AFGRI
BEAN
30 Mrt
-
9822
48,00
CORN
30 Mrt
-
4145
-6,00
SOYA
30 Mrt
-
8640
-25,00
SUNS
30 Mrt
-
8780
-39,00
WEAT
30 Mrt
-
6695
16,00
WMAZ
30 Mrt
-
3846
-5,00
YMAZ
30 Mrt
-
4021
-6,00
Deel

Total is tops, sê Kaap Agri

Total Suid-Afrika is as Kaap Agri se top-verskaffer vir die jaar aangewys.

Total Suid-Afrika, wat al meer as ’n halfeeu met Kaap Agri sake doen, is aangewys as dié agri-besigheid se top-verskaffer vir die jaar.

“Baie organisasies maak die fout om net na binne, na hulself, te kyk om dinge te verbeter, en vergeet dan van die kliënt. Ons geheim is ons luister na Kaap Agri, want hulle wéét hoe om kliënte gelukkig te hou,” sê mnr. Jason Abrams, kommersiële bestuurder van Total SA. Dié maatskappy is tydens ’n uithangfunksie op Hermon as beste verskaffer en ook as wenner in die energie-kategorie aangewys.

“Ek het altyd gesê voor ek doodgaan wil ek dié outjie wen,” het Abrams gesê toe hy die toekenning ontvang.

Wernemers by ál Kaap Agri se takke besluit jaarliks op grond van ’n vyftienpunt-kriteriastelsel wie hul beste verskaffers is. Die punte word dan gekonsolideer. Verskaffers word dus deur die hele Kaap Agri aangewys, en nie net deur bestuurslede nie. Vanjaar is ’n elektroniese stelsel vir die eerste keer gebruik. Mnr. Hennie Smit van Kaap Agri sê etiek, mededingendheid, verhouding, bemarking en impak is die vernaamste kriteria.

Volgens mnr. Sean Walsh, besturende direkteur van Kaap Agri, het die onderneming in 2012 altesaam R1,7 miljard se goedere by hul 30 beste verskaffers gekoop. Die afgelope finansiële jaar het dié syfer tot R2,5 miljard gestyg. “Ons verskaffers het dus groei van 50% of meer gesien.”

Uit die boonste 30 verskaffers, doen ses al sedert die ontstaan van hul ondernemings sake met Kaap Agri. Net dertien doen al 20 jaar of langer sake met Kaap Agri en slegs vier (New Holland, Total, Chevron en Virbac) is al 50 jaar by Kaap Agri betrokke.

“Die top-30 verskaffers neem meer as 33 000 mense in diens. Welvaartskepping is vir ons belangrik. Ons maatskappy het van 2010 tot 2014 35% meer mense in diens geneem, 98% mense verdien meer as die minimum loon en algemene werkers se verhogings is sowat 44% hoër as bestuur s’n, en tog het ons 114% meer belasting betaal en 100% meer wins gemaak,” het Walsh gesê.

Byskrif: Mnre. Alex van Breda van Total, Sean Walsh, besturende direkteur van Kaap Agri en Jason Abrams, kommersiële bestuurder van Total, met die toekenning wat Total as Kaap Agri se beste verskaffer van die jaar gewen het.

kaap-agri-total

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.82
+1.6%
Rand - Pond
22.07
+1.0%
Rand - Euro
19.43
+1.0%
Rand - Aus dollar
11.96
+1.2%
Rand - Jen
0.13
+1.4%
Platinum
986.00
+1.8%
Palladium
1,457.22
+0.6%
Goud
1,980.94
+0.9%
Silwer
23.90
+2.5%
Brent-ruolie
78.28
-0.5%
Top-40
71,089
+0.3%
Alle aandele
76,705
+0.3%
Hulpbronne 10
67,517
+1.3%
Industriële 25
103,222
-0.1%
Finansiële 15
15,634
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Spontaan en lief vir kamp en road trips
Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
Liefte is n wenner!
Hou van nuwe plekke sien dinge saam doen, saam lag en net memories maak ek wil settle en is ernstig daaroor.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot