AFGRI
BEAN
20 Mrt
-
10116
0,00
CORN
20 Mrt
-
4609
0,00
SOYA
20 Mrt
-
9375
0,00
SUNS
20 Mrt
-
10040
0,00
WEAT
20 Mrt
-
6639
0,00
WMAZ
20 Mrt
-
4153
0,00
YMAZ
20 Mrt
-
4201
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Transnet-staking kan bessiebedryf se einde beteken

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: NETAFIM
Foto: NETAFIM
BerriesZA het verskeie ministers, asook Transnet se bestuur versoek om dringend by die voortslepende staking by hawens in te gryp.

Mnr. Justin Mudge, voorsitter van BerriesZA, sê die tydsberekening van dié staking, waarvoor daar nog geen einde in sig is nie, kon nie slegter gewees het aangesien dit tans die bessiebedryf se besigste tyd van die uitvoerseisoen is.

“Dit beteken dat selfs ’n enkele dag van hawens wat nie in bedryf is nie, ’n aansienlike uitkringeffek op die hele bessiebedryf se waardeketting kan hê en 30 000 werksgeleenthede en miljoene rande se uitvoerinkomste in gevaar stel.”

Die staking is volgens Mudge die nuutste in ’n reeks bedryfskwessies by die land se hawens weens hawe-infrastruktuur wat verouder en onbruikbaar word, onvoldoende stelsels en ’n tekort aan personeel. Dié kwessies het reeds ’n ernstige impak op die bessiebedryf gehad het, sê Mudge.

“Besendings wat weens swak dienslewering by hawens vertraag word, benadeel die gehalte van bessies wat internasionale markte bereik. Dit lei tot hoë afkeuringskoerse van produkte wat verlede jaar tot ’n ongehoorde R250 miljoen opgeskiet het.”

Hierdie probleem word verder vererger deur die styging van insetkoste, onder meer kunsmis en brandstof. As gevolg daarvan is meer as ’n derde van plaaslike bessieprodusente nie tans winsgewend nie – ’n bedreiging vir hul eie voortbestaan en die werkers wie se lewensbestaan hulle steun.

Spyker in die kis vir bessieboere

“Die nuutste staking kan die finale spyker in die doodskis wees vir bessieboere wat ’n noodsaaklike gaping in die landbousektor vul. Hul seisoen duur van September tot November waarna die vroeë steenvrug- en tafeldryfseisoen begin.”

Transnet-haweterminale het gister ’n force majeure vir die Durban-, Ngqura-, Gqeberha- en Kaapstadhawe verklaar nadat loononderhandelinge met twee vakbonde misluk en ’n onwettige staking gevolg het. Volgens Transnet kon daar teen Woensdagaand nie ’n ooreenkoms met die United National Transport Union (Untu) bereik word nie. Die SA Transport & Allied Workers’ Union (Satawu) sal glo Maandag by die staking aansluit.

Mudge sê Transnet het die afgelope twee dae die vordering van die loononderhandelinge met belanghebbendes bespreek en aangedui dat die situasie onder beheer was. Die staking en gevolglike verklaring van ’n force majeure is egter ’n aanduiding dat Transnet-haweterminale nie weet hoe om die situasie te hanteer nie en ook geen besonderhede kan gee oor gebeurlikheidsplanne of ’n aanduiding van wanneer dit tot ’n einde sal kom nie.

Volgens Mudge het BerriesZA ’n skriftelike versoek aan Transnet se bestuur gerig dat ’n vergadering belê moet word om gebeurlikheidsplanne te bespreek ten einde die beweging van bessies deur die hawens te verseker.

Mnr. Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, en mnr. Ebrahim Patel, minister van handel, nywerheid en mededinging, is versoek om dringend by die staking in te gryp en die geskil oor lone so gou as moontlik tot ’n einde te bring.

“Dit is absoluut noodsaaklik op kort termyn om die winsgewendheid en volhoubaarheid van die honderde bessieboere en die werksgeleenthede wat hulle onderhou, te beskerm, asook die langtermyngroei van dié bedryf wat na verwagting hierdie seisoen minstens R3 miljard in uitvoerwins aan die plaaslike ekonomie sal lewer.

“Hierdie situasie is onhoudbaar en tensy die regering dringend optree, sal ons aan honderde mense moet verduidelik waarom hulle nie meer ’n werk het nie.”

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.59
-0.4%
Rand - Pond
22.68
+0.3%
Rand - Euro
20.00
-0.8%
Rand - Aus dollar
12.38
+0.5%
Rand - Jen
0.14
+0.5%
Platinum
967.96
-1.6%
Palladium
1,393.12
-1.7%
Goud
1,939.64
-2.0%
Silwer
22.28
-1.2%
Brent-ruolie
73.79
+1.1%
Top-40
68,799
0.0%
Alle aandele
74,271
0.0%
Hulpbronne 10
65,660
0.0%
Industriële 25
99,818
0.0%
Finansiële 15
15,066
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Hier om nuwe mense te ontmoed
Ek is vol lewe hoi van uitdaacings jonk van hart en flees Hou van buitelewe visvang lamp Hou van lag en liefde
Kom ons vat 'n Kans
Ek is 'n vriendelike, eerlike en reguit mens. Hou nie van leuns en dinge wegsteek nie. Wat jy sien is wat jy kry. Treat me the way you want to be treated, . better Be Real!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot