AFGRI
BEAN
01 Jan
-
0
0,00
CORN
01 Jan
-
0
0,00
SOYA
01 Jan
-
0
0,00
SUNS
01 Jan
-
0
0,00
WEAT
01 Jan
-
0
0,00
WMAZ
01 Jan
-
0
0,00
YMAZ
01 Jan
-
0
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Vakansiegangers gewaarsku teen hondsdolheid

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Landbouweekblad
Foto: Landbouweekblad
Vakansiegangers en mense in landelike gebiede moet bedag wees op die gevare van hondsdolheid.

Met die aanbreek van die vakansietydperk word reisigers en mense in landelike gebiede in veral KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap, Limpopo, Mpumalanga en langs die grens tussen die Vrystaat en Lesotho gewaarsku oor die voorkoms van hondsdolheid.

Die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling sê die kusgebiede van KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap is veral hoërisiko-gebiede en die publiek word afgeraai om enige rondloperdiere soos katte en honde op te tel of te hanteer. Die departement sê om rondloperdiere te hanteer of om vir hulle skuiling te bied, verhoog die risiko van die moontlike verspreiding van die lewensgevaarlike siekte na ander gebiede en provinsies.

Hondsdolheid is ’n baie ernstige, meestal dodelike siekte wat van diere na mense oorgedra kan word. Enige dier kan met hondsdolheid besmet word, maar die grootste gevaar wat dit vir mense inhou, is wanneer honde of katte besmet is. Die virus word oorgedra deur die speeksel van ’n besmette dier wanneer dit ’n mens byt, krap of lek. 

In diere en mense tas die siekte die brein aan. As daar eers kliniese tekens van die siekte is, kan dit nie meer behandel word nie. As iemand dus vermoed dat hy in aanraking met ’n dier was wat moontlik hondsdolheid het, is dit van die grootste belang om die wond of plek van aanraking deeglik met seep en lopende water te was. Daar moet ook onmiddellik voorkomende mediese behandeling gesoek word.

Diere wat hondsdolheid het, kan veranderinge in gedragspatrone toon, maar dit verskil wyd en wissel van onverklaarbare aanvalle, tot diere wat baie mak en oorvriendelik voorkom, of dalk net slaperig lyk. Hulle kan oormatig kwyl, dalk sukkel om te sluk, aanhoudend blaf of tjank en dalk vreemde aggresiewe gedrag toon of selfs net swak voorkom.

Die departement moedig mense aan om rondloperdiere eerder by plaaslike dieresorganisasies aan te meld en sulke organisasies te ondersteun sodat hulle na die diere kan omsien. Die siekte kan enige plek in die land voorkom en daarom moet onbekende diere nie onnodig hanteer word nie.

Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie kom die siekte in meer as 150 lande voor en tienduisende mense sterf jaarliks veral in Afrika en Asië daaraan. In tot 99% van die menslike sterftes was dit honde wat die siekte oorgedra het, en in meer as 40% van gevalle waar mense die siekte opdoen, is dit kinders jonger as 15 wat besmette diere hanteer het.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.12
-0.2%
Rand - Pond
22.25
-0.1%
Rand - Euro
19.62
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.10
-0.1%
Rand - Jen
0.14
-0.4%
Platinum
982.13
-0.3%
Palladium
1,424.44
-1.3%
Goud
1,991.67
-0.1%
Silwer
23.07
-0.2%
Brent-ruolie
75.91
-1.0%
Top-40
70,066
0.0%
Alle aandele
75,585
0.0%
Hulpbronne 10
65,190
0.0%
Industriële 25
102,646
0.0%
Finansiële 15
15,424
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou lewe vereik
Ek stel belang in haar lewe. Ek het baie baie liefde Om te gee. Bereid Om by haar aan te pas en te leer
Nie net n goeie mamma,Kan n goeie vriendin ook wees
Want Ek is opregte mense. Het baie seer gekry. Ek is reguit mens. Ek is Altyd vriendelik en gee my Al's. Ek Hou daar van Om Saam mense te lag en sports te Kan hê. Ek Kyk...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot