AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9360
-78,00
CORN
27 Sep
-
4745
-63,00
SOYA
27 Sep
-
9369,8
-8,20
SUNS
27 Sep
-
9778,2
-189,80
WEAT
27 Sep
-
7052,6
-5,40
WMAZ
27 Sep
-
4767
-35,00
YMAZ
27 Sep
-
4485
-41,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Toenemend wrede veediefstal skok, ontstel boere in KZN

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Veediewe het die afgelope maande op sommige plase in die distrik Dundee in KwaZulu-Natal diere oënskynlik lukraak aangeval. Van hierdie diere word glo lewend, maar ernstig vermink, gelaat, terwyl ander vir hul vleis geslag word. Foto verskaf deur Peter Durham
Veediewe het die afgelope maande op sommige plase in die distrik Dundee in KwaZulu-Natal diere oënskynlik lukraak aangeval. Van hierdie diere word glo lewend, maar ernstig vermink, gelaat, terwyl ander vir hul vleis geslag word. Foto verskaf deur Peter Durham
WAARSKUWING: Die inhoud en foto's van die berig kan sommige lesers ontstel.

WAARSKUWING: Die inhoud en foto's van die berig kan sommige lesers ontstel. 

’n Melkboer in die distrik Dundee in die noorde van KwaZulu-Natal is woedend oor die toenemende wreedheid waarmee veediewe sy vee en dié van ander boere aanval. Mnr. Peter Durham van Glynton Jerseys het die afgelope maande verskeie voorvalle beleef waar veediewe tuisgemaakte spiese en pangas gebruik het om oënskynlik lukraak na beeste te steek en te kap.

By Durham is reeds agt verse geslag en nog agt is beseer.

Van hierdie diere word dan daar en dan vir hul vleis geslag. Ander word lewend agtergelaat met groot oop wonde of met spiese in hul liggame, terwyl die veediewe met die vleis wegkom.

Durham sê in WhatsApp-boodskappe dat hy, ’n naburige Holstein-melkboer, mnr. Stephen McKenzie, en ’n naburige vleisbeesboer, mnr. Damian Tiley, almal sulke voorvalle ervaar het. Wildboere in die distrik Dundee word ook geraak.

“Op ’n buurman, mnr. Chris Günther, se wildplaas het stropers vier elande in twee agtereenvolgende nagte binne die afgelope twee weke geslag. Hulle gebruik honde om hulle vas te keer en maak die elande dan met spiese dood.”

In die jongste sulke voorval op Durham se plaas het hy met sekuriteit se hulp twee vermeende veediewe in hegtenis geneem.

kzn verminkings
Veediewe het die afgelope maande op sommige plase in die distrik Dundee in KwaZulu-Natal diere oënskynlik lukraak aangeval. Van hierdie diere word glo lewend, maar ernstig vermink, gelaat, terwyl ander vir hul vleis geslag word. Foto verskaf deur Peter Durham
kzn verminkings
Veediewe het die afgelope maande op sommige plase in die distrik Dundee in KwaZulu-Natal diere oënskynlik lukraak aangeval. Van hierdie diere word glo lewend, maar ernstig vermink, gelaat, terwyl ander vir hul vleis geslag word. Foto verskaf deur Peter Durham

Erge trauma

Durham sê dat hierdie voorvalle nie net uiters wreed en pynlik was vir die betrokke diere nie, maar dat boere en hul werkers getraumatiseer is nadat hulle op die verminkte lewende diere en dié wat geslag is, afgekom het.

Boere kry duur veeartsrekeninge wanneer beseerde diere behandel word. ’n Plaas se winsgewendheid word ook nadelig beïnvloed deur die regstreekse verlies van geslagte diere en deur die onregstreekse verlies van die potensiële inkomste wat dié diere en hul nageslag sou kon genereer het.

Me. Sandy La Marque, uitvoerende hoof van die KwaZulu-Natalse Landbou-unie (Kwanalu), sê sulke barbaarse gedrag deur veediewe kan nie geduld word nie en dat misdadigers tot verantwoording geroep moet word. Sulke dade soos ervaar deur Durham en ander boere in die distrik Dundee is lafhartig en onregverdigbaar.

“In ons ondervinding oor baie jare van misdade op plase het Kwanalu baie min voorvalle aangeteken waar diere vermink is. In die meeste gevalle was hierdie handelinge lukraak. ’n Patroon kon nie bepaal word wat ’n modus operandi aan hierdie voorvalle koppel nie. Ons moet teen bespiegeling waarsku en eerder die feite van elke voorval ondersoek en verseker dat die reg sy gang gaan.”

KZN verminkings
Mnr. Damian Tiley, ’n vleisbeesboer in die distrik Dundee in KwaZulu-Natal, het groot skade gely toe van sy beeste deur veediewe doodgemaak of gewond is met wapens soos tuisgemaakte spiese. Foto verskaf deur Peter Durham en Damian Tiley
KZN verminkings
Mnr. Peter Durham van Glynton Jerseys in die distrik Dundee in KwaZulu-Natal het onlangs twee veediewe betrap terwyl hulle besig was om een van Durham se melkbeeste te slag. Foto verskaf deur Peter Durham
kzn verminkings
’n Veearts versorg een van die beeste wat oorleef het nadat veediewe in die distrik Dundee in KwaZulu-Natal dit met spiese en pangas aangeval het. Foto verskaf deur Peter Durham
KZN verminkings
Een van die elande wat doodgemaak is. Foto verskaf deur Peter Durham en Chris Günther.

Misdade op plase neem toe

La Marque wys daarop dat misdade op plase in KwaZulu-Natal onbetwisbaar toeneem. Omstandighede wat tot hierdie misdade bydra, sluit in werkverliese en toenemende armoede as gevolg van die burgerlike onluste gedurende Julie 2021 en die algehele gemeenskaplik-ekonomiese onbestendigheid reg oor Suid-Afrika.

Sy sê die gebrek aan wet en orde vererger die toenemende landelike misdaad in die provinsie.

“Dit is opmerklik dat private sekuriteitsmaatskappye dikwels die leiding neem in misdaadondersoeke weens die polisie se onvermoë om hul werk te doen. Die gebrek aan handhawing van wet en orde, swak ondersoeke na sake en ander probleme by die polisie dwing gemeenskappe om alternatiewe te soek om misdaad te bekamp.”

Sy doen ’n beroep op Suid-Afrikaanse howe om veediewe en ander misdadigers swaarder strawwe op te lê.

Sy doen ook ’n beroep op KwaZulu-Natal se politieke leiers om verantwoordelikheid te aanvaar vir die provinsie se huidige toestand en om wet en orde te herstel, om beleggingsgeleenthede te skep en om maniere te soek om die landbousektor te ondersteun sodat werkskepping en ekonomiese bestendigheid bereik kan word.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.90
+0.9%
Rand - Pond
19.33
+0.0%
Rand - Euro
17.27
+0.6%
Rand - Aus dollar
11.62
+0.4%
Rand - Jen
0.12
+0.7%
Goud
1,637.19
+0.9%
Silwer
18.68
+1.8%
Palladium
2,059.56
+0.8%
Platinum
864.12
+1.3%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,283
-0.0%
Alle aandele
63,681
+0.1%
Hulpbronne 10
56,020
-0.4%
Industriële 25
79,604
+0.1%
Finansiële 15
14,041
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Lag en leef
Ek is n liefdevolle mens en sien die positiewe altyd in mense. Die lewe is te kort om ongelukkig te wees.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot