AFGRI
BEAN
02 Jun
-
9580
0,00
CORN
02 Jun
-
4677
0,00
SOYA
02 Jun
-
7767
0,00
SUNS
02 Jun
-
8137
0,00
WEAT
02 Jun
-
6670
0,00
WMAZ
02 Jun
-
3681
0,00
YMAZ
02 Jun
-
3802
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
53,82
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

Uiters hoë brandgevaar in die Vrystaat die naweek

akkreditasie
Brandbestryders probeer ‘n brand onder beheer bring by Zastron in die Vrystaat in 2016. Foto: Kobus Breytenbach
Brandbestryders probeer ‘n brand onder beheer bring by Zastron in die Vrystaat in 2016. Foto: Kobus Breytenbach
Uiters hoë brandgevaartoestande heers die naweek oor veral die westelike en suidelike dele van die Vrystaat, waarsku die provinsiale sambreel-organisasie vir brandverenigings.

Boere en lede van die publiek word versoek om uiters versigtig te wees met enige aktiwiteite wat veldbrande kan veroorsaak, veral tydens winderige toestande.

Die waarskuwing volg nadat ’n hewige veldbrand verlede naweek meer as 70 000 ha in die omgewing van Boshof afgebrand het. Volgens aanvanklike ondersoeke is die brand veroorsaak deur ’n braaivuur by ’n piekniekplek langs die R64 wat buite beheer geraak het. 

Brandtyd nog nie op ’n einde

Mnr. Johann Breytenbach, hoofbestuurder van die Vrystaatse sambreel-organisasie vir brandverenigings, sê weens die droë toestande is die brandtyd in groot dele van die provinsie nog nie verby nie. “Die reën wat op Donderdagaand 11 Januarie oor dele van die provinsie voorgekom het, was baie kol-kol. Op plekke is tot 40 mm gemeet, terwyl by Dewetsdorp slegs ’n paar druppels geval het.

“Die weerstoestande maak dit baie waarskynlik dat gebiede wat die afgelope maand ’n lae of geen brandrisiko gehad het, weer ’n tydperk van hoë brandgevaar kan ervaar. Wees asseblief versigtig en slaan ag op die brandwaarskuwings en heersende weerstoestande,” sê Breytenbach.

Boere word gevra om ook paraat te wees tydens weerstoestande waar weerlig met min reën kan voorkom, aangesien die weerlig die veld maklik aan die brand kan steek.

Risiko’s

Van die risiko’s wat die vereniging al aan boere en lede van die publiek deurgegee het, sluit in om nie sigaretstompies by voertuie uit te gooi nie, want dit kan die gras langs paaie aan die brand steek. Oop vure moet sover moontlik beperk word, veral op winderige dae. 

Verder word boere gevra om enige probleme met kragdrade betyds aan te meld sodat moontlike kortsluitings en gevolglike brande voorkom kan word. Bome of takke wat rondom kragdrade voorkom, kan ook brande veroorsaak. Dit moet verwyder word. 

Boere moet instandhoudingswerk in die veld op warm en winderige dae liefs tot ’n minimum beperk aangesien vonke van werk met elektriese toestelle die veld aan die brand kan steek. Verder is dit belangrik dat ’n gebied waar ’n brand voorgekom het, vir 12 uur daarna steeds gemonitor moet word, want boomstompe kan nog lank smeul en weer vlam vat as winderige toestande voorkom.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.51
+0.6%
Rand - Pond
24.30
+0.0%
Rand - Euro
20.93
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.90
-0.0%
Rand - Jen
0.14
-0.0%
Platinum
1,003.50
0.0%
Palladium
1,420.36
0.0%
Goud
1,948.15
0.0%
Silwer
23.63
0.0%
Brent-ruolie
76.13
+2.4%
Top-40
71,993
+1.9%
Alle aandele
77,126
+1.7%
Hulpbronne 10
70,299
+1.9%
Industriële 25
105,036
+2.0%
Finansiële 15
14,803
+1.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kyk versigtig rond ...
Hallo! Dankie dat jy die moeite doen om na my profiel te kyk! Ek is n hanetree van die groot 50. So om aktief te bly geniet ek dit om te draf en te swem. Ek geniet ook tyd in...
Its me :-)
Ek is Wie ek is Ek gee nie voor nie Hou van grappies Love kinders Mal oor die lewe Positief
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot