AFGRI
BEAN
20 Mrt
-
10116
0,00
CORN
20 Mrt
-
4609
0,00
SOYA
20 Mrt
-
9375
0,00
SUNS
20 Mrt
-
10040
0,00
WEAT
20 Mrt
-
6639
0,00
WMAZ
20 Mrt
-
4153
0,00
YMAZ
20 Mrt
-
4201
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Transnet: ‘Skeepsrederye gaan plaaslike hawens begin vermy’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Fredalette Uys
Foto: Fredalette Uys
Die staking van Transnet-werkers wat bedrywighede by Suid-Afrikaanse hawens lamlê, is nog nie verby nie.

Benewens die ooglopende finansiële verliese, kan dit Suid-Afrika se reputasie ernstig knou.

Die vertragings met die uitvoer van produkte raak nou ook ’n ernstige kwessie vir nie-bederfbare produkte soos wyn wat veronderstel is om nou op skepe weggestuur te word sodat dit betyds vir die komende feesseisoen op internasionale winkelrakke kan kom.

“Die een groot bekommernis oor wat die impak van die staking op ons kan wees, is ons reputasie,” sê me. Maryna Calow kommunikasiebestuurder van Wines of South Africa (Wosa). “Ons reputasie as uitvoerder van wyn kan groot skade hieronder begin ly.

“Daar is ’n paar produsente wat reeds die geleentheid misgeloop het om hul wyn betyds na hul oorsese markte te stuur. Ons reputasie is uiters belangrik en die impak van die staking op vertragings van ons land as wynuitvoerder kom nou in gedrang.”

Simpatie kan nou min raak

Sy sê baie van Suid-Afrika se markte en invoerders van plaaslike wyne was tydens die covid-19-grendeltyd simpatiek jeens die bedryf. Al is daar steeds ’n mate van begrip vir die huidige situasie, is daar tog ’n kans dat die markte by die punt gaan kom waar hulle voel dit is te moeilik en onseker om met die Suid-Afrikaanse wynuitvoerbedryf sake te doen.

“Die skeepsrederye gaan ook ’n punt bereik waar hulle al hoe meer plaaslike hawens gaan vermy. Hul skepe is vol. Hulle het nie ons vragte noodwendig nodig nie en al die vertragings en probleme by ons hawens kan baie van hierdie maatskappye laat besluit om eenvoudig al hoe minder hier aan te doen.”

Sy sê die staking kom boonop op ’n tydstip toe Transnet klaar hard begin werk het om die probleme by Suid-Afrikaanse hawens, soos Kaapstad, aan te pak. “Kort voor die staking was daar groot opgewondenheid oor die negende kraansteier wat Transnet by Kaapstad-hawe aangebring het.”

Tydsduur speel ál groter rol

Dr. André van der Vyver, uitvoerende direkteur van die Suid-Afrikaanse graan-en-oliesadehandelsvereniging (Sacota), sê in die Durbanhawe waarvandaan graan uitgevoer word, is daar drie teminale waarvan een deur Transnet beman word.

Hy sê daar is kontraktuele verpligtinge om binne ’n vasgestelde tydperk ’n vrag te laai en indien dit te lank duur, kan dit tot probleme lei.

“Alles hang nou af van hoe lank die staking nog gaan duur. Daar word op die oomblik ’n skip by hierdie terminaal gelaai en omdat daar min personeel is, kan hulle nie teen volle kapasiteit laai nie. Dit kan opgevang word na gelang van hoe lank die staking nog gaan duur.”

45 000 palette sitrus

Mnr. Piet Engelbrecht, sitrusuitvoerder en voorsitter van Agri Limpopo, sê dit is veral in die Oos- en Wes-Kaap waar nog sitrus geoes word en waar die probleem al hoe erger word. ’n Week gelede het 45 000 palette sitrus en ander vrugte in die hawens gelê. “Die hele ketting raak vol en die produsent begin ook ophou pluk en pak.

“Aan die ander kant mis jy jou markte. Die rakspasie moet volgehou word en as jy die geleentheid mis, beweeg ’n volgende uitvoerder in en jy verloor jou spasie. Die skepe kan ook nie onbepaald in die hawens lê en wag nie. Ons het reeds met vervoer in die hawens gesukkel toe Transnet nog gefunksioneer het. Dit is nou natuurlik baie erger.

“Daar is ook produksiemiddele, soos kunsmis, wat nie by produsente uitkom nie.

Staking duur voort

Hoop het Sondag verflou dat die Transnet-staking ten einde sou kom nadat dit bekend geword die vakbond Satawu het nie die kommissie vir versoening, bemiddeling en arbitrasie se voorstel tot ’n skikking aanvaar nie.

In ’n verklaring skryf mnr. Jack Mazibuko, hoofsekretaris van Satawu, hoewel die vakbond die kommissie se teenwoordigheid by verlede week se onderhandelinge waardeer, het die vakbondlede “eenparig besluit om die voorstel te verwerp”. Untu het teen druktyd nog nie laat weet wat sy lede oor die kommissie se voorstel besluit het nie.

Die rede hiervoor volgens hom is die aanbod wat minder as inflasie is. “Ons sal enigiets bo inflasie aanvaar,” luidens die verklaring. Inflasie was in Augustus 7,6% en die vakbonde wil 12% hê.

Transnet het verlede week ’n aanbod gemaak vir ’n verhoging van 4,5% in salarisse vir alle werknemers vir die huidige boekjaar, daarna vir twee agtereenvolgende jare 5,3% en 4,5% vir die vierde jaar.

Salarisse beslaan 60% van Transnet se jaarlikse totale uitgawes en daar is reeds verlede week waarskuwings gerig dat afleggings kan plaasvind gegewe die aandrang op hoër salarisse deur die twee vakbonde.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.56
-0.2%
Rand - Pond
22.67
+0.3%
Rand - Euro
19.98
-0.6%
Rand - Aus dollar
12.38
+0.5%
Rand - Jen
0.14
+0.7%
Platinum
972.21
-1.2%
Palladium
1,397.84
-1.3%
Goud
1,940.50
-1.9%
Silwer
22.39
-0.7%
Brent-ruolie
73.79
+1.1%
Top-40
68,799
0.0%
Alle aandele
74,271
0.0%
Hulpbronne 10
65,660
0.0%
Industriële 25
99,818
0.0%
Finansiële 15
15,066
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Leweslustig ,Geniet die lewe
Lewenslustig. Hou van 4×4. Asook kamp. Dans graag. Baie vriendelik en spontaan. Diere tans friesperde asook miniatuurperde en 3 yorkies. Braai graag asook fliek en vertonings...
As ons nie ontmoet nie, sal ons nie weet nie.
Hierdie is altyd vir my 'n moeilike een. Hier kan ons onsself inkleur met die mooiste potlode. Google kan selfs genader word vir 'n oulike beskrywing, ek verkies om die persoon...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot