arbeidsonrus in 2023.

Arbeidsonrus by verskeie internasionale hawens, Suid-Afrika ingesluit, het in 2022 buitengewoon hoë druk op internasionale hawebedrywighede geplaas. Ongeveer 38 gevalle van arbeidsonrus is verlede jaar by verskeie hawens wêreldwyd aangemeld. Dié getal is vier keer meer as aangemelde gevalle in 2021 toe covid-19 ontwrigtings in internasionale handelsbedrywighede veroorsaak het.

Vakbonde, skeepsmaatskappye en kenners in seevaart het reeds begin waarsku werkers by hawens voel die impak van stygende brandstof- en voedselpryse in hul sakke sedert Rusland sy inval in Oekraïne begin het, maar lone word nie aangepas nie.

“Arbeidsonrus gaan waarskynlik nie in 2023 afneem nie, inteendeel, dit kan vererger indien die wêreldwye ekonomiese omstandighede versleg,” het ’n woordvoerder van Crisis24 aan Bloomberg gesê.

Crisis24, ’n sekuriteitskonsultasiemaatskappy bedrywig in seevaart, se inligting toon daar was slegs nege aangemelde gevalle van onrus en stakings by hawens van Julie 2020 tot die einde van daardie jaar.

Protesoptrede en stakings het by groot internasionale hawens in 2022 plaasgevind. In Suid-Korea het vragmotorbestuurders twee keer in ses maande vertragings veroorsaak by die vraghouerafdeling van die Busan-hawe.

Opeenhopings by Europese hawens het plaasgevind toe Duitse en Britse dokwerkers hul poste verlaat het. Van Haiti se hawens is lamgelê toe geweld tussen bendes uitgebreek het tydens hul pogings om beheer oor ’n belangrike olieterminus en hawe te verkry.

Suid-Afrika is ook nie gespaar nie. Transnet het in Oktober force majeure verklaar toe die staking by van sy hawens, onder meer Kaapstad, begin het. Die staking het onder meer die uitvoer van wyn, metale en vrugte vertraag.

Troebel tye kan stakings verhoog

Die vooruitsig van die voortsetting van ekonomiese onstabiliteit in die wêreld gedurende 2023 kan bydra tot selfs meer onstuimigheid wat die internasionale verskaffingskettings betref, word gewaarsku.

Inflasie kan wêreldwyd in 2023 aanhou om ’n bedreiging vir verskaffingskettings en die arbeidsmag te wees. “Arbeid kan dus ook ’n wispelturige part in die jaar se vooruitsig speel,” volgens die maatskappy.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.84
-0.2%
Rand - Pond
22.10
-0.1%
Rand - Euro
19.44
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.97
-0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Platinum
983.23
+1.5%
Palladium
1,469.77
+1.5%
Goud
1,979.07
-0.1%
Silwer
23.87
-0.2%
Brent-ruolie
79.27
+1.3%
Top-40
71,089
0.0%
Alle aandele
76,705
0.0%
Hulpbronne 10
67,517
0.0%
Industriële 25
103,222
0.0%
Finansiële 15
15,634
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Spontaan en lief vir kamp en road trips
Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
Liefte is n wenner!
Hou van nuwe plekke sien dinge saam doen, saam lag en net memories maak ek wil settle en is ernstig daaroor.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot