Een van die opspraakwekkendste twiste was toe Agri Enterprises, Agri SA se ontwikkelingsfiliaal, in Oktober bekend gemaak het dat hy 751 nuwe veeboere opgelei het met onder meer R15 miljoen geldelike hulp wat deur die staat se landbou-opleidingsagentskap AgriSeta beskikbaar gestel is.
Die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) het kort daarna bekend gemaak dat hy voorwaardelik as lid van Agri SA bedank tot daar ooreengekom kan word dat Agri Enterprises nie in die veebedryf se huishoudelike sake sal inmeng nie.
Ná ’n vergadering tussen die RPO, Agri SA, die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) en die Melkprodusente-organisasie (MPO) het hulle in ’n gesamentlike verklaring gesê ’n ooreenkoms is bereik.