AFGRI
BEAN
17 Jan
-
7800
20,00
CORN
17 Jan
-
3664,8
22,80
SOYA
17 Jan
-
7875
-52,00
SUNS
17 Jan
-
8980
48,00
WEAT
17 Jan
-
5898
55,00
WMAZ
17 Jan
-
3595
35,00
YMAZ
17 Jan
-
3720
38,00
AMT
Beeste A2/3
07 Jan
-
55,55
-1,06
Beeste AB2/3
07 Jan
-
53,84
-0,97
Beeste B2/3
07 Jan
-
51,83
-1,13
Beeste C2/3
07 Jan
-
47,03
0,97
Bevrore Hoender
07 Jan
-
29,37
0,87
Bokkies (onder 30 kg)
07 Jan
-
60,79
-1,75
Bokooie
07 Jan
-
44,43
0,22
Groot (meer as 40 kg)
07 Jan
-
42,4
-6,15
Hoender (IQF)
07 Jan
-
27,73
1,73
Medium (30-40kg)
07 Jan
-
54,52
2,25
Pork Average
07 Jan
-
28,77
0,80
Poultry Average
07 Jan
-
29,2
1,37
Skaap A2/3
07 Jan
-
82,4
-1,11
Skaap AB2/3
07 Jan
-
75,3
-0,89
Skaap B2/3
07 Jan
-
73,05
-1,17
Skaap C2/3
07 Jan
-
68,32
-0,93
Speenkalf
07 Jan
-
40,26
-0,09
Spekvarke
07 Jan
-
29,08
1,15
Stoorlammers
07 Jan
-
40,88
0,22
Varkwors
07 Jan
-
22,76
0,18
Vars Hoender
07 Jan
-
30,5
1,50
Vleisvarke
07 Jan
-
28,73
0,77
Wol (skoon)
07 Jan
-
175,36
3,01

Vader van bewaringsbewerking sterf

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Mnr. Carel Koch in ’n profielgat wat hy gemaak het om na die grondstruktuur te kyk. Die foto is in 2019 geneem. Foto: Johan Norval
Mnr. Carel Koch in ’n profielgat wat hy gemaak het om na die grondstruktuur te kyk. Die foto is in 2019 geneem. Foto: Johan Norval
Mnr. Carel Koch, 'n legende en baanbreker in die landbou, is onlangs oorlede.

Mnr. Carel Koch, legendariese kunsmisman, baanbreker met navorsing oor grondverdigting en bewerkingsmetodes soos rip-op-die-ry en stoppelbewerking, en vader van bewaringsbewerking, is oorlede. Hy het onlangs ’n beroerte gehad en het kort daarna gesterf.

Danksy Koch se pionierswerk kon menige saaiboer in die Wes-Vrystaat en Noordwes se sandgrond oorleef in ’n tyd toe hul gesaaides dikwels doodgewaai en weens grondkeerlae van droogte gevrek het, sê mnr. Andries Botha van Viljoenskroon by wie Koch destyds sy eerste proewe gedoen het.

Mnr. Eugene Terblanche, ’n landboukundige raadgewer van Bothaville wat Koch sedert 1980 geken het, sê sy vriend is op 89-jarige ouderdom op Modimolle oorlede waar hy sedert sy uittrede uit die korporatiewe kunsmiswêreld in die vroeë 1990’s geboer het.

Koch se loopbaan het in 1954 begin toe hy vir die destydse departement van landboutegniese dienste op Wesselsbron as voorligtingsbeampte begin werk het. Hy het later as grond- en akkerboukundige raadgewer by kunsmismaatskappye soos Kynoch, Triomf, Fedmis en Omnia in die Noordwes-Vrystaat gewerk.

In sy tyd by Fedmis het hy met behulp van profielgate in landerye vasgestel alle sandgronde in die gebied het weens herhaalde skaarploegbewerkings ’n wortelbeperkende ploegsool (smeerlaag deur die ploegskaar in nat grond) 30 cm diep ontwikkel. Daar was ook ’n verdere verdigte grondlaag 50-60 cm daaronder weens die gewig van die trekkerwiel in die ploegvoor.

Die effektiewe diepte waarin gesaaides se wortels kon ontwikkel, is dus beperk tot die diepte van die ploegsool of verdigte sandgrondlaag daaronder. Dit het die opbrengs- en inkomstepotensiaal en gevolglike volhoubaarheid van gewasproduksie op daardie tipe gronde erg gestrem.

Koch het in die vroeë 1970’s na ’n oplossing vir hierdie beperkings begin soek en proewe op sandgronde begin doen. ’n Pikploegbewerking van 50-60 cm diep is gebruik om verdigtingslae reg onder die ry-posisies waar die gewasrye geplant gaan word, op te breek; sogenaamde rip-onder-ry.

Terselfdertyd is trekkers en werktuie se spore tydens alle grondbewerkings daarna beperk tot die middel van die gewasrye, oftewel beheerde spoorverkeer. Terblanche sê op hierdie wyse is die grondlae nie weer deur lukrake wielverkeer oor die land met werktuie van verskillende werkwydtes verdig nie. Trekkers en hul werktuie kon op verdigte spore tussen die rye beweeg, met minder wielglip en verbeterde brandstofverbruik per hektaar.

Koch is bygestaan deur entrepreneurboere soos Botha en mnr. Edward de Villiers van Kroonstad op wie se plase die eerste proewe gedoen is. Hierdie boere het hul bestaande werktuie van daardie tyd in hul werkswinkel aangepas en nuwes gebou. Sodoende is ’n werkbare, volhoubare stelsel van bewaringsbewerking ontwikkel. Dit het ná ’n aantal jare van aanpassings aan werktuie teen 1979 tot die oplossing vir boere se probleme met sandgronde gelei.

Botha sê Kock kan sonder twyfel as die vader van bewaringsbewerking beskryf word. Hy kan nooit te veel geloof word vir die feit dat hy oplossings vir die boere se groot probleem met verdigtingslae en waaigrond geskep het nie. “As dit nie daarvoor was nie, sou ons nie met saaiboerdery in die sandgrond kon voortgaan nie. Dit sou ons vernietig het, soos in die geval van Amerika se Dust Bowl. Carel het met sy konsep die sandvelde gered. Hy het ons in staat gestel om te oorleef,” sê Botha.

Terblanche sê die diep pikploeg- en stoppelbewerkingstelsel het die afgelope tyd ’n gedaanteverwisseling ondergaan met die koms van groter trekkers wat met satellietnavigasie toegerus is en groter en wyer werktuie gebruik. Dieselfde beginsels geld egter steeds om die grond onder die rye diep los te maak, beheerde spoorverkeer toe te pas en ’n stoppeldeklaag te behou om winderosie te bekamp. Dit word algemeen deur saaiboere in die Vrystaat en Noordwes toegepas.

“Carel en sy medewerkers het voorwaar ’n nalatenskap gelaat wat graanproduksie weer ’n hupstoot gegee het om voedselsekerheid te ondersteun,” volgens Terblanche.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.38
-0.0%
Rand - Pond
20.98
+0.2%
Rand - Euro
17.54
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.09
-0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.4%
Goud
1,819.25
+0.1%
Silwer
23.03
+0.3%
Palladium
1,876.50
-0.4%
Platinum
976.34
+0.2%
Brent-ruolie
86.06
+1.9%
Top-40
68,889
+0.6%
Alle aandele
75,594
+0.6%
Hulpbronne 10
74,696
+0.4%
Industriële 25
95,569
+1.3%
Finansiële 15
15,498
-0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Begin iets nuuts
Ek is n introvert as jy my nie Ken nie en word n extrovert as jy my Ken. Raak stil op tye en maak geraas en hou dinge aan die gang. Hou van see en swembad en buite lewe. Mal oor...
Lief vir die lewe.
Ek hou van mense, en kom oor die weg met almal. Hou van eerlikheid te alle tye seker nie te veel gevra nie.😉
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot