AFGRI
BEAN
08 Aug
-
8940
0,00
CORN
08 Aug
-
3920
0,00
SOYA
08 Aug
-
8653
0,00
SUNS
08 Aug
-
10306
0,00
WEAT
08 Aug
-
7140
0,00
WMAZ
08 Aug
-
4195
0,00
YMAZ
08 Aug
-
4176
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
29 Jul
-
60,38
0,45
Beeste AB2/3
29 Jul
-
58,48
0,27
Beeste B2/3
29 Jul
-
54,96
0,03
Beeste C2/3
29 Jul
-
47,7
-0,33
Bevrore Hoender
29 Jul
-
30,92
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
29 Jul
-
73,56
1,33
Bokooie
29 Jul
-
52,68
3,15
Groot (meer as 40 kg)
29 Jul
-
43,74
0,12
Hoender (IQF)
29 Jul
-
29,99
-0,06
Medium (30-40kg)
29 Jul
-
58,6
1,92
Pork Average
29 Jul
-
25,84
0,52
Poultry Average
29 Jul
-
30,84
0,04
Skaap A2/3
29 Jul
-
103,69
3,19
Skaap AB2/3
29 Jul
-
87,73
0,49
Skaap B2/3
29 Jul
-
80,62
-1,33
Skaap C2/3
29 Jul
-
77,93
-0,08
Speenkalf
29 Jul
-
37,01
0,05
Spekvarke
29 Jul
-
27,46
0,21
Stoorlammers
29 Jul
-
48,06
0,15
Varkwors
29 Jul
-
21,63
-0,07
Vars Hoender
29 Jul
-
31,63
0,08
Vleisvarke
29 Jul
-
25,68
0,50

Veesiektes: Moenie in winter laat slaplê

akkreditasie
Inenting en parasietbeheer is net so belangrik in die winter, sê dr. Faffa Malan van RuVASA.

Boere moenie dink die winter is ’n tyd wanneer hulle hul waaksaamheid oor veesiektes en parasiete kan laat verslap nie, sê dr. Faffa Malan, bestuurder van die Herkouerveterinêre Vereniging van Suid-Afrika (RuVASA), in sy Junieverslag oor veesiektes wat deur veeartse in Suid-Afrika aangemeld is.

Dit is ’n persepsie dat veral parasiete nou minder voorkom. Die aanmeldings in die tabel hieronder bewys die teendeel: Boere moet nooit laat slaplê nie, anders kan dit hulle duur te staan kom.

Inwendige parasiete

Rondewurms is in ál nege provinsies deur veeartse aangemeld. Faffa sê mense dink verkeerdelik dat parasiete in die winter dormant is. Boere moet juis nou met hul veeartse saamwerk om parasiete deeglik te beheer.

Uitwendige parasiete

Hierdie parasiete kom steeds landwyd voor. Gedurende die koeler maande kom die larwe- en nimfstadium grootskaals voor en hulle heg dan dikwels aan die diere se ore vas. In gebiede waar die bruinoorbosluis voorkom, word boere aangeraai om hul vee te dip.

Weerstand by bloubosluise teen dipstowwe is aan die toeneem. ’n Veearts kan raad gee oor hoe bosluise in hierdie stadiums beheer kan word.

Bosluisoordraagbare siektes

Die winter is die beste tyd om beeste teen Asiese rooiwater in te ent. Weer eens kan ’n veearts help om betyds ’n goeie inentingsprogram saam te stel en in werking te stel.

Insekoordraagbare siektes

Siektes wat deur insekte oorgedra word, neem gewoonlik ná die eerste ryp af. Die rede hoekom knopvelsiekte in ál die provinsies aangemeld is, is omdat dié siekte oor deur bosluise oorgedra word.

Geslagsiektes

Geslagtes, veral trichomonose en vibriose, neem steeds toe en berokken boere baie skade. Malan sê ’n behoorlike biosekerheidsprogram is noodsaaklik om geslagsiektes uit ’n kudde te weer.

Bakteriese siektes

Net soos met geslagsiektes, moet die boer deeglike biosekerheid toepas om bakteriese siektes hok te slaan. Maak veral seker vee wat op veilings aangeskaf word, is afkomstig van plase waar boere óók goeie biosekerheid toepas.

Virussiektes

Virussiektes kan ’n veeboer hárd slaan, want daar is geen middels waarmee besmette diere behandel kan word nie. Snotsiekte is juis weer in ál nege provinsies aangemeld. Daarom is inenting noodsaaklik om virussiektes te beheer, mits entstowwe beskikbaar is. Die ontwikkeling van ’n entstof teen snotsiekte is tans nog nie voltooi nie. Gevolglik is biosekerheid noodsaaklik om sulke siektes uit ’n kudde te weer.

RuVASA se verslag word maandeliks opgestel uit inligting wat van veeartspraktyke ontvang word. Die doel is om boere in te lig sodat hulle voorkomende maatreëls kan toepas.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.60
+0.1%
Rand - Pond
20.04
+0.1%
Rand - Euro
16.95
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.55
+0.4%
Rand - Jen
0.12
+0.2%
Goud
1,795.54
+0.4%
Silwer
20.53
-0.7%
Palladium
2,229.50
-0.6%
Platinum
936.51
-0.9%
Brent-ruolie
96.65
+1.8%
Top-40
63,771
0.0%
Alle aandele
70,266
0.0%
Hulpbronne 10
65,045
0.0%
Industriële 25
85,829
0.0%
Finansiële 15
15,741
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Soek my beste pel om nuwe hoofstuk in my lewe te skryf.
Ek is n eerlike man wat nog baie jonk van gees is en sal iemand verkies wat daarvan hou om roadtrips te doen en dan kamp ook.
Melanie
In kort. Plain Jane. Niks fieterjasies. Is oo 'n stadium in my lewe wat ek wil fun he, plekke sien en dinge doen. Love kosmaak en glo daaraan om almal met repsek tw hanteer...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot