Die Musina-Makhado- spesiale ekonomiese sone (MMSEZ) sal in die Vhembe-gebied wees, al toon impakstudies dat dit niks goeds vir die omgewing inhou nie.
Die toestemming wat die departement aan die Limpopo-ontwikkelingsagentskap verleen het, is vir die omheining van nege plase of gedeeltes van plase om die terrein te ontbos en om dienste vir water, elektrisiteit en riool te installeer.
“Daar is soveel foute met hierdie proses dat ’n mens amper nie weet waaroor om eerste te appelleer nie,” sê mnr. Christo Rheeders, regsverteenwoordiger van ses van die applikante wat die ontwikkeling teenstaan.