AFGRI
BEAN
30 Mrt
-
9822
48,00
CORN
30 Mrt
-
4145
-6,00
SOYA
30 Mrt
-
8640
-25,00
SUNS
30 Mrt
-
8780
-39,00
WEAT
30 Mrt
-
6695
16,00
WMAZ
30 Mrt
-
3846
-5,00
YMAZ
30 Mrt
-
4021
-6,00
Deel

Uitvoer van pluimvee opgeskort

Die uitvoer van alle pluimvee is opgeskort nadat die avian influenza-virus by volstruise op ’n plaas naby Oudtshoorn gevind is.

Die uitvoer van alle pluimvee is opgeskort en alle uitgevoerde volstruisvleis van die begin van Februarie sal herroep word nadat die avian influenza-virus (H5N2) by volstruise op ’n plaas naby Oudtshoorn gevind is.


Zimbabwe het reeds sy grense vir die invoer van hoenders van Suid-Afrika gesluit. Die pluimveebedryf het die opskorting aan Landbouweekblad bevestig.

Die H5N2-stam van die avian influenza-virus is verlede week bevestig nadat 100 van die 5 754 voëls op die plaas gesterf het.


Die slag van dié duisende volstruise het verlede week begin. Die H5N2-stam van die virus is nie gevaarlik vir mense nie. Me. Tina Joemat-Pettersson, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, het in haar departement se begrotingstoespraak gesê beheer oor bewegings binne ’n 10 km-radius van die plaas is ingestel en intensiewe waarneming word volgehou om die omvang van die uitbreking vas te stel.


Sy het gesê die opskorting van uitvoer is ’n jammerte en dat gebiede vry van die siekte so gou moontlik ingestel gaan word sodat pluimvee uitgevoer kan word.

Nadat die voorkoms van die virus deur ’n roetine-inspeksie bevestig is, het die Suid-Afrikaanse Volstruisbesigheidskamer (SAVBK) ’n selfopgelegde verbod op die uitvoer van volstruisvleis en die slag en beweging van volstruise geplaas.


Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye het verder ’n verbod op die beweging van voëls in die volstruisfamilie ingestel. Dit mag slegs onder dekking van ’n Rooikruis-permit beweeg word. Die aanwesigheid van die virus is ook by die Europese Unie en die Internasionale Organisasie vir Dieregesondheid (OIE) aangemeld.


Mnr. Chris Schutte, uitvoerende hoof van Astral Foods, het bevestig dat Zimbabwe hoenderuitvoer weens die virus opgeskort het. ‘‘Dit sal ’n die totale produksieproses in die land benadeel. Ons hoop die minister sal ook na die invoer van hoenders kyk, want dit is besig om rekordgetalle aan te neem.”


Die invoer van hoender is naby aan 30 000 ton per maand, wat sowat 6 miljoen slaghoenders per week is. In die land word nagenoeg 18,5 miljoen hoenders per week geslag en invoer is gelykstaande aan nog 5,5 miljoen hoenders per week.

Hy meen die instelling van ’n totale verbod op die uitvoer van pluimvee is drasties.


“Die siekte is 2 000 km van ons geïdentifiseer.” Hy gee toe dat lande dit doen om hulself te beskerm, want dit is beter om self ’n verbod te plaas as wat die OIE dit doen.


Huidiglik is hoenderpryse laer as die gemiddelde van die afgelope drie jaar.

Mnr. Kevin Lovell, hoofbestuurder van die Suider-Afrikaanse Pluimveevereniging, het gesê dis die keuse van die ander land om te besluit of hy goedere sal toelaat wanneer daar ’n uitbreking is.


“Zimbabwe soek enige moontlike rede om handel tussen die twee lande te staak, want ons produksiekoste is laer as syne.”


Mnr. Anton Kruger, hoof uitvoerende beampte van die Suid-Afrikaanse die SAVBK, het aan Landbouweekblad gesê dat die boer wie se volstruise van kant gemaak moes word, markverwant vergoed sal word.


Die meer as 5 000 karkasse word tot as 7 grade celsius verkoel en tot troeteldierkos of karkasmeel verwerk. Die vel en vere gaan deur chemiese prosesse en kan dus gebruik word.


Die bedryf en die staat het hier ingegryp om te verseker dat die boer ‘n uitkoms het, het Kruger aangedui. Die opskorting van uitvoer kos die volstruisbedryf maandeliks R108 miljoen.


19 April 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.82
+1.6%
Rand - Pond
22.07
+1.0%
Rand - Euro
19.43
+1.0%
Rand - Aus dollar
11.96
+1.2%
Rand - Jen
0.13
+1.4%
Platinum
986.00
+1.8%
Palladium
1,457.22
+0.6%
Goud
1,980.94
+0.9%
Silwer
23.90
+2.5%
Brent-ruolie
78.28
-0.5%
Top-40
71,089
+0.3%
Alle aandele
76,705
+0.3%
Hulpbronne 10
67,517
+1.3%
Industriële 25
103,222
-0.1%
Finansiële 15
15,634
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Spontaan en lief vir kamp en road trips
Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
Liefte is n wenner!
Hou van nuwe plekke sien dinge saam doen, saam lag en net memories maak ek wil settle en is ernstig daaroor.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot