AFGRI
BEAN
31 Mrt
-
9826
0,00
CORN
31 Mrt
-
4660
0,00
SOYA
31 Mrt
-
8175
0,00
SUNS
31 Mrt
-
8760
0,00
WEAT
31 Mrt
-
6631
0,00
WMAZ
31 Mrt
-
3977
0,00
YMAZ
31 Mrt
-
4029
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Tongaat-sakeredding saai paniek by suikerrietboere

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Tongaat Hulett se suikerrietlanderye by Shongweni in KwaZulu-Natal. Foto: Verskaf
Tongaat Hulett se suikerrietlanderye by Shongweni in KwaZulu-Natal. Foto: Verskaf
Paniek is aan die opbou oor die impak op boere weens Tongaat Hulett se besluit om in sakeredding te gaan.

Onsekerheid oor die lewering van suikerriet aan die suikerreus is van die dringende kwelvrae waarmee baie suikerrietboere nou worstel.

“Tongaat Hulett se stap om vrywillig in sakeredding te gaan veroorsaak ’n chaos onder veral opkomende suikerrietboere,” het dr. Siyabonga Madlala, hoofbeampte van die Suid-Afrikaanse Boere-ontwikkelingsvereniging, aan Landbouweekblad gesê.

“Die besluit is hartseer en onrusbarend. Dit skep onsekerheid oor wat die toekoms inhou, oor toekomstige betalings en of boere nog hul suikerriet aan Tongaat Hulett sal kan lewer.

“Tongaat Hulett kan nie sommer net ineenstort nie. KwaZulu-Natal se ekonomie het dit nodig en selfs kommersiële boere is van die maatskappy afhanklik.”

Hy het gesê daar heers ook baie onsekerheid oor die lot van die maatskappy se 3 000 permanente werknemers, maar geen inligting oor die moontlikheid van werksverliese kan bekend gemaak word voordat alle belanghebbendes en die sakeredders, Metis Strategic Advisors, byeengekom het nie.

Tongaat Hulett het intussen laat blyk meer inligting oor hoe bedrywighede vorentoe daarna gaan uitsien, sal mettertyd bekend gemaak word. “Daar moet eers met die sakeredders vergader word en hulle sal besluit hoe op medianavrae gereageer kan word,” luidens ’n antwoord aan Landbouweekblad.

Tongaat Hulett lewer ná verwerking ongeveer 50% van Suid-Afrika se suiker.

Die beleërde maatskappy het verlede week aangekondig sakeredding is nou die pad vorentoe nadat skuldeisers nie tevrede was met voorgestelde herstruktureringsplanne vir die maatskappy se bykans R6,3 miljard se skuld nie.

Die JSE het reeds verhandeling in Tongaat Hulett-aandele tydelik opgeskort aangesien die maatskappy nog nie sy finansiële resultate kon uitreik nie.

Suikeraanplantings al hoe minder

Volgens die buro vir voedsel- en landboubeleid (BFAP) het die suikerprys wêreldwyd van Mei 2020 tot Mei 2022 met 88% gestyg vanweë die voortslepende droogte in Brasilië en hoër Brent-ruoliepryse.

BFAP verwag Suid-Afrikaners kan op ’n jaargrondslag 0,7% meer suiker gebruik, na gelang van wat met die gesondheidsbevorderingsheffing (suikertaks) oor die komende jare gebeur.

Ten spyte van die hoër internasionale suikerprys en verwagte stygende plaaslike verbruik van suiker word egter steeds verwag Suid-Afrika se aanplantings van suikerriet gaan oor die volgende twee jaar daal, grootliks weens die styging in die kunsmis- en chemiese insetkoste.

Volgens BFAP kan die skade aan infrastruktuur wat vroeër vanjaar tydens die vloede in KwaZulu-Natal aangerig is, ook bydra tot die verwagte afname.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.79
+0.0%
Rand - Pond
21.97
-0.1%
Rand - Euro
19.34
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.90
-0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Platinum
991.31
0.0%
Palladium
1,460.24
0.0%
Goud
1,969.50
0.0%
Silwer
24.11
0.0%
Brent-ruolie
79.89
+1.6%
Top-40
70,498
-0.8%
Alle aandele
76,100
-0.8%
Hulpbronne 10
66,234
-1.9%
Industriële 25
102,950
-0.3%
Finansiële 15
15,496
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek weet wat ek uit die lewe wil he
Om my te leer ken vat soms langer omdat ek n redelike groot introvert is. Ek is n stil mens, maar saam met die regte persoon kan ek ure lank n intelligente gesprek voer. Ek is...
As ons nie ontmoet nie, sal ons nie weet nie.
Hierdie is altyd vir my 'n moeilike een. Hier kan ons onsself inkleur met die mooiste potlode. Google kan selfs genader word vir 'n oulike beskrywing, ek verkies om die persoon...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot