AFGRI
BEAN
28 Mrt
-
9704,8
87,80
CORN
28 Mrt
-
4540,4
45,40
SOYA
28 Mrt
-
8240
100,00
SUNS
28 Mrt
-
8710
57,00
WEAT
28 Mrt
-
6743
201,00
WMAZ
28 Mrt
-
3877
-11,00
YMAZ
28 Mrt
-
4082,40
12,40
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Trump kan lei tot handelsoorlog

Mnr. Donald Trump se oorwinning in die VSA se presidentsverkiesing kan wêreldhandel en die plaaslike landbou nadelig raak.

Die vraag is hoeveel van “kandidaat Trump” se verkiesingsbeloftes rakende internasionale handel “president Trump” gaan uitvoer, sê mnr. Peter Draper, ekonoom en besturende direkteur van Tutwa Consulting. Handelskwessies was ’n belangrike bepaler van Trump se sukses.

Mnr. Paul Drazek,’n Amerikaanse handel-en-landboubeleidskenner, het gesê hy vrees Trump “sal dit as ’n teken van swakheid beskou om op sy verkiesingsbeloftes terug te gaan”. Hy en Draper sê die Amerikaanse president hou baie mag oor handelskwessies.

Draper sê as Trump sy verkiesingsbeloftes uitvoer, kan dit ’n “massiewe internasionale handelsoorlog” ontketen. Hy het onder meer belowe om invoertariewe op produkte uit China tot 45% en uit Meksiko tot 35% te verhoog.

Mnr. Mike Schüssler, ekonoom en direkteur van Economists.co.za, sê so iets “sal ’n groot invloed hê op goedere, soos staal wat Suid-Afrika na China uitvoer, omdat China op sy beurt beperk sal word om na die wêreld se grootste ekonomie uit te voer”.

Volgens Schüssler sal ’n beperking van wêreldhandel sleg wees vir die wêreldekonomie en kommoditeitspryse afdwing. “Vir ons welsyn is uitvoermarkte baie belangrik en dit sal ons knou.”

Schüssler sê Trump kan egter nie net ooreenkomste opskeur nie en hy verstaan dalk nie Amerikaanse nywerhede se afhanklikheid van ingevoerde goedere uit China nie. Die groot probleem met Trump is dat hy net na binne kyk en nie na die res van die wêreld nie, sê Schüssler.

Hy dreig dat Amerika uit die Wêreldhandelsorganisasie sal tree as hy nie sy sin kry nie. Draper sê so ’n stap sal die wêreldwye handelsraamwerk aftakel en saam met die voortgesette finansiële resessie is dit ’n resep vir ’n internasionale depressie.

Mnr. Wandile Sihlobo, hoof van ekonomiese en landbousake-inligting by Agbiz, sê die internasionale sentiment jeens Trump sal waarskynlik negatief wees weens onsekerheid oor sy beleidsrigting. In Trump se eerste toespraak “het hy meer gematig oorgekom as ’n mens dit vergelyk met sy uitlatings tydens die verkiesingsveldtog. Dit het tot groter kalmte in die finansiële markte gelei.”

Sihlobo voorsien geen onmiddellike veranderinge of bedreigings vir Suid-Afrika se handel met Amerika nie. “Ooreenkomste soos Agoa (die Amerikaanse wet op groei en geleenthede in Afrika) is aan tydperke gekoppel en kan nie oornag verander word nie.”

Mnr. Donald MacKay, direkteur van XA International Trade Advisors, is bekommerd dat Suid-Afrika se Agoa-deelname meer dikwels, “sonder rasionele rede”, onder die loep kan kom. Mnr. Heinrich Krogman, navorser by Tutwa Consulting, skryf in ’n blog Suid-Afrika sal Amerika dalk openlik kritiseer oor Trump se openlike vooroordele.

Gegewe die gespanne verhouding tussen die twee lande kan dit tot Suid-Afrika se uitsluiting uit Agoa lei. Schüssler sê as Suid-Afrika uit Agoa geskop word, sal pluimveeprodusente dalk bly wees, maar dit sal die landbou in die algemeen skaad.

Mnr. Christo Joubert, senior navorser by die Nasionale Landboubemarkingsraad, is meer optimisties. Hy sê Trump se beleid “kan die uitvoer van Suid-Afrikaanse landbouprodukte wat nié met Amerikaanse produkte meeding nie, bevorder mits Suid-Afrika se steunwerwers goeie werk daaroor doen”.

  • Dié berig is deur Carien Kruger en Nico van Burick saamgestel.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.16
+0.8%
Rand - Pond
22.41
+0.4%
Rand - Euro
19.69
+0.4%
Rand - Aus dollar
12.18
-0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.3%
Platinum
963.03
-0.5%
Palladium
1,420.35
+1.0%
Goud
1,973.05
+0.8%
Silwer
23.34
+1.1%
Brent-ruolie
78.12
+4.0%
Top-40
70,445
+0.9%
Alle aandele
76,047
+1.0%
Hulpbronne 10
66,460
+2.3%
Industriële 25
102,327
+0.1%
Finansiële 15
15,628
+1.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Leweslustig ,Geniet die lewe
Lewenslustig. Hou van 4×4. Asook kamp. Dans graag. Baie vriendelik en spontaan. Diere tans friesperde asook miniatuurperde en 3 yorkies. Braai graag asook fliek en vertonings...
Kom ons sien wat die toekoms inhou..
Saggeaard met 'n passie vir my medemens, ambiseus en geniet die mooi in die lewe. Altyd gereed vir 'n nuwe uitdaging.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot