AFGRI
BEAN
31 Mrt
-
9826
0,00
CORN
31 Mrt
-
4660
0,00
SOYA
31 Mrt
-
8175
0,00
SUNS
31 Mrt
-
8760
0,00
WEAT
31 Mrt
-
6631
0,00
WMAZ
31 Mrt
-
3977
0,00
YMAZ
31 Mrt
-
4029
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Transnet steeds van lyn af ná kuberkrakers toeslaan

akkreditasie
Foto: Alani Janeke
Foto: Alani Janeke
Op ’n tydstip dat Transnet ’n verdere terugslag die minste kan bekostig ná ’n week van gewelddadige onluste, is die maatskappy se hele IT-stelsel sedert gister (Donderdag 22 Julie) van lyn af nadat kuberkrakers toegeslaan het.

Volgens ’n interne boodskap wat Transnet gister aan sy kliënte gestuur het, het die maatskappy probleme met sommige van sy IT-toepassings ondervind en moes dié toepassings afgeskakel word. Volgens nog ’n interne boodskap wat vanoggend gestuur is, is die maatskappy se stelsels steeds van lyn af terwyl daar aan ’n manier gewerk word om rekenaarvirusse op te spoor en skoon te vee.

Mnr. Ghaleb Cachalia, DA-LP, sê die implikasies van hierdie kuberaanval op die logistieke ruggraat van die Suid-Afrikaanse ekonomie kan nie onderskat of geïgnoreer word nie. “Indien hierdie aanval deel van ’n sabotasiekomplot deur ANC-faksies binne belangrike staatsondernemings is, word die implikasies vererger tot vlakke wat die sekuriteit van die staat en sy belangrikste ekonomiese bedrywighede raak.”

Volgens Cachalia kon die DA nie daarin slaag om verdere inligting by Transnet se mediakantoor te kry nie. Dieselfde interne boodskap wat aan Transnet se kliënte gestuur is, is bloot weer aan die DA gestuur. Die DA kon ook nie daarin slaag om kontak te maak met me. Patricia Derby, hoof- uitvoerende beampte by Transnet, nie.

“Transnet en mnr. Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, moet dadelik duidelikheid gee oor die delikate situasie by Transnet. Die ekonomiese lot van belangrike logistieke stelsels in die land is op die spel. Suid-Afrikaners moet ingelig word, pleks daarvan dat volgehou word met ou beleid van bevel en beheer.”

IMPAK VAN ONLUSTE

Transnet het weens die onderbreking van bedrywighede by hawens in Durban en Richardsbaai reeds ’n verlies van meer as R259 miljoen gely.

Mnr. Steve Harris, hoofsekretaris van die United National Transport Union (Untu), die meerderheidsvakbond by Transnet, sê dit is hartverskeurend dat Suid-Afrika se hawens en spoorweë só erg ontwrig is terwyl die personeel van die maatskappy steeds, te midde van die covid-19-pandemie, hul lewe in gevaar stel om te verseker goedere, voedsel en kommoditeite bereik hul bestemming sodat die ekonomie se wiele aan die rol bly.

Volgens hom is kabeldiefstal, wat sedert die uitbreking van die pandemie in Maart verlede jaar toegeneem het, nog ’n groot oorsaak van vertragings by die Passassierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa). Dit kos die Suid-Afrikaanse ekonomie jaarliks R5 miljard tot R7 miljard.

“Untu versoek pres. Cyril Ramaphosa en mnr. Bheki Cele, minister van polisie, om aan Suid-Afrikaners te verduidelik waarom daar nie genoegsame wetstoepassers in die vervoersektor is nie, veral in die omgewings waar spoorweë, hawens, vragmotors en minibusse werksaam is.”

Harris sê Ramaphosa slaag nie daarin om mnr. Fikile Mbalula, minister van vervoer, aanspreeklik te hou vir sy onnodig tydsame reaksie op die voortdurende onderbrekings in die land se vervoersektor en die nadelige impak wat dit op die ekonomie het nie.

* Transnet het Vrydagmiddag ’n boodskap aan hul kliënte gestuur waarin hulle sê dat die bron van die kuberaanval geïdentifiseer en geïsoleer is. Ter wille van die sitrusbedryf wat tans ’n rekordseisoen beleef, word die uitvoer van verkoelde vraghouers tans by die Durbanhawe geprioritiseer.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.79
+0.0%
Rand - Pond
21.97
-0.1%
Rand - Euro
19.34
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.90
-0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Platinum
991.31
0.0%
Palladium
1,460.24
0.0%
Goud
1,969.50
0.0%
Silwer
24.11
0.0%
Brent-ruolie
79.89
+1.6%
Top-40
70,498
-0.8%
Alle aandele
76,100
-0.8%
Hulpbronne 10
66,234
-1.9%
Industriële 25
102,950
-0.3%
Finansiële 15
15,496
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons kyk!!
Kom ons kyk wat die toekoms en moontlikhede inhou - tyd, geluk, vrede, liefde is kosbaar en net geleen aan ons!!
Kom ons sien wat die toekoms inhou..
Saggeaard met 'n passie vir my medemens, ambiseus en geniet die mooi in die lewe. Altyd gereed vir 'n nuwe uitdaging.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot