AFGRI
BEAN
29 Me
-
8625
-22,00
CORN
29 Me
-
4166
22,00
SOYA
29 Me
-
7934
-51,00
SUNS
29 Me
-
8330
-13,00
WEAT
29 Me
-
6620
104,00
WMAZ
29 Me
-
3674
-4,00
YMAZ
29 Me
-
3808
5,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
0,65
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

Transnet wil alles moontlik doen om landbou te help

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Kaapstad-hawe. Foto: Liana Mocke
Kaapstad-hawe. Foto: Liana Mocke
Transnet het tydens Agri SA se kongres onderneem om na die landbou se behoeftes te luister en te probeer help.

Daar is groot geleenthede vir Transnet en die landbou om saam te werk. Hulle is baie dankbaar vir die verhouding wat reeds gebou is en die feit dat hulle gereeld kan ontmoet al verskil hulle soms van mekaar, sê me. Portia Derby, uitvoerende hoof van Transnet.

Sy het as ’n spreker op Agri SA se jaarkongres in Pretoria gesê dit is van deurslaggewende belang om die landbousektor te ondersteun, nie net in die landbou se belang nie, maar ook in die belang van Transnet en Suid-Afrika.

“Soos almal, hou ons die staking van Transnet-werkers bekommerd dop en ons hoop werklik dat daar spoedig ’n oplossing sal wees. Ek weet daar is mense wat glo hierdie is die tipe van staking waar ons maar moet toegee en betaal wat nodig is, maar ons het die verantwoordelikheid om Transnet se geldelike situasie om te keer en te sorg dat die onderneming volhoubaar bly. Dit is nie volhoubaar as 66% van jou bedryfskoste vir arbeid gaan nie.”

Portia Derby
Me Portia Derby. Foto: Nico van Burick

Sy het gesê die volgende groot uitgawes is rente op skuld gevolg deur elektrisiteit en brandstof.

Van Transnet se kapitaalbeleggingsplan van R99 miljard oor die volgende vyf jaar sal 80% gaan aan die onderhoud van bestaande infrastruktuur en net 20% vir uitbreiding. Aan die uitbreidingskant sal R800 miljoen gaan vir vraghouers en R1 miljard vir algemene vragvervoer. Dit is uitbreidings waarby die landbou direk sal kan baat vind. Tog sal R27,3 miljard bestee word net om die agterstand met onderhoud aan infrastruktuur te probeer uitwis.

Derby het gesê om spoorvragvervoer meer toeganklik vir landbouprodukte te maak, moet die heropening van sytaklyne verhaas word. Verder is daar ook talle geleenthede vir private beleggings in treinwaens en vraghouers, wat gepaard gaan met konsessies op die spoorlyne en ook beleggings in die ontwikkeling van terminale by hawens.

Misdaad in landelike gebiede

Derby het gesê ’n terrein waarop Transnet in ’n groter mate met die landbousektor wil saamwerk, is met die bekamping van diefstal en vandalisme in landelike gebiede. Die areas waarin albei sektore die meeste onder misdaad deurloop, stem baie ooreen en daar was al verskeie vergaderings onderling oor polisiëring in die landelike gebiede.

Sy het gesê weens kabeldiefstal was daar in die 2020-’21-boekjaar ’n vervoerverlies van 3,6 miljoen ton goedere by Transnet en dit het in die 2021-’22-boekjaar met 67% opgeskiet tot 6 miljoen ton. “Dan praat ons nie van die duisende kilometer kabels wat gesteel word nie. Ek dink die jaarlikse syfer van kabeldiefstal wat ek verlede jaar gesien het, was sowat 1 500 km kabel.”

Daar is al oorweeg om na diesel oor te skakel, maar dit het eiesoortige probleme. Sy het gesê die jongste opsie is om van koperkabels oor te skakel na kabels wat geen herverkoopwaarde het nie. “Hierdie kabels sal ook geknip word, maar die misdadigers sal gou besef dit het geen markwaarde nie.”

Genoeg belegging in uitvoer?

Me. Wrenelle Stander, uitvoerende hoof van Wesgro, wat ook ’n spreker by die kongres was, het gevra of daar genoeg belê word in uitvoermededingendheid om die sektor volhoubaar te hou en verder te laat groei. “Suid-Afrika is reeds ’n internasionale landbou-kragreus en uitvoer hou die sleutel tot verdere groei.”

Sy het gesê daar is só baie om op trots te wees in die bedryf. “Suid-Afrika is naas Spanje die grootste uitvoerder van sitrus, Suid-Afrika is die leier op avokado- en makadamia-markte, Distell is die wêreld se tweede grootste vervaardiger van appelwyn en Suid-Afrika is die grootste verskaffer van vrugte aan onder meer Mauritius, Mosambiek, Namibië, Nigerië, Zambië, Botswana en vele ander. Suid-Afrika is ook die tweede grootste verskaffer van ingevoerde vrugte aan Brittanje en Nederland. Só kan ek aangaan.”

Sy het egter gewaarsku dat die res van die wêreld nie vir Suid-Afrika gaan wag nie. Daar is ’n gesamentlike visie nodig oor die toekoms en daar moet dringend saamgewerk word om dit te bereik. 

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.69
-0.2%
Rand - Pond
24.31
-0.1%
Rand - Euro
21.11
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.89
-0.6%
Rand - Jen
0.14
-0.5%
Platinum
1,026.11
-0.4%
Palladium
1,426.94
-0.2%
Goud
1,946.24
-0.0%
Silwer
23.25
-0.3%
Brent-ruolie
76.95
+0.9%
Top-40
71,627
+0.3%
Alle aandele
76,812
+0.3%
Hulpbronne 10
67,994
+0.8%
Industriële 25
106,595
+0.2%
Finansiële 15
14,616
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Tyd is kosbaar.
Het n positiewe uitkyk op die lewe (alhoewel realisties), geniet die natuur en om staproetes te stap, kweek plante as n stokperdjie ens.
Kom ons kyk.....
Ek is n baie liefdevolle mens wat hou van lag, en die lewe geniet. Baie lief vir reis, kosmaak, diere en kinders.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot