AFGRI
BEAN
06 Feb
-
9862,8
194,80
CORN
06 Feb
-
4613
113,00
SOYA
06 Feb
-
9410
130,00
SUNS
06 Feb
-
11080
-15,00
WEAT
06 Feb
-
6761
60,00
WMAZ
06 Feb
-
4368
68,00
YMAZ
06 Feb
-
4444
54,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
27 Jan
-
173,81
-3,89
Ave Wool - RWS
27 Jan
-
189,08
-2,38
Beeste A2/3
27 Jan
-
56,35
-0,03
Beeste AB2/3
27 Jan
-
54,84
0,37
Beeste B2/3
27 Jan
-
52,6
0,97
Beeste C2/3
27 Jan
-
51,89
2,33
Bevrore Hoender
27 Jan
-
34,13
0,07
Bokkies (onder 30 kg)
27 Jan
-
64,42
3,65
Bokooie
27 Jan
-
42,56
5,65
Groot (meer as 40 kg)
27 Jan
-
44,53
13,49
Hoender (IQF)
27 Jan
-
32,16
0,07
Medium (30-40kg)
27 Jan
-
55,48
8,33
Pork Average
27 Jan
-
36,34
0,63
Poultry Average
27 Jan
-
33,37
0,02
Skaap A2/3
27 Jan
-
84,06
-1,32
Skaap AB2/3
27 Jan
-
83,25
7,84
Skaap B2/3
27 Jan
-
69,31
3,51
Skaap C2/3
27 Jan
-
64,52
-3,23
Speenkalf
27 Jan
-
36,72
1,00
Spekvarke
27 Jan
-
36,59
-0,22
Stoorlammers
27 Jan
-
38,46
-0,54
Varkwors
27 Jan
-
29,16
0,28
Vars Hoender
27 Jan
-
33,83
-0,09
Vleisvarke
27 Jan
-
36,3
0,71

Transnet: Kuberaanval skep krisis vir uitvoerders

akkreditasie
Kaapstadhawe. Foto: GCIS
Kaapstadhawe. Foto: GCIS
Hoewel die Kaapstadhawe daarin geslaag het om vier verskepings te voltooi en meer as 2 200 vraghouers te verwerk, bly die impak van die onlangse kuberaanval op Transnet en die gevolge daarvan vir dienslewering by dié hawe ’n bron van kommer.

Só het mnr. David Maynier, Wes-Kaapse minister van finansies en ekonomiese geleenthede, op 27 Julie op ’n vergadering met belanghebbendes by dié hawe gesê.

Maynier het bygevoeg dat dit wel verblydend is dat Transnet se Navis-stelsel weer op dreef is.

“Ons sal aanhou om nou saam met Transnet se bestuur te werk om betroubare kommunikasie aan al die belanghebbendes in die logistieke ketting by die hawe te verseker.”

Mnr. Pepi Silinga, uitvoerende hoof van die nasionale hawe-owerheid, wat deel is van Transnet, het op die vergadering gesê dat maatreëls ingestel word om die maatskappy se stelsels te stabiliseer. Hy het gesê die bron van die aanval is geïdentifiseer en die maatskappy behoort teen Vrydag 30 Julie weer aanlyn te wees. 

Krisis vir uitvoerders

Intussen berig Netwerk24 dat die vertragings by hawens ’n groot probleem vir uitvoerders van sitrus, wyn en vleis word, aangesien vragmotors toegang tot hawens geweier word en die aflaai van vrag uiters tydsaam plaasvind.

Volgens die berig sê mnr. Justin Chadwick, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Sitruskwekersvereniging (SASKV), baie uitvoerders ondersoek die moontlikheid om hawens in buurlande te gebruik. Hy sê ook indien Transnet nie vinnig met ’n oplossing vorendag kom nie, sal dit ’n wesenlike impak op die sitrusbedryf hê.

Luidens dieselfde berig sê me. Nadia Engelbrecht, uitvoerende hoof van The Bulk Wine Centre, dat drie weke se uitvoer deur die verlamming van hawens geraak word. Dit is tans onmoontlik om vas te stel hoe ver die verskeping van grootmaatwyn gevorder het.  

Aanval hou dalk met onluste verband

Mnr. Ghaleb Cachalia, DA-LP, sê dit word al hoe duideliker dat die kuberaanval op Transnet se IT-infrastruktuur moontlik ’n daad van sabotasie deur die aanvoerders van die onlangse onluste kan wees, aangesien die aanval ook vervoer en logistieke infrastruktuur teiken.

“As deel van hul plan om Suid-Afrika tot op sy knieë te bring, het die oproermakers eerste Durban se grootste vervoeraar, die N3, geteiken. Hul doelwit was duidelik om voorsieningskettings te onderbreek, voedseltekorte te veroorsaak en die publiek kwaad te maak.

“Hulle het toe die sakesektor geteiken. Deur die onluste en plundering op reuseskaal in KwaZulu-Natal en Gauteng het hulle Transnet gedwing om ’n force majeure te verklaar op die Naskor-spoorlyn wat Gauteng en KwaZulu-Natal verbind.”

Die Naskor-spoorlyn is 688 km lank en verbind myne en plase in die noordelike gebiede van die land met hawens in Durban en Richardsbaai.

Cachalia meen dat die oproermakers misluk het. Daarom was die volgende logiese stap vir hulle om Transnet se hawens lam te lê.

“Wetstoepassingsagentskappe en die vervolgingsgesag moenie hul tyd mors deur na kuberterroriste buite Suid-Afrika se grense te soek nie. Hulle is in die land en mag dalk die argitekte van die mislukte rebellie wees.”

Hy sê verder dat die aanval op die land se grootste ekonomiese infrastruktuur ’n daad van terrorisme is en dat die leiers van die onluste dus ingevolge die relevante wetgewing vir terrorisme in die hof gedaag moet word.

“Wat egter onduidelik bly, is of die intelligensieverslag wat me. Ayanda Dlodlo, minister van staatsveiligheid, sê sy met mnr. Bheki Cele, minister van polisie, gedeel het, hierdie doelbewuste daad van sabotasie op Transnet noem.

“Minister Pravin Gordhan se kop is steeds in die sand te midde van die ontluikende krisis by Transnet. Hy en me. Portia Derby, nuwe uitvoerende hoof van Transnet wat aangestel is om die veranderingsproses by staatsinstellings te lei, moet verantwoordelik gehou word.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.67
-1.1%
Rand - Pond
21.23
-0.9%
Rand - Euro
18.96
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.12
-0.3%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Platinum
970.01
-0.4%
Palladium
1,579.64
-3.2%
Goud
1,866.69
-0.2%
Silwer
22.27
-0.4%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
73,489
-0.8%
Alle aandele
79,583
-0.8%
Hulpbronne 10
74,088
-1.5%
Industriële 25
103,121
-0.3%
Finansiële 15
16,377
-1.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
One life.... Live it
Gemaklike persoon met beginsels en waardes. Te laat vir voorgee, ek is gelukkig in my eie vel en wat die lewe nog vir my inhou. Ek kan wissel van diep seun na baie sosiaal en is...
Wie wil saam met my die mooiste liedjies skryf?
Spotane, vrolike geaardheid, sin Vir humor. baie positiewe persoon. Betroubaar en eerlik. Sien die mooi in die lewe raak. Gun die son oor almal skyn. Hou van dans.🌟...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot