
Die Elukwatini-munisipaliteit in Mpumalanga loop erg deur onder veediefstal en volgens mnr. Bosman Grobler van die Demokratiese Alliansie (DA) lyk dit op die polisie sukkel om dié soort sake op te los.
“Slegs twee van die 26 gerapporteerde sake is opgelos, wat dit op ’n karige 6%-suksessyfer (te staan) bring, ” sê hy in ‘n berig op Netwerk24. “Dit was skokkend dat die sektorpolisielede die provinsiale polisie slegs 10 minute voor die vergadering laat weet het dat hulle nie beskikbaar is vir die vergadering nie.
“Volgens ’n verslag deur die provinsiale polisie is daar net drie voertuie en vyf polisielede beskikbaar om die gebied van 958 km² te bedien. Sektor 2 het slegs een voertuig en een polisielid beskikbaar wat die area diens.” Bosman sê daar heers kommer in die gemeenskap oor die polisie se lae vlakke van personeel en dat dié wat daar is, oorwerk word.
Lees die volledige berig hier.