“Verhoudings met kliënte is noodsaaklik om markaandeel te behou en aan te hou groei,” sê dr. Kandas Cloete, ’n senior ontleder by die buro vir voedsel- en landboubeleid (BFAP).
Verskeie uitvoerbedrywe, soos steenvrugte, tafeldruiwe, kernvrugte, sitrus, avokado’s en wyn, kan deur die staking geraak word, maar die volume wat geraak word, word grootliks bepaal deur hoe lank die staking voortduur.
Stand van sake in die bedrywe