
Só
sê Agri SA en die Suid-Afrikaanse vereniging van watergebruikersverenigings
(Saafwua) nadat die hof die appèl deur die departement van water en sanitasie
met koste van die hand gewys het.
Die twee organisasies sê in ’n gesamentlike verklaring die hof het nou finaal beslis dat houers van waterregte hul waterregte mag oordra ooreenkomstig die bepalings van die Nasionale Waterwet (Wet 36 van 1998). Die hof het ook bevestig dat om vergoeding te ontvang vir die oordrag van watergebruikersregte, nóg verbode nóg onwettig is in Suid-Afrika.
“Die vermoë om sodanige regte te kan oordra van een mens na ’n ander, en van een eiendom na ’n ander, is noodsaaklik wat betref die doeltreffende gebruik van water, die waarde van plaasgrond en eiendomsregte in die algemeen,” sê mnr. Janse Rabie, Agri SA se uitvoerende beampte van regs- en beleidsake. “Die uitspraak is ’n regverdiging van die volgehoue verset teen die regering se verbete aanslag op eiendomsregte.”
Die saak, bekend as die Lötter-, Wiid- en Saafwua-saak, spruit voort uit ’n omsendbrief van die departement in Januarie 2018 waarvolgens watergebruiksregte nie meer oorgedra kon word nie.
Volgens mnr. Nic Knoetze, uitvoerende hoof van Saafwua, het dié organisasie en Agri SA in dieselfde jaar besluit om vir ’n verklarende hofbevel te vra omdat die departement se interpretasie van artikels 25 (1) en 25 (2) van die wet ’n nadelige uitwerking gehad het op watergebruikers, oftewel besproeiingsboere, asook watergebruikersverenigings en besproeiingsrade.
“Die gunstige beslissing deur die Grondwethof stel dus watergebruikersverenigings en besproeiingsrade in staat om water op plaaslike vlak doeltreffend en volhoubaar te bestuur,” sê Knoetze.
Agri SA het die Lötter- en Wiid-sake vanuit die staanspoor ondersteun en gefinansier.
Mnr. Jaco Minnaar, voorsitter van Agri SA, bedank die applikante en hul regspanne en wens hulle geluk “dat hulle koers gehou het met die belangrike saak. Die Grondwethof se beslissing sal die landbousektor op verskeie fronte tot voordeel strek. Agri SA sal volhou om met die regering te skakel en hom te beïnvloed om ’n regulatoriese en beleidsomgewing en samelewing te skep waarbinne al ons boere suksesvol kan wees.”Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.