Trekkerverkope van 610 eenhede in Oktober is 9% laer as die 672 eenhede wat verlede Oktober verkoop is.
Trekkerverkope vir die jaar tot dusver is steeds ongeveer 12% laer as vir die ooreenstemmende tydperk verlede jaar. Stroperverkope van 10 eenhede vir Oktober is aansienlik laer as die 23 eenhede wat verlede Oktober verkoop is. Stroperverkope is nou 35% laer as verlede jaar.
Mnr. Lane Reynods, voorsitter vna die SA Landboumasjinerie-assosiasie, sê algemene somerreën het nog nie begin val nie en baie boere wag op reën voordat hulle begin met die aanplant van somergewasse. Totdat dit reën, sal boere aankope van kapitaaltoerusting terughou.
“Boere is versoek om dié seisoen minder mielies aan te plant en sekere landerye sal dus gebruik word vir die aanplant van ander somergewasse.
“Hoewel sekere van die fundamentele aspekte in die mark, soos oespryse en die weer ongunstig is, is daar steeds optimisme onder sekere rolspelers in die bedryf. Verwagtinge binne die bedryf vir verkope in die kalenderjaar van 2010, is steeds sowat 5 000 eenhede, ongeveer 10% laer as verlede jaar.
4 November 2010