AFGRI
BEAN
02 Des
-
9365
0,00
CORN
02 Des
-
4550
0,00
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
11030
0,00
WEAT
02 Des
-
6745
0,00
WMAZ
02 Des
-
5203
0,00
YMAZ
02 Des
-
4966
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Tongaat Hulett: Dít weet ons sover oor R3,5 miljard-bedrogsaak

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Verskaf
Ter illustrasie. Foto: Verskaf
Die verdagtes wat hulle vermoedelik aan bedrog van R3,5 miljard skuldig gemaak het, het gister vir die eerste keer in die hof verskyn. Hier is wat tans oor die saak bekend is.

Die beskuldiges in die Tongaat Hulett-bedrogsaak – Peter Staude, Murray Hector Munro, Michael Edward Deighton, Rory Edward Wilkinson, Kamasagrie Singh, Samantha Shukla and Gavin Dykes Kruger – het gister in Durban se spesialishandelshof verskyn.

Hulle word nie net deur bedrogklagte van R3,5 miljard in die gesig gestaar nie, maar kan luidens ’n verklaring deur die nasionale vervolgingsgesag (NVG) ook daarvan aangekla word dat hulle die Wet op Finansiële Markte (Wet 19 van 2012), die Maatskappywet (Wet 61 van 1973) en die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad (Wet 121 van 1998) oortree het.

Ses van die verdagtes is voormalige bestuurders van Tongaat Hulett. Staude, ’n voormalige direkteur, was van 1 Mei 2002 tot 31 Oktober 2018 die maatskappy se uitvoerende hoof.

Munro was vanaf 1 Oktober 2003 tot 6 Augustus 2018 Tongaat Hulett se hoof- finansiële beampte. Hy het ook gedurende hierdie tydperk in Tongaat Hulett se direksie gedien.

Deighton was ’n uitvoerende direkteur by die maatskappy en Wilkinson ’n direkteur, wat ook hoof van die portefeulje op strategie was. Vanaf Augustus 2015 tot November 2017 was hy die handelshoof.

Singh was bestuurder van regsake, terwyl Shukla die maatskappy se finansiële bestuurder was.

Kruger was voorheen ’n ouditeur by Deloitte and Touche. Hy word ook aangekla ingevolge die Ouditeurswet (Wet 26 van 2005).

Tongaat Hulett (THL) het verskeie filiaalmaatskappye, onder meer Tongaat Hulett Developments. Die NVG voer aan dat die beskuldigdes van Maart 2015 tot September 2018 gesamentlik opgetree het om die waarde en datum van winste van die verkope van grond verkeerdelik aan THL, sy werknemers, krediteure en aandeelhouers voor te stel. Aangesien die datums van dié verkoopsooreenkomste in finansiële verslae teruggedateer is, is verkeerde winste verklaar en het die bestuurders reusebonusse ontvang.

Die verdagtes is gister op borgtog van R30 000 elk vrygelaat. Ingevolge hul borgtogvoorwaardes moet al hul paspoorte en reisdokumente vandag by die ondersoekbeampte ingehandig word. Wilkinson het die hof ingelig dat hy reisverpligtinge in Maart het. Hy moet sy paspoort ná sy terugkoms by die ondersoekbeampte inhandig.

Die beskuldigdes mag ook nie om nuwe reisdokumente aansoek doen nie en moet die ondersoekbeampte se toestemming vra voor hulle KwaZulu-Natal mag verlaat.

Die verhoor word op 11 April voortgesit.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.48
+0.4%
Rand - Pond
21.48
+0.1%
Rand - Euro
18.42
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.90
+0.4%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Goud
1,798.42
-0.3%
Silwer
23.21
+2.0%
Palladium
1,898.90
-2.4%
Platinum
1,021.00
-2.2%
Brent-ruolie
86.88
-0.1%
Top-40
68,238
-0.9%
Alle aandele
74,323
-0.9%
Hulpbronne 10
74,020
-2.7%
Industriële 25
91,592
-0.6%
Finansiële 15
15,398
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Fantastiese pa en man wat jou lewe wil opkikker
Ek is betroubaar met 'n oop uitgaande persoonlikheid, hiu van die buite lewe en natuur met die see sand onder my voete
Kom ons vat n kans
Ek is mense mens, my kind en familie en vriende is my alles, kwaliteit tyd saam n mens se geliefdes is kosbaar.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot