AFGRI
BEAN
28 Jun
-
9652
181,00
CORN
28 Jun
-
4744,6
72,60
SOYA
28 Jun
-
8890
98,00
SUNS
28 Jun
-
10395
245,00
WEAT
28 Jun
-
7438
92,00
WMAZ
28 Jun
-
4357,4
-22,60
YMAZ
28 Jun
-
4370
-19,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
17 Jun
-
60,81
0,68
Beeste AB2/3
17 Jun
-
57,66
-0,12
Beeste B2/3
17 Jun
-
53,3
0,03
Beeste C2/3
17 Jun
-
46,86
-0,48
Bevrore Hoender
17 Jun
-
31,45
0,54
Bokkies (onder 30 kg)
17 Jun
-
62,89
-5,12
Bokooie
17 Jun
-
49,59
-12,82
Groot (meer as 40 kg)
17 Jun
-
39,71
-6,55
Hoender (IQF)
17 Jun
-
30,12
0,45
Medium (30-40kg)
17 Jun
-
57,81
0,73
Pork Average
17 Jun
-
27,18
0,03
Poultry Average
17 Jun
-
31,15
0,47
Skaap A2/3
17 Jun
-
103,83
-1,38
Skaap AB2/3
17 Jun
-
83,52
-3,96
Skaap B2/3
17 Jun
-
78,12
-3,21
Skaap C2/3
17 Jun
-
74,62
-2,28
Speenkalf
17 Jun
-
36,4
0,23
Spekvarke
17 Jun
-
28
-0,11
Stoorlammers
17 Jun
-
52,94
-0,58
Varkwors
17 Jun
-
22,43
0,09
Vars Hoender
17 Jun
-
31,88
0,43
Vleisvarke
17 Jun
-
27,15
0,08

Veeboere gemaan teen koue, sneeu in skeertyd

akkreditasie
Foto: Alani Janeke
Foto: Alani Janeke
Veeboere, veral kleinveeboere, ken die uitwerking van koue, nat en winderige toestande op onder meer skape en bokke.

Menige kleinveeboer het al opgemerk dat ’n skaap dalk een of twee van dié klimaatstoestande kan hanteer, maar dit vaar nie goed met koue, nat én winderige toestande nie.

Mnr. Johan van den Berg, landbouweerkundige van Santam Landbou, sê ’n kombinasie van hierdie faktore hou ’n groot gevaar in. “Die windverkoelingsfaktor kan byvoorbeeld die aanvoelbare temperatuur aansienlik verlaag.”

Hy sê ’n aanvoelbare temperatuur van 5 °C as dit windstil is, kan tot ongeveer 1,1 °C daal wanneer wind met ’n snelheid van 20 km/h waai. “Indien die temperatuur sonder wind vriespunt is (0 °C), is die aanvoelbare temperatuur wanneer ’n wind van 20 km/h waai so laag as -5,2 °C. As dit winderig en boonop nat is, tree die sogenoemde “watersak”-effek in werking en kan die aanvoelbare temperatuur nóg laer wees.”

Volgens Van den Berg veroorsaak die nattigheid dat daar “nie ’n luglagie tussen die vel en die kortgeskeerde wol van die skaap is nie en die vel is direk aan die elemente blootgestel”.

Kleinvee is op hul kwesbaarste wanneer hulle kaal geskeer is. Skeertyd val gewoonlik saam met die winter, of kort voor die somer aanbreek, veral om wol van goeie gehalte te verseker. “Swakkergehalte-wol word gewoonlik gedurende die winter gegroei. Om te verseker dat die vesel nie ’n swak plek in die middel het nie, maar eerder aan die einde van die vesel, moet ’n fyn balans met die regte skeertyd gevind word,” sê Van den Berg.

Risiko vanjaar?

Skeertyd is gewoonlik van Julie tot September. In dié tyd begin temperature styg, wat minder spanning vir diere tot gevolg het, maar daar is ook ’n groter kans op reën. Die voorkoms van die drie risikoweerfaktore is dus ook hoër.  

Weermodelle dui tans aan dat sterk kouefronte in die laaste helfte van Julie en eerste helfte van Augustus oor Suid-Afrika kan beweeg. “Hoewel dit hoofsaaklik die winterreënvalgebied sal raak, is daar dikwels fronte wat aansluit by ’n vroeë somerstelsel met reën,” sê Van den Berg.

Die risiko vir koue, nat en winderige toestande is volgens hom tot in Oktober groot. “Die teenwoordigheid van ’n swak El Niño-stelsel verhoog die kanse op reën oor die suidelike en oostelike dele van die land tot in September.”

Voorbeelde hiervan is onder meer in 1981 aangeteken toe swaar sneeu met koue en nat toestande op 28 en 29 Augustus en 10 September oor die Wes-Kaap en Oos-Kaap en oostelike dele van die Noord-Kaap voorgekom het. “Soortgelyke toestande is ook in 1987 aangeteken, op 25 en 26 Augustus en van 26 tot 28 September. Dit het so ver as KwaZulu-Natal, die Oos-Vrystaat en oostelike dele van die Noord-Kaap voorgekom.” In 1990 het swaar sneeu en koue toestande van 19 tot 21 Augustus en 15 tot 18 Oktober oor byna die hele oostelike deel van die land voorgekom, tot so ver as KwaZulu-Natal en Mpumalanga.

Beplan deeglik

Volgens Van den Berg kan temperature in die tweede helfte van Augustus begin styg. Die kanse op reën oor veral die suidoostelike dele van die land teen einde Augustus kan egter die risiko op skade in skeertyd verhoog.

“Dit lyk of dit ’n hoërisikojaar gaan wees. Veeboere moet dus deeglik beplan en liefs nie al die vee op een slag skeer nie, sodat die hele kudde nie op dieselfde tyd aan die elemente blootgestel word nie. Die koue jare met sneeu en koue in Augustus, September en Oktober het almal dieselfde El Niño-stelsel as vanjaar gehad,” sê Van den Berg.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op WhatsApp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.09
-1.4%
Rand - Pond
19.60
-0.7%
Rand - Euro
16.93
-0.9%
Rand - Aus dollar
11.12
-1.3%
Rand - Jen
0.12
-0.9%
Goud
1,819.88
-0.2%
Silwer
20.81
-1.7%
Palladium
1,874.89
+0.1%
Platinum
913.50
+0.2%
Brent-ruolie
115.09
+1.7%
Top-40
61,789
+0.4%
Alle aandele
68,058
+0.3%
Hulpbronne 10
66,069
+0.9%
Industriële 25
80,452
+0.3%
Finansiële 15
15,394
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Canada farmer
Beste place to be is on the farm Enjoy outdoor Enjoy water sports I'm trying to be good to all people Everyone deserve the best
Ek is oulik en kom goed oor die weg met almal!
Ek is super fun en n groot grapgat, Ek kan lekker geselskap wees en ook "fun".Vat n kans en kyk!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot