Twee veeartse is onder die nege mense wat in hegtenis geneem is vir hul vermeende betrokkenheid by ’n sindikaat wat renosters vir hul horings doodmaak.
Luidens ’n berig op Nuus24.com en Beeld se webwerf kom die betrokke veeartse van Modimolle (voorheen Nylstroom) in Limpopo.
Volgens kol. Vishnu Naidoo, woordvoerder vir die Polisie, is die verdagtes “die meesterbreine” van die landwye sindikaat. Die vermeende wildstropers is vasgetrek deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens se spesialiseenheid, die Valke, in samewerking met die Burgerlugvaartowerheid, Sanparke, die Nasionale Vervolgingsgesag en die Departement van Natuurbewaring.
Die verdagtes is in aanhouding in Musina se polisieselle, sê Naidoo in ‘n berig op News24.com. Hulle sal Woensdag (22 September) in die hof verskyn waar die spesifieke klagtes teen hulle aangekondig sal word.
Sowat 210 renosters is reeds vanjaar vir hul horings doodgemaak in Suid-Afrika.
Bron:
21 September 2010