AFGRI
BEAN
02 Feb
-
9604
-189,00
CORN
02 Feb
-
4550,4
-19,60
SOYA
02 Feb
-
8815
-94,00
SUNS
02 Feb
-
11369,8
71,80
WEAT
02 Feb
-
6722
-47,00
WMAZ
02 Feb
-
4298,6
-13,40
YMAZ
02 Feb
-
4419
-26,00

Transnet hef force majeure gedeeltelik op

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Kaapstadhawe. Foto: Michelle van der Spuy
Kaapstadhawe. Foto: Michelle van der Spuy
Transnet het die force majeure wat hy weens die onlangse staking verklaar het, in van sy terminale opgehef.

Transnet-haweterminale (TPT) het sy kliënte ingelig dat die force majeure wat hy in die motor-, grootmaat- en veeldoelterminale verklaar het, met onmiddellike effek opgehef word.

Die force majeure is op 6 Oktober verklaar nadat werknemers se staking die maatskappy se vermoë om sy kontraktuele verpligtinge na te kom, beïnvloed het. Die staking is vroeër vandeesweek beëindig en alle werknemers is sedert gister (20 Oktober) weer by die werk.

TPT stel herstelplanne in werking om sy bedrywighede en doeltreffendhede by alle terminale te stabiliseer, sê Transnet in ’n verklaring.

Die omvang van die agterstande in die houerterminale en die gevolglike uitwerking wat dit op bedrywighede het, beteken dat die force majeure wat in die houerterminale verklaar is, van krag bly. TPT verwag dat hy teen 31 Oktober gereed sal wees om dit op te hef.

Transnet het op 17 Oktober ’n drie jaar lange ooreenkoms met Untu, die meerderheidsvakbond, gesluit. Satawu, ook ’n erkende vakbond by Transnet, het sy staking op 19 Oktober beëindig.

Miljarde se verlore geleenthede

Dr. Juanita Maree, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse vereniging van vragversenders (SAAFF), sê die staking van 11 dae het vir sy lede logistieke koste van byna R7 miljard meegebring.

“Dit was ongelukkig duidelik dat die belange van ‘SA Ing.’, wetend of onwetend, nie tydens die staking in ag geneem is nie, omdat Suid-Afrika die geleentheid verloor het om goedere ter waarde R65,3 miljard te skuif. ’n Deel hiervan sal moontlik later verskuif kan word, maar die res is verlore, vir ewig.”

Hierteenoor beloop die koste van die salarisverhoging wat Transnet toegestaan het, R1,5 miljard indien dit vir alle werkers geld. Maree sê ’n mens moet besef wat die gevolge van optrede deur alle partye is.

“Ons kan nooit toelaat dat hierdie gebeure in die pad staan van ons ekonomiese groei nie. Dit is daarom noodsaaklik dat ons moet saamwerk en die belange van SA Ing. te alle tye in gedagte moet hou.”

Die SAAFF doen ’n beroep vir groter volwassenheid om kwessies vriendskaplik op te los, op ’n tydige en doeltreffende manier, en om vennootskappe tussen die regering en strategiese belanghebbers te versterk en deur vroeë raadpleging voorkoming pleks van genesing moontlik te maak.

“Ons moet die harde lesse uit hierdie bedryfsrampe leer, anders gaan ons in ’n eindelose spiraal afgaan wat die slegste moontlike uitkoms sal hê.

“As goedere nie kan beweeg nie, kom die ekonomie tot stilstand. As die ekonomie tot stilstand kom, is die uitwerking erg nadelig vir enigiets wat verband hou met die beweging van vrag, insluitend tyd, koste en diensbetroubaarheid.”

Maree sê daar lê nou harde werk voor, want volgens die verslae wat SAAFF ontvang, is die produktiwiteitsvlakke by die meeste haweterminale iewers tussen medium- en normale vlakke.

Sy verwag dat, indien daar nie verdere ontwrigtings is nie, ’n volle herstel van normale funksionaliteit eers vroeg in 2023 sal gebeur.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.08
-0.2%
Rand - Pond
20.91
+0.9%
Rand - Euro
18.65
+0.5%
Rand - Aus dollar
12.10
+0.6%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Platinum
1,020.69
+0.9%
Palladium
1,651.58
-1.1%
Goud
1,912.75
-1.9%
Silwer
23.45
-2.2%
Brent-ruolie
82.84
-3.2%
Top-40
73,629
-0.1%
Alle aandele
79,802
-0.0%
Hulpbronne 10
74,686
-0.6%
Industriële 25
102,624
+0.1%
Finansiële 15
16,551
-0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lekkerseergemaak
Ek wil weer geluk vind en weet hoe om die regte vrou lief te he en weet hoe om weer een gelukkige Family tw kan wees
Plain Jane
Oor die onnodige drama, wil net die lewe geniet. Goeie hart en weet wat ek uit die lewe wil he 😊
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot