AFGRI
BEAN
02 Feb
-
9793
0,00
CORN
02 Feb
-
4625
0,00
SOYA
02 Feb
-
9627
0,00
SUNS
02 Feb
-
11502
0,00
WEAT
02 Feb
-
6736
0,00
WMAZ
02 Feb
-
4431
0,00
YMAZ
02 Feb
-
4453
0,00

Transnet-staking: SA gaan aan die kortste ent trek

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Lucille Botha
Foto: Lucille Botha
Die loonstaking deur Transnet-werkers raak die land se landbousektor direk en hoe langer die staking voortduur, hoe erger is die impak op die bedryf en Suid-Afrika se handelsbedrywighede.

“Suid-Afrika se diverse landbousektor sorg dat handelsbedrywighede in landbouprodukte regdeur die jaar lewendig en aktief is. Die vierde kwartaal van elke jaar word egter gekenmerk deur groot handelsaktiwiteite wat landbouprodukte insluit,” sê mnr. Wandile Sihlobo, hoofekonoom van die landbousakekamer Agbiz.

“Gegewe landbouproduksie wat grotendeels veerkragtig is, verwag ons beduidende volumes van uitvoergoedere wat geskeduleer is om hierdie maand te vertrek.”

Van die produkte wat gewoonlik uitvoeraktiwiteite in die vierde kwartaal oorheers, sluit in sitrus, mielies, appels, pere, wyn, druiwe, neute, bessies, sojaboonolie, appelkose, kersies en perskes.

Hy sê die totale waarde van uitvoer van onder meer voedsel en drank gedurende 2021 se vierde kwartaal het $2,8 miljard beloop. Dié bedrag was 23% van die totale waarde van uitvoer vir 2021.

Die staking raak egter nie net uitvoer nie, maar ook die invoer van produkte, soos koring, palmolie, rys, hoendervleis, sonneblomolie en sojaboonoliekoek.

Mnr. Thabile Nkunjana, landbou-ekonoom by die landboubemarkingsingsraad, het vandeesweek in ’n televisie-onderhoud met eNCA gesê dit is nou ’n kritieke tydperk vir die sagtevrugtebedryf en talle belanghebbendes is volgens hom gretig om produkte by hul markte uit te kry. “Die bedryf is boonop uiters mededingend en omdat die produkte bederfbaar is, moet dit betyds by hul bestemmings uitkom.”

Hy het ook gewaarsku produsente en hul werknemers kan baie ernstige druk weens die staking ervaar en tot 60 000 mense wat op plase werk, se poste is nou as gevolg van die staking in gedrang.

“Die beste uitkoms vir die sagtevrugtebedryf is ’n einde aan die staking. Die bedryf is relatief mededingend. Daarom kan produsente en hul werkers nie nog verliese aan inkomste bekostig nie.”

Samewerking moet voortduur

Sihlobo sê daar is wel reeds goeie samewerking tussen Transnet en die landbousektor juis om die sektor se behoeftes aan te pak. “Dit is broodnodig omdat Suid-Afrika ongeveer die helfte van sy landbouprodukte uitvoer. Enige verbeterings in produksie van die sektor in die toekoms moet gerugsteun word deur potensiële uitvoermarkte. Die logistieke sektor is die hartjie midde daarvan en daarom is die huidige arbeidsdispuut by Transnet ’n beduidende risiko.”

Gevaarligte oor handelsaktiwiteite begin flikker

Daar is reeds aanduidings dat internasionale handelsbedrywighede in 2023 gaan afplat. Business Unity South Africa (Busa) sê die Wêreldhandelsorganisasie waarsku die groei in internasionale handel gaan drasties in 2023 daal weens die wêreldwye ekonomiese struikelblokke. Dit beteken die sterk lopie wat internasionale handel sedert die afplatting van covid-19 geniet het, kom nou vinnig tot ’n einde.

Suid-Afrikaanse hawens het voor die staking reeds gebuk gegaan onder verskeie probleme, soos bottelnekke en vragskepe wat daarom toenemend verbyvaar.

“Skeepsrederye gaan moontlik hul skedules begin aanpas en hul kapasiteit op die winsgewende roetes toespits. Suid-Afrika gaan hier aan die kortste ent trek weens die voortdurende onderbrekings en opeenhopings by hawens,” skryf Busa.

Tot dusver is nog geen ooreenkoms oor die staking bereik nie, al het Transnet Donderdagoggend bekend gemaak ’n aanbod is ter tafel gelê. 

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.11
-0.1%
Rand - Pond
20.89
+0.0%
Rand - Euro
18.63
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.07
+0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Platinum
1,022.67
+1.1%
Palladium
1,663.57
-0.3%
Goud
1,914.38
+0.1%
Silwer
23.50
+0.1%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
73,629
0.0%
Alle aandele
79,802
0.0%
Hulpbronne 10
74,686
0.0%
Industriële 25
102,624
0.0%
Finansiële 15
16,551
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lekkerseergemaak
Ek wil weer geluk vind en weet hoe om die regte vrou lief te he en weet hoe om weer een gelukkige Family tw kan wees
Plain Jane
Oor die onnodige drama, wil net die lewe geniet. Goeie hart en weet wat ek uit die lewe wil he 😊
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot