AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Transnet: Uitvoerders se probleme effens verlig

akkreditasie
Die Durbanhawe. Foto: Robyn Joubert
Die Durbanhawe. Foto: Robyn Joubert
Die feit dat Transnet se stelsels stadig maar seker besig is om weer op dreef te kom, is ’n welkome verwikkeling vir uitvoerders van veral sitrus, rooivleis en wyn wat die afgelope week met hul hande in die hare gesit het nadat ’n kuberaanval die maatskappy lamgelê het.

Mnr. Christo Conradie, bestuurder van wynkelders by Vinpro, sê die omstandighede by Transnet is uiters frustrerend wat betref die ontvangs van verpakkingsmateriaal, veral bottels vir wyn. “Ons produsente het spesifieke tydlyne waarvolgens hulle wyn botteleer vir die plaaslike mark, wat ná vier weke weer oop is, én internasionale markte waar rakspasie uiters mededingend is.

“Die afgelope 16 maande het geweldige druk op die wynbedryf geplaas. Dit is uiters belangrik dat kontrakte en voorwaardes van kontrakte stiptelik nagekom word, andersins beweeg kopers na ander lande en wynvoorsieners.

“Ons is verlig om ’n verbetering en vordering in die stelsels by Transnet te sien, maar is steeds baie bekommerd oor die invloed wat hierdie gebeure op besigheid het. Elke minuut is kosbaar in ’n tyd waar die wynbedryf nou sterk moet konsentreer op herstel en om, waar moontlik, groei te bewerkstellig.”

Mnr. Gerhard Schutte, hoofbestuurder van die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO), sê 4-5% van vleis wat in Suid-Afrika geproduseer word, word uitgevoer, hoofsaaklik na die Midde-Ooste en China. Hoewel hy nie spesifieke klagtes ontvang het nie, kan ’n mens aanneem dat die kuberaanval op Transnet ’n impak hierop sou gehad het.

“Wat beslis ’n kwessie is, is die voorsiening van onverwerkte materiale vir veevoere, byvoorbeeld lekke. Dit is ’n probleem wat ons hoop binnekort opgelos sal word, want boere kan nie doeltreffend boer sonder veelekke en bymiddels nie.”

Mnr. Christo van der Rheede, uitvoerende direkteur van Agri SA, het gister tydens ’n webinaar oor die Transnet-krisis, wat deur die Noordwes-Universiteit aangebied is, gesê die sitrusbedryf sou vanjaar na raming 160 miljoen kartonhouers sitrus uitvoer deur veral die Durbanhawe. Volgens hom het uitvoer goed verloop en die bedryf was op koers om dié mikpunt te haal tot die onlangse onluste en kuberaanval op Transnet.

“Dit is ’n terugslag vir ons. Ons grootste probleem is dat die vraghouers by die onderskeie haweterminale tans nie verskuif kan word nie omdat die terminale oorvol is. Sitrusboere is gevra om op te hou oes omdat daar nie kapasiteit is om verdere vragte te hanteer nie.”

Van der Rheede het gesê die bedryf het egter nog nie noemenswaardige verliese weens die krisis ervaar nie.

KAAPSTADHAWE

Mnr. David Maynier, Wes-Kaapse minister van finansies en ekonomiese geleenthede, het gister in ’n verklaring gesê hoewel dit verblydend is dat Transnet se IT-stelsels weer aanlyn kom, is daar Woensdag slegs 135 vraghouers verskuif en 25 verkoelde vragskepe in die hawe toegelaat, terwyl 400 invoer-vraghouers namens vrageienaars afgehaal is.

“Die feit bly staan dat die IT-onderbrekings ’n noemenswaardige impak op bedrywighede in die Kaapstadhawe gehad het. Dienslewering is ver onder die gemiddeld van meer as 2 000 vraghouers per dag.”

Hy het gesê weens die afgelope week se stilstand is die verskeping van meer as 10 000 vraghouers vertraag en twee vragskepe het verby Kaapstadhawe gevaar. Drie vragskepe, wie se vragte al afgehandel moes gewees het, is steeds by die vasmeerplek. Ses vragskepe wag vir toegang tot die vasmeerplek.Gure weer het ook ’n impak op bedrywighede by dié haweterminaal gehad.

“Uitvoer is uiters belangrik vir die Wes-Kaap se ekonomiese herstel. Hoewel ons die herstel van Transnet se IT-stelsels verwelkom, bly ons bekommerd oor die agterstande wat dit tot gevolg gehad het, veral aangesien dit ’n groter koste tot handeldryf veroorsaak.”

LOSPRYS VERMOEDELIK GEVRA

Me. Sonja Carstens, mediawoordvoerder van die United National Transport Union (Untu), het tydens die webinaar gesê hulle vermoed die kuberaanval is deur ’n goed georganiseerde internasionale misdaadsindikaat geloods.

Volgens Carstens is Transnet die enigste lewensvatbare staatsinstelling in Suid-Afrika en daarom was dit die teiken van die kuberkrakers se aanval. “Deur Transnet lam te lê, lê jy die hele Suid-Afrikaanse ekonomie lam. Dit was vermoedelik die kuberkrakers se doel en hulle het baie goed daarin geslaag.

“Dit kon ook nie op ’n slegter tyd vir Transnet gekom het nie, aangesien die maatskappy nog besig is om te herstel ná die onlangse onluste in KwaZulu-Natal en Gauteng.”

Mnr. Steven Ambrose, besturende direkteur by Atvance Intellect, het gesê die kuberaanval is waarskynlik geloods deur ’n maatskappy wat in kuberaanvalle spesialiseer en wêreldwyd kwesbare platforms soek waarop hy hom toespits. Sodra so ’n maatskappy ’n platform geïdentifiseer het, begin hy die nodige sagteware en stelsels ontwikkel om toegang daartoe te kry.

Ambrose het gesê volgens gerugte is die spesifieke kuberaanval op Transnet een wat alle data en dokumente sluit en die slagoffer in kennis stel dat hy teen ’n vasgestelde losprys sy data en dokumente kan terugkry.

Die enigste opsies wat die slagoffer van só ’n aanval het, is om die losprys te betaal of sy stelsels uit te vee en van voor af te installeer. Die slagoffer is dan nie noodwendig immuun teen ’n verdere aanval nie.

Ambrose het gesê Suid-Afrika is een van die drie kwesbaarste lande ter wêreld wat kuberaanvalle betref omdat baie maatskappye, veral staatsinstellings, se IT-platforms gefragmenteerd is en nie van die nuutste tegnologie en sagteware gebruik maak nie.

Aangesien kubermisdaad die algemeenste misdaad ter wêreld is, is dit volgens hom ook nie noodwendig ’n kwessie van of ’n kuberaanval sal plaasvind nie, maar eerder wanneer.

Mnr. Willem Jacobs, bedryfshoof van Barrick Gold Corporation in Afrika en die Midde-Ooste, het gesê hy is bevrees indien verskepingsmaatskappye besluit om eerder van ander lande se hawens gebruik te maak, dit tot die einde van Suid-Afrika se status as ’n ekonomiese supermag kan lei.

Jacobs het gesê daar is voorheen ’n groter poging aangewend om IT-stelsels te beskerm. Hy kan onthou dat groot geboue 30 jaar gelede opgerig is om personeel te huisves wat veral staatsinstellings se IT-stelsels beskerm, maar dat hierdie geboue nie eers meer bestaan nie.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.46
+0.5%
Rand - Pond
21.27
+0.3%
Rand - Euro
18.31
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.69
+0.8%
Rand - Jen
0.13
+1.3%
Goud
1,767.24
-1.7%
Silwer
22.22
-4.1%
Palladium
1,874.00
-1.4%
Platinum
999.50
-2.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,543
+0.5%
Alle aandele
74,693
+0.5%
Hulpbronne 10
74,781
+1.0%
Industriële 25
91,501
-0.1%
Finansiële 15
15,595
+1.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kok will Jou lewe bietjie geur gee
Ek is oop, spontaan, gemaklik, avontuurlustig en altyd n bok vir sports. Ek geniet die lewe en altyd n glimlag. Ek GLO die lewe kort altyd daai sprankel van n goeie humor sin.
Watter land volgende?
I am successful in business and love what I do. Looking for that special someone to share the sunsets with!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot