AFGRI
BEAN
05 Des
-
9237
0,00
CORN
05 Des
-
4511
0,00
SOYA
05 Des
-
10500
0,00
SUNS
05 Des
-
10920
0,00
WEAT
05 Des
-
6716
0,00
WMAZ
05 Des
-
5064
0,00
YMAZ
05 Des
-
4900
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Tongaat-Hulett kry uitstel op skuldbetaling

akkreditasie
Foto: Tongaat Hullet
Foto: Tongaat Hullet
Die suikerprodusent Tongaat Hulett se omdraaistrategie is steeds op koers en hy kon ’n ooreenkoms met skuldeisers bereik om wanbetaling te voorkom.

In sy jaarresultate wat Dinsdag bekend gemaak is, sê die groep sy netto skuld het in die boekjaar tot einde Maart met 42% tot R6,57 miljard gedaal. Hy het dit reggekry om uitstel van sy oorblywende skuldeisers te bekom om teen einde September vanjaar skuldverminderingsooreenkomste te teken. Dit sal hom in staat stel om die kumulatiewe uitstaande bedrag van R8,1 miljard te kan delg.

Tongaat Hulett stoei steeds met die gevolge van ’n boekhoudingskandaal waarby vorige bestuurslede betrokke was, wat sy markwaarde kunsmatig verhoog het. Die maatskappy, onder leiding van mnr. Gavin Hudson, uitvoerende hoof, het sedert Februarie 2019 hard probeer om sy skuldlas onder beheer te kry om dié gediversifiseerde maatskappy, eens een van Suid-Afrika se oudste en mees gerekende ondernemings, van ondergang te red.

Só is sy styselfafdeling vroeër vir R5,26 miljard aan Barloworld verkoop. Die opbrengs daarvan is gebruik om skuld te delg. In die boekjaar 2020-’21 het hy ook sy verpakkingsonderneming in Namibië en sy landbou-onderneming in Eswatini verkoop.

Inkomste uit sy voortgesette bedrywighede, sonder die stysel-afdeling, het met 3% tot R14,92 miljard gedaal. Die groep se wesensverlies het in die boekjaar tot einde Maart tot R1,11 miljard verswak teenoor die vorige ooreenstemmende tydperk se R285 miljoen.

Die maatskappy skryf dit grootliks toe aan die uitwerking van hiperinflasie in Zimbabwe wat die waarde van bates daar skeeftrek. Nóg faktore wat vir die verlies verantwoordelik is, sluit in ‘n eenmalige inkomsteverlies by sy suikerraffinadery weens produksieprobleme en die uitwerking van covid-19 wat onsekerheid geskep het en eiendomstransaksies laat sloer.

Goeie nuus was egter die blink vertoning van sy suikerbedrywighede in Mosambiek, waar bedryfswins in dié boekjaar verdubbel het.

Hudson sê hoewel tasbare vordering met die omdraaistrategie gemaak is, verg dit steeds ‘n volgehoue poging. “Ons herbou steeds aan wat eens ‘n baie brose organisasie was. Daar is steeds oorblyfsels van aansienlike skuld, beperkte kontantvloei en ‘n nalatenskap van swak bedryfspraktyke waaraan ons werk. Ons bly vol vertroue dat ons strategie daartoe sal lei dat ons ons sake-doelstellings sal bereik.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.30
+1.4%
Rand - Pond
21.36
-0.1%
Rand - Euro
18.31
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.84
-0.6%
Rand - Jen
0.13
+0.5%
Goud
1,808.43
+0.6%
Silwer
23.28
+0.6%
Palladium
1,903.96
+0.2%
Platinum
1,025.50
+0.5%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,238
0.0%
Alle aandele
74,323
0.0%
Hulpbronne 10
74,020
0.0%
Industriële 25
91,592
0.0%
Finansiële 15
15,398
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Kom kook saam met my!
Ek is skerp. Nooit n vervelige oomblik. Jy gaan baie lag as jy my ontmoet. Jy moet asb net nie rook nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot