AFGRI
BEAN
28 Okt
-
7205
112,00
CORN
28 Okt
-
3393,2
104,20
SOYA
28 Okt
-
7458
3,00
SUNS
28 Okt
-
10592
0,00
WEAT
28 Okt
-
5837
37,00
WMAZ
28 Okt
-
3334
63,00
YMAZ
28 Okt
-
3400
55,00
AMT
Beeste A2/3
22 Okt
-
53,12
-0,01
Beeste AB2/3
22 Okt
-
51,44
0,00
Beeste B2/3
22 Okt
-
49,2
0,00
Beeste C2/3
22 Okt
-
45,11
0,00
Bevrore Hoender
22 Okt
-
29,28
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
22 Okt
-
67,85
0,04
Bokooie
22 Okt
-
44,07
0,10
Groot (meer as 40 kg)
22 Okt
-
40,19
0,13
Hoender (IQF)
22 Okt
-
27,37
-0,01
Medium (30-40kg)
22 Okt
-
54,78
-0,01
Pork Average
22 Okt
-
27,29
-0,01
Poultry Average
22 Okt
-
29,26
0,00
Skaap A2/3
22 Okt
-
82,67
0,00
Skaap AB2/3
22 Okt
-
75,9
0,01
Skaap B2/3
22 Okt
-
70,32
0,01
Skaap C2/3
22 Okt
-
67,22
-0,02
Speenkalf
22 Okt
-
39,87
0,00
Spekvarke
22 Okt
-
27,23
-0,02
Stoorlammers
22 Okt
-
45,23
-0,03
Varkwors
22 Okt
-
22,33
-0,01
Vars Hoender
22 Okt
-
31,13
0,00
Vleisvarke
22 Okt
-
28,17
0,01
Wol (skoon)
22 Okt
-
166,76
-0,02

Veediefstal: Ekonomiese sabotasie van die landbousektor

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
'n Veediefstal-operasie in die Vrystaat. Foto: Vrystaat Landbou
'n Veediefstal-operasie in die Vrystaat. Foto: Vrystaat Landbou
Vrystaatse boere ry deesdae deurnag patrollie om veediewe te probeer hokslaan.

Vrystaatse boere ry deesdae deurnag patrollie om veediewe te probeer hokslaan, terwyl die polisie se veediefstaleenhede in baie dele van die provinsie al hoe meer wanfunksioneel raak. Die boere hou vol dat hul vee deur groot en magtige sindikate gesteel word, terwyl daar nog bitter min vordering was om dié sindikate aan die kaak te stel.

Veediewe wat die plaasbestuurder mnr. Brendin Horner van Paul Roux vermoor het, was juis die vonk in die kruitvat wat in Oktober 2020 tot protesaksie in Senekal gelei het. Boere het daarna inligting dat plaaslike polisiebeamptes by veediefstalsindikate betrokke is aan mnr. Bheki Cele, minister van polisie, gegee en hy het ’n taakspan ingestel om beweringe van polisiekorrupsie en veediefstal te ondersoek.

“Veediefstal is ’n georganiseerde misdaad wat toenemend deur misdaadsindikate bedryf word,” sê dr. Jane Buys, veiligheidsrisiko-ontleder van Vrystaat Landbou. Geteisterde gebiede van die Vrystaat soos Brandfort, Ladybrand, Heilbron en Fouriesburg ondervind tans groot druk weens toenames in veediefstal.

Buys sê veral grensdorpe langs die Lesothogrens loop deur, nie net met veediefstal nie, maar ook onder ’n groot toename in eiendomsverwante misdaad. “Om hierdie sindikate te keer, word die betrokkenheid van ander belanghebbendes in die SAPD, soos die Valke, die eenheid teen georganiseerde misdaad en misdaadintelligensie benodig.”

Voorvalle 1 000% meer?

’n Boer van die distrik Ladybrand, mnr. Christo Beukman, beraam die skade wat boere die afgelope jaar weens veediefstal in sy distrik gelei het op R2 miljoen tot R3 miljoen. “Die voorvalle is seker duisend persent meer as wat ons voorheen gehad het. Die afgelope twee tot drie maande word daar elke aand vee gesteel in ons distrik. Ek self is in hierdie tyd drie keer besteel.”

Hy sê dis veral koeie en kalwers wat gesteel word. Hy het net sommige van sy gesteelde vee teruggekry.

“My diere is by Modderpoort gesteel en hulle is in ’n westelike rigting gejaag, in die rigting van Bloemfontein, nie oor die grens na Lesotho toe nie. Ander gaan reguit na die woonbuurte toe.”

Hy sê wat boere moedeloos maak, is dat dit dikwels stoetkoeie is wat gesteel word. “Ons ry elke nag patrollie, ons keer, ons sit voor maar ons kan nie voorbly nie.”

Die Valke het onlangs vyf lede van Ladybrand se veediefstaleenheid in hegtenis geneem. Hulle word van veediefstal, meineed en dwarsboming van die gereg aangekla. Beukman sê die veediefstaleenheid in Ladybrand bestaan nou net uit twee lede wat nie kan byhou om al die voorvalle te ondersoek nie.

’n Boervrou van Tweespruit wat nie haar naam wil noem nie, sê dat dit ’n veiligheidsrisiko by plaasopstalle skep wanneer die mans die hele nag op patrollie agter veediewe uit is, terwyl hul vroue en kinders alleen agterbly. “Ons kan nie help om te dink hier sit iets groters agter die verskerpte veediefstalvoorvalle nie.”

Ekonomiese sabotasie?

Intussen sê Vrystaat Landbou (VL) en die Rooivleisprodusente-organisasie in ’n gesamentlike verklaring die tekortkominge wat tans by veediefstaleenhede in die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) deur boerderygemeenskappe in die Vrystaat bespeur word, dra by tot wat bykans as ekonomiese sabotasie van die landbousektor beskou kan word.

Mnr. Jakkals le Roux, voorsitter van VL se landelike veiligheidskomitee, is bekommerd dat veediefstal op die oog af nie as ’n prioriteit deur die polisie geag word nie. “Vir boere lei hierdie situasie tot ekonomiese ondergang wat die landbousektor ernstig ondermyn. Dit is om nie eens te praat van die impak wat dit op opkomende en bestaansboere het nie.”

Volgens Le Roux en me. Isabel Kruger, voorsitter van die Vrystaatse veediefstalforum, neem die ernstige tekorte aan hulpbronne toe, met geen daadwerklike ingryping deur die polisie se topstruktuur nie. “Weens die tekorte word misdaadtonele nie doeltreffend ondersoek nie en speurders daag soms eers op dae nadat ’n saak aangemeld is. Dit dra dan daartoe by dat baie van hierdie veediefstalvoorvalle nie aangemeld word nie.”

Uit sake wat wel aangemeld is, is daar boerderygemeenskappe wat verliese van tot R10 miljoen per jaar aanmeld. VL en die RPO meen dat die polisie hul regsverpligting moet nakom deur mannekrag, voertuie en toerusting beskikbaar te stel. “Dit het noodsaaklik geword dat die regering en die minister van polisie ingryp,” sê Buys.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.06
-0.0%
Rand - Pond
20.68
-0.2%
Rand - Euro
17.47
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.30
-0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Goud
1,802.13
+0.3%
Silwer
24.06
+0.0%
Palladium
1,985.50
+1.7%
Platinum
1,018.68
+0.8%
Brent-ruolie
84.58
-2.1%
Top-40
60,874
+0.4%
Alle aandele
67,475
+0.4%
Hulpbronne 10
63,082
+1.0%
Industriële 25
87,253
+0.3%
Finansiële 15
14,054
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Net n bietjie liefde is al wat ek vra.
Enige iemand kan mooi woordjies skryf, maar dade spreek meer as woorde. Dit is nie maklik in ons huidige omstandighede om iemand te ontmoet nie. Die lewe is te kort en ek het...
Kom ons skryf ons eie romantiese roman
Ek hou van die buite lewe riverrafting Lees Dans kuier kamp en net rustig verkeer Vakansie by die see. Mooi aantrek stylvol netjies
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot