Vaaltuin het ná die ren gesê hy rig self sy perd af en ry elke weekdag 32 km as voorbereiding. Hy neem sedert 2014 aan perde-uithouritte deel. Van die 286 perde en ruiters wat op 5 Julie by Fauresmith weggespring het, kon slegs 126 die driedagrit voltooi weens erg modderige toestande.
Mnr. Jakkie Mellet van Lydenburg was eerste in die swaargewig-kategorie en me. Melissa Mentz van Vryburg was die wenner in die standaardgewig-kategorie.