AFGRI
BEAN
01 Des
-
9254
0,00
CORN
01 Des
-
4488,27
0,00
SOYA
01 Des
-
10408
0,00
SUNS
01 Des
-
11094
0,00
WEAT
01 Des
-
6646
0,00
WMAZ
01 Des
-
5183
0,00
YMAZ
01 Des
-
4995
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Veediefstal: Inhegtenisname van polisiebeamptes verwelkom

akkreditasie
'n Veediefstal operasie in die Vrystaat. Foto: Alani Janeke
'n Veediefstal operasie in die Vrystaat. Foto: Alani Janeke
Nadat boere in die Paul Roux-omgewing en die Oos-Vrystaat volgehou het dat sommige polisiebeamptes by veediefstalsindikate betrokke is, het die Valke vyf polisiebeamptes en twee veespekulante in Bloemfontein en Ladybrand in hegtenis geneem.

Die verdagtes sal op 15 Julie in die hof op Ladybrand verskyn op aanklagtes van veediefstal, dwarsboming van die gereg en meineed. Die veespekulante word ook aangekla van die besit van ongelisensieerde vuurwapens.

Dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier, sê daar is ’n sterk vermoede dat dié beamptes moontlik by die moord op mnr. Brendin Horner (22) betrokke was. Horner is verlede jaar Oktober op ’n plaas buite Paul Roux vermoor.

Groenewald en ander belanghebbendes het ná die moord met Bheki Cele, minister van polisie, kontak gemaak en inligting aan hom oorhandig. Hierdie inligting is ook op ’n vergadering van die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) se Vrystaatse veediefstalforum saam met Vrystaat Landbou (VL) en die boeregemeenskap direk aan die Valke oorhandig asook ander afdelings van die polisie wat betrokke was by die ondersoeke.

Twee van die boere, mnre. Herkie Viljoen, voorsitter van VL se gebiedskantoor in Bethlehem, en Jess de Klerk, wat tussen Senekal en Rosendal boer, het veral die boere se pogings gedryf om die betrokkenes agter die veediefstal te ontbloot en om die nodige inligting aan die polisie te gee.

“Die deurbraak volg nadat die Valke vroeër glo ook van die inligting voorsien is, maar daar niks van gekom het nie. Ontstoke boere het ná die moord op Horner gesê hulle het die inligting oor polisie-betrokkenheid by sindikate langer as ’n jaar vantevore aan die Valke oorhandig en gevra dat dit ondersoek moet word.

“Die VF Plus sal wil sien dat die lede van die Valke wat destyds die inligting ontvang het, verantwoording moet doen omdat hulle nie opgetree het nie. Dit kon Horner se lewe gered het.”

Hy sê die party wil ook hê dat die sake wat teen die beamptes aanhangig gemaak is, vinnig en deeglik afgehandel moet word en dat die skuldiges die swaarste vonnisse moontlik opgelê word.

“Boere in Suid-Afrika is onder groot druk van ’n onsimpatieke regering, terwyl hulle moet stry teen natuurlike elemente en ernstige misdaad, soos moorde en veediefstal.

“Plaasaanvalle en -moord is buite beheer en kan nie as gewone misdaad beskou word nie, veral in ag genome die wreedheid wat daarmee gepaard gaan, soos in die geval van Horner.

“Die VF Plus is van mening dat hierdie misdaad slegs doeltreffend bekamp sal word indien die regering die erns daarvan erken, dit tot ’n voorrangmisdaad verklaar en spesialiseenhede vir landelike beveiliging op die been bring.”

Die VF Plus doen ook ’n beroep op die landbougemeenskap om betrokke te raak by plaaslike veiligheidstrukture en moedig boere aan om hulself binne die wet te beveilig en te verdedig.

Mnr. Francois Wilken, voorsitter van VL, sê boere moet steeds voortgaan om misdaad by die polisie aan te meld om te verseker dat sake wat aan mekaar verwant is, verbind kan word. Hy voeg by dat enige inligting oor beweringe van polisiekorrupsie ook aan spesialisondersoekers oorgedra moet word.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.07
+0.8%
Rand - Pond
20.66
+0.6%
Rand - Euro
17.83
+0.5%
Rand - Aus dollar
11.65
+0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.3%
Goud
1,780.11
+0.7%
Silwer
22.33
+0.6%
Palladium
1,914.01
+1.4%
Platinum
1,044.50
+0.7%
Brent-ruolie
86.97
+3.1%
Top-40
68,564
0.0%
Alle aandele
74,828
0.0%
Hulpbronne 10
73,434
0.0%
Industriële 25
90,489
0.0%
Finansiële 15
16,396
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Die lewe is so kosbaar dat jy dit moet deel met n lewensmaat
Ek het die lewens pad gestap en het nog net respek vir ander mense gehad. Ek soek geen issues in my lewe nie en wil dus nie n las op. my he nie. Nog 7 jaar dan tree ek af en wil...
Watter land volgende?
I am successful in business and love what I do. Looking for that special someone to share the sunsets with!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot