AFGRI
BEAN
28 Jan
-
8425,4
196,40
CORN
28 Jan
-
3858
75,00
SOYA
28 Jan
-
8297
142,00
SUNS
28 Jan
-
9742
5,00
WEAT
28 Jan
-
5985
20,00
WMAZ
28 Jan
-
3650
57,00
YMAZ
28 Jan
-
3785
37,00
AMT
Beeste A2/3
14 Jan
-
56,61
2,35
Beeste AB2/3
14 Jan
-
54,81
1,61
Beeste B2/3
14 Jan
-
52,96
1,07
Beeste C2/3
14 Jan
-
46,06
-1,62
Bevrore Hoender
14 Jan
-
28,5
-0,41
Bokkies (onder 30 kg)
14 Jan
-
62,54
1,93
Bokooie
14 Jan
-
44,21
0,09
Groot (meer as 40 kg)
14 Jan
-
48,55
2,07
Hoender (IQF)
14 Jan
-
26
-1,55
Medium (30-40kg)
14 Jan
-
52,27
3,21
Pork Average
14 Jan
-
27,97
0,34
Poultry Average
14 Jan
-
27,83
-1,03
Skaap A2/3
14 Jan
-
83,51
-0,65
Skaap AB2/3
14 Jan
-
76,19
-0,44
Skaap B2/3
14 Jan
-
74,22
1,03
Skaap C2/3
14 Jan
-
69,25
-0,28
Speenkalf
14 Jan
-
40,35
-0,21
Spekvarke
14 Jan
-
27,93
-0,20
Stoorlammers
14 Jan
-
40,66
-0,02
Varkwors
14 Jan
-
22,58
0,42
Vars Hoender
14 Jan
-
29
-1,13
Vleisvarke
14 Jan
-
27,96
0,36
Wol (skoon)
14 Jan
-
172,35
-8,38

Veediewe maai terwyl polisie padblokkades beman

akkreditasie
Foto: Theuns Botha
Foto: Theuns Botha
Misdadigers en gewapende veediewe wat snags in groter groepe rondbeweeg, beteken dat boere ook in groter groepe patrollies moet ry, sê mnr. Tommie Esterhuyse, vise-president van Vrystaat Landbou.

Hy waarsku dat Vrystaatse boere nou selfs meer as voorheen op hulself aangewese is om landelike veiligheid te handhaaf.

“Ons sien ’n toename in misdaadvoorvalle veral in die noordoostelike dele van die Vrystaat. Die polisie se veiligheidskoördineerders word onttrek om covid-19-diens te verrig by padblokkades naby Gauteng en gevolglik verswak landelike veiligheid in dié gebiede.”

Die veiligheidsituasie op die Lesotho-grens word deur Esterhuyse as ’n “nagmerrie” beskryf wat net al hoe erger word. “In die distrik Clocolan, byvoorbeeld, gaan daar deesdae nie ’n dag verby dat daar nie veediefstal plaasvind nie, het ons veiligheidskoördineerder, Deon Roux, vanoggend aangemeld.”

Dit gebeur ook al hoe meer dat tot 50 stuks vee op ’n slag gesteel word. “Dit is lankal duidelik dat veediefstalsindikate goed ingegrawe is en hoewel ons ingelig is dat verskillende eenhede in die polisie besig is om dit te ondersoek, het ons nog geen terugvoer gekry of gehoor van enige hoëprofiel-inhegtenisnemings nie.”

Selfoontorings

Dis egter nie net voorvalle van veediefstal wat styg nie. Die diefstal van selfoontorings se batterye aan die Lesothogrens het ook drasties gestyg, wat boere sonder sein en weerloos in gevaarsituasies laat. Koperkabels van Eskom-substasies, lekbakke en sonpanele is ook immergewilde teikens vir diewe aan die grens. “Daardie infrastruktuur gaan na Lesotho, Zimbabwe of Mosambiek en word eenvoudig aangepas om by hul eie omstandighede te werk.”

Vrystaat Landbou en die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) het boere vroeër in ’n verklaring aangeraai om ingeskakel te wees by veiligheidstrukture in hul onderskeie areas – veral in die Noord-Vrystaat – en om baie waaksaam te wees, veral wanneer hulle patrollie ry. Esterhuyse het by navraag van Landbouweekblad gesê hoewel covid-19-prokokol gevolg moet word, dwing die leemtes in die beskermingstrukture boere om in groter groepe patrollie te ry. “Ter wille van ons eie veiligheid moet ons saamwerk en saam patrollies ry. Tot nou toe het dit nog goed gewerk waar een boer patrollie ry, maar die aanvallers begin in groter groepe beweeg en hulle is gewapen.” 

Me. Isabel Kruger, voorsitter van die veediefstalvoorkomingsforum van die RPO, sê in die Noord-Vrystaat steel bendes groot getalle vee op een slag. “Die feit dat veilings tans deur die regering op vlak 4 van inperking verbied is, behoort ’n beduidende afname te hê op die vervoer van vee na afslaers, maar dit gaan nie die informele vraag en aanbod van vee stuit nie. Dit kan ook daartoe bydra dat diere op plase geslag en die vleis na geïdentifiseerde afsetgebiede vervoer word.” 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.62
-1.0%
Rand - Pond
20.92
-1.0%
Rand - Euro
17.41
-0.9%
Rand - Aus dollar
10.91
-0.3%
Rand - Jen
0.14
-1.1%
Goud
1,788.76
-0.5%
Silwer
22.39
-1.7%
Palladium
2,377.45
+0.1%
Platinum
1,011.39
-1.5%
Brent-ruolie
89.34
-0.7%
Top-40
67,021
-0.1%
Alle aandele
73,455
-0.1%
Hulpbronne 10
74,081
-1.4%
Industriële 25
90,993
+0.6%
Finansiële 15
15,218
+1.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Selfs die donkerste nag sal eindig en die son sal opkom.
Ek is ń Christen. Ek dink aan myself as iemand met ń sin vir humor, vriendelikheid, verantwoordelikheid, ń liefde vir die natuur, positiewe denke en...
Pret en Plesier
Ek is stout en passievol. Ek lag maklik vir myself en verwag dieselfde. Nou is dit my tyd on Oets nuuts te ondervind. Ek het n interests te storie om te deep.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot