AFGRI
BEAN
22 Mrt
-
9997,6
-0,40
CORN
22 Mrt
-
4152
-62,00
SOYA
22 Mrt
-
8460,2
-51,80
SUNS
22 Mrt
-
9126
-629,00
WEAT
22 Mrt
-
6490
-120,00
WMAZ
22 Mrt
-
3855,40
-94,60
YMAZ
22 Mrt
-
4078,8
-80,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Transnet staal hom vir onwettige staking

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Kaapstadhawe. Foto: Michelle van der Spuy
Kaapstadhawe. Foto: Michelle van der Spuy
Weens ’n geskil en voortdurende onderhandelinge oor lone het werknemers by Transnet met ’n onwettige staking begin.

Me. Ayanda Shezi, Transnet-woordvoerder, sê sedert Transnet sy aanvanklike aanbod ter tafel gelê het, het die maatskappy ten spyte van bedryfs- en finansiële kwessies vier pogings aangewend om dié aanbod te verbeter. Die verdere aanbiedings is ook gemaak omdat Transnet besef wat die impak van ’n staking op die werknemers, bedryf en ekonomie sou wees.

Volgens Shezi is die huidige staking onwettig aangesien die United National Transport Union (Untu) nie die regte prosesse gevolg het voordat met die staking begin is nie. Untu het die maatskappy glo op Maandag 3 Oktober van die beoogde staking in kennis gestel.

“Transnet se primêre doelwit is steeds om grootskaalse bedryfsaksie te vermy aangesien dit ’n aansienlike impak het op ekonomiese aktiwiteite reg oor alle sektore. Ons moedig werkers aan om die langtermyngevolge van die staking op hulself, hul kollegas, hul families en die Suid-Afrikaanse ekonomie as geheel in ag te neem.”

Sy sê Transnet glo die hersiende aanbod wat gister (5 Oktober) ter tafel gelê is, is redelik en regverdig en dat vakbonde dié aanbod ernstig moet oorweeg. Na gelang van werknemers se posvlak is ’n loonverhoging van 3% tot 4% aangebied, asook ’n eenmalige ex gratia-betaling van R5 000 (voor belasting) aan alle werknemers.

Shezi sê Transnet kan nie voorspel wat die uiteinde van die staking of die moontlike impak op bedrywighede by Suid-Afrika se hawens sal wees nie. Die maatskappy bly egter daartoe verbind om die hersiende aanbod met Untu en die SA Transport & Allied Workers’ Union (Satawu) te bespreek.

“In die geval van grootskaalse bedryfsaksie sal gebeurlikheidsplanne toegepas word en die maatskappy sal alles moontlik doen om die veiligheid van sy personeel en persele te beskerm. Die personeel is ook reeds in kennis gestel dat die beginsel van geen werk, geen betaling sal geld.”

7 800 vraghouers sitrus wag vir uitvoer

Mnr. Justin Chadwick, uitvoerende hoof van die SA Sitruskwekersvereniging (SKV), sê die uitvoer van sitrus vanaf die Wes- en Oos-Kaap kan deur die staking beïnvloed word. Hoewel die sitrusseisoen geëindig het, is daar volgens hom nog 7 800 vraghouers sitrus wat vanaf Durban-, Ngqura- en Kaapstadhawe uitgevoer moet word.

“Genadiglik word skeepsdienste by hawens tot dusver nie geraak nie en bly dit volkome in bedryf. Die SKV sal daagliks gebeurlikheidsplanne met Transnet en kwekers bespreek om die impak van die staking op die beweging van sitrus deur die hawens te verlig.”

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.33
+1.1%
Rand - Pond
22.42
+1.0%
Rand - Euro
19.78
+0.9%
Rand - Aus dollar
12.25
+0.9%
Rand - Jen
0.14
+1.1%
Platinum
984.86
+1.3%
Palladium
1,457.49
+3.6%
Goud
1,950.52
+0.5%
Silwer
22.67
+1.2%
Brent-ruolie
75.32
+2.0%
Top-40
69,757
+1.4%
Alle aandele
75,243
+1.3%
Hulpbronne 10
65,777
+0.2%
Industriële 25
101,692
+1.9%
Finansiële 15
15,282
+1.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Maatjie vir n praat Jim
Eks eerlik opreg en het baie liefde wat ek kan bied hou van Kamp buielewe en sommer net rustig te verkeer
Kom ons vat 'n Kans
Ek is 'n vriendelike, eerlike en reguit mens. Hou nie van leuns en dinge wegsteek nie. Wat jy sien is wat jy kry. Treat me the way you want to be treated, . better Be Real!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot