AFGRI
BEAN
23 Mrt
-
9660
-325,00
CORN
23 Mrt
-
4390
-69,00
SOYA
23 Mrt
-
8245
-213,00
SUNS
23 Mrt
-
8600
-500,00
WEAT
23 Mrt
-
6340
-126,00
WMAZ
23 Mrt
-
3870
-79,00
YMAZ
23 Mrt
-
3976
-143,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Twee dood toe oproeriges glo werk soek

akkreditasie
Ter illustrasie. Foto: Liza Bohlmann
Ter illustrasie. Foto: Liza Bohlmann
Twee mense is doodgeskiet en ’n boer het skedelbreuk opgedoen toe lede van die Dirkiesdorp-gemeenskap verlede Vrydag na bewering tydens ’n onwettige optog op ’n plaas in die omgewing toegesak het.

Luidens ’n verklaring deur mnr. Robert Davel, uitvoerende hoof van Mpumalanga Landbou, het die eienaar van die plaas waarop die onwettige protesoptrede gemik was, ’n noodoproep om hulp na sy bure gestuur toe hy voel die lewe van sy bestuurder en werkers was in gevaar.

Beeld berig dat mense uit die gemeenskap dié grondeienaar al geruime tyd teister deur werk te eis. ’n Groep van omtrent 25 mans het na bewering Vrydag weer by die plaas opgedaag.

’n Skermutseling het gevolg waartydens verskeie boere ernstig beseer is. Een boer het ’n skedelbreuk opgedoen en moes reeds twee keer geopereer word. ’n Ander, mnr. Danie Malan, het ook ’n ernstige kopwond opgedoen.

Malan is saam met drie ander boere in hegtenis geneem op klagte van moord en aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Een van die protesgangers het Malan na bewering met ’n knopkierie oor die kop geslaan. Boere het sy aanvaller in hegtenis geneem terwyl hulle op die polisie en ’n ambulans vir Malan gewag het.

Kort voor die polisie op die toneel opgedaag het, is twee broers, mnre. Amos en Zenzele Choka, wat deel was van die protesgangers, doodgeskiet.

WILDE SKIETERY

Volgens Beeld het ooggetuies gesien hoe een van die Choka-broers ’n boer met ’n ysterstaaf oor die kop slaan en sy vuurwapen optel nadat die boer inmekaar gesak het. Hy het glo wild en wakker begin skiet. Hy het sy broer raakgeskiet voordat een van die boere die skieter uit noodweer geskiet het.

Die vier boere wat in hegtenis geneem is, moet op 19 April weer in die hof verskyn.

“Ons dra geen kennis van enige optoggangers wat aangekeer is vir die onwettige optog nie,” sê Davel. “Mpumalanga Landbou betreur die lewensverlies en die gepaardgaande ernstige beserings aan mense tydens die voorval. Ons ondersteun egter die beskerming van lewens en eiendom teen aggressiewe misdadigers.”

Mpumalanga Landbou het onderneem om die afwesigheid van ’n gespesialiseerde eenheid van die SA Polisiediens by so ’n plofbare situasie te ondersoek en het reeds, onder die vaandel van die forum vir landbou in Mpumalanga, ’n dringende vergadering met mnr. Mandla Msibi, die nuutaangestelde LUR vir landbou, landelike ontwikkeling, grondsake en omgewingsake, aangevra om die voorval te bespreek.

“Alle belanghebbendes moet alles in hul vermoë doen om die oorsake van konflik, wat lei tot sulke voorvalle, te voorkom. Ter wille van ’n vreedsame en stabiele omgewing, waarin boere en plaaswerkers kan voortgaan met hul belangrike taak om voedsel te produseer, word die publiek versoek om nie gevolgtrekkings te maak uit onbevestigde inligting en om nie onbevestigde nuus te versprei nie,” sê Davel.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
+1.2%
Rand - Pond
22.23
+0.9%
Rand - Euro
19.60
+1.3%
Rand - Aus dollar
12.10
+1.1%
Rand - Jen
0.14
+0.7%
Platinum
982.13
-0.3%
Palladium
1,424.44
-1.3%
Goud
1,991.67
-0.1%
Silwer
23.07
-0.2%
Brent-ruolie
75.91
-1.0%
Top-40
70,066
+0.4%
Alle aandele
75,585
+0.5%
Hulpbronne 10
65,190
-0.9%
Industriële 25
102,646
+0.9%
Finansiële 15
15,424
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou lewe vereik
Ek stel belang in haar lewe. Ek het baie baie liefde Om te gee. Bereid Om by haar aan te pas en te leer
Nie net n goeie mamma,Kan n goeie vriendin ook wees
Want Ek is opregte mense. Het baie seer gekry. Ek is reguit mens. Ek is Altyd vriendelik en gee my Al's. Ek Hou daar van Om Saam mense te lag en sports te Kan hê. Ek Kyk...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot