AFGRI
BEAN
30 Mrt
-
9822
48,00
CORN
30 Mrt
-
4145
-6,00
SOYA
30 Mrt
-
8640
-25,00
SUNS
30 Mrt
-
8780
-39,00
WEAT
30 Mrt
-
6695
16,00
WMAZ
30 Mrt
-
3846
-5,00
YMAZ
30 Mrt
-
4021
-6,00
Deel

‘Tyd vir spesiale behandeling van myne verby’

Die Sentrum vir Omgewingsregte het die minister van Minerale Hulpbronne versoek om omgewingsregulasies vir myne aan te pas.

Die Sentrum vir Omgewingsregte het gister (6 April) die minister van Minerale Hulpbronne versoek om alle omgewingsregulasies vir myne in ooreenstemming te bring met omgewingsregulasies wat op ander nywerhede in Suid-Afrika van toepassing is.


Volgens me. Melissa Fourie, uitvoerende direkteur van die Sentrum vir Omgewingsregte in Kaapstad, het hulle ’n gedetailleerde voorlegging oor die hersiening en voorgestelde wysiging van die Wet op die Ontwikkeling van Minerale en Petroleumbronne namens 13 nie-regeringsorganisasies aan die minister gemaak.


Volgens Fourie het die departement van Minerale Hulpbronne, ten spyte van versoeke van omgewingsorganisasies, net die myn- en arbeidsektore geraadpleeg.


Verder kan die minderwaardige omgewingsbestuurstelsel vir die mynbedryf nie langer geregverdig word in ’n demokratiese samelewing nie, en veral nie in die lig van Suid-Afrika se internasionale en nasionale verbintenisse tot die beskerming van die omgewing en ’n “groen” ekonomie nie.


“Die gevolge van voortgesette spesiale behandeling vir myne is nie tot voordeel van die land, die mynbedryf, mynwerkers of myngemeenskappe nie. Dit is tyd dat die mynbedryf ook voldoen aan die reëls wat ander nywerhede geld.”


Fourie sê hul versoek is nie om myne te opponeer nie, maar eerder om te verseker dat voldoende impakstudies en die versagting van skadelike impakte plaasvind binne redelike tydperke vóórdat prospektering en mynbedrywighede begin.


Hulle wil ook seker maak dat dit opgevolg word met voorspelbare monitering van die vereistes en sterk wetsafdwinging waar gevind word dat daar nie aan die vereistes voldoen word nie.


“Dit is die enigste manier om te verseker dat verantwoordelike omgewingspraktyke by myne gevolg word.”


Die volledige voorlegging kan hier gelees word.


6 April 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.82
+1.6%
Rand - Pond
22.07
+1.0%
Rand - Euro
19.43
+1.0%
Rand - Aus dollar
11.96
+1.2%
Rand - Jen
0.13
+1.4%
Platinum
986.00
+1.8%
Palladium
1,457.22
+0.6%
Goud
1,980.94
+0.9%
Silwer
23.90
+2.5%
Brent-ruolie
78.28
-0.5%
Top-40
71,089
+0.3%
Alle aandele
76,705
+0.3%
Hulpbronne 10
67,517
+1.3%
Industriële 25
103,222
-0.1%
Finansiële 15
15,634
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Spontaan en lief vir kamp en road trips
Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
Liefte is n wenner!
Hou van nuwe plekke sien dinge saam doen, saam lag en net memories maak ek wil settle en is ernstig daaroor.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot