AFGRI
BEAN
29 Nov
-
9088
0,00
CORN
29 Nov
-
4478
0,00
SOYA
29 Nov
-
10270
0,00
SUNS
29 Nov
-
11308
0,00
WEAT
29 Nov
-
6694
0,00
WMAZ
29 Nov
-
5387
0,00
YMAZ
29 Nov
-
5111
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Uitspraak bring duidelikheid oor vergoeding vir grond

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Johan Norval
Foto: Johan Norval
’n Hofuitspraak het onlangs markwaarde as vergoeding vir grond wat vir grondhervorming gekoop word, in die kollig geplaas.

’n Onlangse hofuitspraak sal hopelik ’n einde bring aan die waardeerder-generaal (WG) se praktyk om ’n waardasieformule, waarvan die huidige gebruikswaarde van grond ’n element is, as ’n algemene reël op boerdery-eiendomme toe te pas.

Op 11 Februarie vanjaar het die Grondeisehof uitspraak gelewer in die saak van die Moloto-gemeenskap vs die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling en ander, waar die departement van voorneme was om die grondeienaars van die plaas Jakkalsdans ’n vergoedingsbedrag te betaal wat veel minder as die markwaarde van die grond was. Hierdie dispuut oor die vergoedingsbedrag het beteken dat die Moloto-gemeenskap etlike jare nadat hul resitusie-eis goedgekeur is, steeds wag daarop wag dat hul grondregte herstel word.

Die hof het beslis, dat, op die feite van hierdie saak markwaarde, aangepas in ooreenstemming met inflasie, regverdige en billike vergoeding daarstel.

Die plaas wat in nege stukke landbougrond verdeel is, is noord van Pretoria.

Die Wet op Eiendomswaardering (Wet 17 van 2014) het in Augustus 2015 in werking getree, wat dit moontlik gemaak het vir die aanstel van ’n grondwaardeerder-generaal wat grond moet waardeer wat vir onteiening geoormerk is én dié wat vir grondhervorming geïdentifiseer is. Die staat het aangevoer so ’n waardeerder-generaal is noodsaaklik om te verseker dat grondpryse nie buitensporig verhoog word wanneer hy grond vir grondhervormingsdoeleindes aankoop nie.

Volgens die regulasies wat ingevolge hierdie wetgewing uitgevaardig is, stel die WG die waarde van die eiendom wat vir die doeleindes van grondhervorming aangekoop word, vas deur onder meer die huidige gebruikswaarde en die markwaarde van die eiendom bymekaar tel en die syfer deur twee deel.

Moloto-hofsaak

Me. Annelize Crosby, hoof van regsintelligensie by Agbiz, het die hofsaak ontleed en meen dit is ’n belangrike mylpaal rakende die hof se interpretasie van artikel 25(3) van die Grondwet, wat groter duidelikheid bring oor die bepaling van die vergoeding wat betaalbaar is wanneer grond vir grondhervormingsdoeleindes geneem word.

Sy wys uit die WG het ’n bepaalde interpretasie van regverdige en billike vergoeding gegrond op ’n formule wat in die regulasies ingevolge die Wet op Eiendomswaardering ingeskryf is.

Hierdie formule wat wyd toegepas word, maak gebruik van die sogenoemde huidige gebruikswaarde van die eiendom.

Die gevolg is dat die toepassing van die formule dikwels veroorsaak dat grondeienaars baie minder as markwaarde vir hul grond kry. In die Moloto-saak is die grondeienaars gemiddeld 33,7% minder as die markwaarde aangebied. Volgens die formule van die WG moet ’n waarde geplaas word op sowel die markwaarde as die waarde van die voordelige gebruik van die eiendom. Die huidige gebruikswaarde verteenwoordig die waarde geheg aan die voordelige gebruik van die eiendom (dit word ook die inkomste-benadering genoem). Hierdie twee waardes word dan saamgetel en deur twee gedeel en dan kan aftrekkings gemaak word vir aanskaffingsvoordele of ander faktore.

