AFGRI
BEAN
01 Jan
-
0
0,00
CORN
01 Jan
-
0
0,00
SOYA
01 Jan
-
0
0,00
SUNS
01 Jan
-
0
0,00
WEAT
01 Jan
-
0
0,00
WMAZ
01 Jan
-
0
0,00
YMAZ
01 Jan
-
0
0,00

Transnet pleit by personeel om aanbod te oorweeg

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Kaapstadhawe. Foto: Michelle van der Spuy
Kaapstadhawe. Foto: Michelle van der Spuy
Die loonstaking wat verlede week Donderdag by die Durban-, Ngqura-, Gqeberha- en Kaapstadhawe begin het, duur voort.

Daar word verwag dat die SA Transport & Allied Workers’ Union (Satawu) vandag by die staking sal aansluit. Die staking volg nadat verlede Woensdagaand nie ’n loonooreenkoms met die United National Transport Union (Untu) bereik kon word nie. Transnet-haweterminale moes as gevolg daarvan ’n force majeure vir die Durban-, Ngqura-, Gqeberha- en Kaapstadhawe verklaar.

Luidens ’n verklaring deur Transnet sal die kommissie vir versoening, bemiddeling en arbitrasie vandag ’n vergadering van Transnet se bedingingsraad en die betrokke vakbonde bywoon ten einde die loondispuut op te los.

“Transnet hou aan om met die georganiseerde arbeid in gesprek te tree en ’n minlike ooreenkoms te vind vir die voortslepende staking, wat nie net ’n aansienlike nadelige impak op ons personeel en maatskappye gehad het nie, maar ook die ekonomie. Ons hoop dat die vergadering die partye nader aan mekaar sal bring om ’n ooreenkoms te vind wat die behoeftes van die werkers met die beskerming van Transnet se volhoubaarheid sal beskerm.”

Transnet sê salariskoste is tans meer as 66% van sy totale bedryfskoste, wat nie ’n volhoubare syfer is nie. “Ons oorhoofse doelwit is om belegging en groei aan te spoor, wat die enigste manier is om huishoudelike finansiële onsekerheid volhoubaar te verminder. Dit sou meer Suid-Afrikaners die geleentheid gee om te werk in ’n dinamiese, groeiende ekonomie.

“Ons moedig werkers en vakbondleiers aan om die aanbod wat op die tafel is, ernstig te oorweeg.”

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.10
-0.1%
Rand - Pond
20.88
+0.1%
Rand - Euro
18.63
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.07
+0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Platinum
1,022.91
+1.2%
Palladium
1,660.03
-0.6%
Goud
1,916.66
+0.2%
Silwer
23.56
+0.4%
Brent-ruolie
82.84
-3.2%
Top-40
73,629
-0.1%
Alle aandele
79,802
-0.0%
Hulpbronne 10
74,686
-0.6%
Industriële 25
102,624
+0.1%
Finansiële 15
16,551
-0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lekkerseergemaak
Ek wil weer geluk vind en weet hoe om die regte vrou lief te he en weet hoe om weer een gelukkige Family tw kan wees
Plain Jane
Oor die onnodige drama, wil net die lewe geniet. Goeie hart en weet wat ek uit die lewe wil he 😊
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot