Suid-Afrika se pluimveebedryf voer jaarliks 26 000 ton hoendervleis van R622 miljoen uit, maar daar is aansienlike ruimte vir uitbreiding, volgens mnr. Izaak Breitenbach, hoofbestuurder van die braaihoenderorganisasie van die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging (SAPV).
Hy het onlangs deelgeneem aan ’n debat oor die stand van die meesterplan vir die pluimveebedryf, waartydens verskeie struikelblokke en geleenthede in die bedryf bespreek is.
“Die bedryf moet strategies begin kyk na die uitvoer van hoendervleis. Tegnologiese vooruitgang maak dit nou vir ons makliker om uit te voer.