Crosby wys uit dat verskeie kenners in die hof getuig het, insluitend dr. Saul du Toit, ’n ervare waardeerder van landbougrond, en dr. Kobus Laubscher, ’n landbou-ekonoom. Laubscher het onder meer getuig oor die sistemiese ekonomiese impak van ’n benadering wat afwyk van markwaarde in gevalle waar banke lenings verseker op sterkte van waardasies.

Die hof het egter gevind dat geen bewyse teenwoordig is dat enige van die betrokke eiendomme onderhewig was aan ’n verband nie. Die hof het spesifiek na die vraag gekyk of ’n syferwaarde geheg kan word aan die huidige gebruik van die eiendom. Ook watter rol die huidige gebruikswaarde van die eiendom moet speel om by regverdige en billike vergoeding uit te kom. Die hof het bevestig dat ’n syferwaarde wel geheg kan word aan die huidige gebruik van die eiendom. Die hof meen die kontekstuele benadering tot artikel 25(3) wat in die Du Toit-saak gevolg is, is die korrekte manier om die artikel te interpreteer.

Regter Susannah Cowen het bevind dat konteks altyd saak maak en dat ’n oorweging in die omstandighede waarin die onteiende grond gebruik word, kan help met die verstaan van die balans tussen openbare en private belange. “Dit is nie ontoelaatbaar om ’n finansiële waarde aan huidige gebruik te heg nie.”

Die hof het egter aangedui dat ‘n formulistiese benadering nie help nie.

Die hof het ook erken dat die inkomste-benadering, volgens kenners, nie op plase en kleinhoewes toegepas behoort te word nie.

Du Toit-saak

In die uitspraak van die Grondwethof in 2005 in die saak van Du Toit vs die minister van vervoer is belangrike riglyne rakende die interpretasie van artikel 25(3) neergelê, sê Crosby. Hoewel hierdie saak eerder gegaan het oor die onteiening van gruis as grond en die doel van die onteiening die bou van ’n pad en nie grondhervorming was nie, kan dit steeds beskou word as ’n baie belangrike mylpaal in die toepassing van artikel 25(3).

Die hof het beslis dat die vergoedingsbedrag moet voldoen aan die standaarde van wat regverdig en billik. Dit moet ook ’n gelyke balans weerspieël tussen die belang van die publiek en diegene wat deur die onteiening geraak is. Hierdie standaarde wat artikel 25(3) voorskryf, is onafwysbaar en elke vergoedingsbedrag waarop ooreengekom of op besluit word deur die hof, moet daaraan voldoen.

Die hof het elkeen van die lys faktore soos aangedui in artikel 25(3) oorweeg om te bepaal of die faktore van toepassing is in die saak voor hom. Die hof het benadruk dat hierdie benadering met die nodige versigtigheid toegepas moet word.

Die hof het beklemtoon dat al die faktore ewe veel gewig dra, hoewel die vertrekpunt van die som wat gemaak word om by regverdige en billike vergoeding uit te kom, markwaarde is.

As daar nie oortuigende getuienis wees dat daar aftrekkings van markwaarde gedoen moet word nie, is markwaarde billike en regverdige vergoeding. Die waardeerder-generaal kon nie die hof oortuig dat sy formule toepaslik of billik was onder die omstandighede nie.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.08
+0.5%
Rand - Pond
20.53
-0.0%
Rand - Euro
17.74
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.45
-0.2%
Rand - Jen
0.12
+0.3%
Goud
1,751.77
+0.6%
Silwer
21.30
+1.7%
Palladium
1,876.25
+1.5%
Platinum
1,005.00
+1.2%
Brent-ruolie
83.19
-0.5%
Top-40
66,994
0.0%
Alle aandele
73,368
0.0%
Hulpbronne 10
70,795
0.0%
Industriële 25
88,376
0.0%
Finansiële 15
16,389
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Goeie
Goeie sin vir himor, baie eerlik, hou van die bosveld dan die see en wil net mens wees. en lewe nie alleen oud word Nie.
Son en see mens.
Eks stil en op my plek. Praat met diere darem nog nie met my self nie. Hou van berg klim en fiets ry. Visvang en rugby glad nie my ding nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot