
Die voormalige Tongaat-Hulett-bestuurders mnre. Peter Staude, Murray Hector Munro, Michael Edward Deighton, Rory Edward Wilkinson, Kamasagrie Singh en me. Samantha Shukla wat vandag vir die tweede keer in Durban se spesialishandelshof verskyn het, se saak is tot 2 Junie uitgestel.
Hulle word beskuldig van bedrog ter waarde van R3,5 miljard, asook oortreding van die Wet op Finansiële Markte (Wet 19 van 2012), die Maatskappywet (Wet 61 van 1973) en die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad (Wet 121 van 1998).
Mnr. Gavin Dykes Kruger, ’n voormalige ouditeur by Deloitte and Touche, word saam met die beskuldiges van bogenoemde, asook oortreding van die Ouditeurswet (Wet 26 van 2005) aangekla.
Die saak is uitgestel sodat die staat die hof kan inlig oor ’n aansoek om bykomende klagte van afpersing by die klagstaat te voeg. Die verdagtes bly tot dan op borgtog.