AFGRI
BEAN
01 Jul
-
8800
-80,00
CORN
01 Jul
-
4172
-95,00
SOYA
01 Jul
-
8560
-26,00
SUNS
01 Jul
-
10740
-57,00
WEAT
01 Jul
-
7464
-1,00
WMAZ
01 Jul
-
4454
-4,00
YMAZ
01 Jul
-
4396
-12,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
17 Jun
-
60,81
0,68
Beeste AB2/3
17 Jun
-
57,66
-0,12
Beeste B2/3
17 Jun
-
53,3
0,03
Beeste C2/3
17 Jun
-
46,86
-0,48
Bevrore Hoender
17 Jun
-
31,45
0,54
Bokkies (onder 30 kg)
17 Jun
-
62,89
-5,12
Bokooie
17 Jun
-
49,59
-12,82
Groot (meer as 40 kg)
17 Jun
-
39,71
-6,55
Hoender (IQF)
17 Jun
-
30,12
0,45
Medium (30-40kg)
17 Jun
-
57,81
0,73
Pork Average
17 Jun
-
27,18
0,03
Poultry Average
17 Jun
-
31,15
0,47
Skaap A2/3
17 Jun
-
103,83
-1,38
Skaap AB2/3
17 Jun
-
83,52
-3,96
Skaap B2/3
17 Jun
-
78,12
-3,21
Skaap C2/3
17 Jun
-
74,62
-2,28
Speenkalf
17 Jun
-
36,4
0,23
Spekvarke
17 Jun
-
28
-0,11
Stoorlammers
17 Jun
-
52,94
-0,58
Varkwors
17 Jun
-
22,43
0,09
Vars Hoender
17 Jun
-
31,88
0,43
Vleisvarke
17 Jun
-
27,15
0,08

Veesiektes 'n reusebedreiging vir SA

akkreditasie
Foto: Jacques Crafford
Foto: Jacques Crafford
Dieresiektes is ’n groot bedreiging vir Suid-Afrika se rooivleisbedryf en die hordes mense en diere wat die land se grense daagliks oorsteek, is ’n groot bekommernis.

Bek-en-klouseer is loshande die grootste risiko, sê mnr. Koos van der Ryst, nasionale voorsitter van die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO). Hy het op die RPO se kongres in Limpopo gewaarsku dat dit Suid-Afrika omtrent R6 miljard sal kos as die land sy bek-en-klouseervrye status verloor.

Mnr. Gerhard Schutte, hoofbestuurder van die RPO, het gesê Suid-Afrika se bek-en-klouseervrye sone word reeds nie deur die Europese Unie (EU) erken nie, want die prosedures wat deur die EU vereis word, bestaan nie. “Dit is ’n klein, tegniese verstelling wat gemaak moet word in die oorplaatjies en elektroniese datastelsel, maar ons as boere gaan dit moet laat gebeur, want niemand gaan dit vir ons doen nie.”

Dr. Jacob Modumo, direkteur vir sake-ontwikkeling by Onderstepoort Biologiese Produkte, het boere aangeraai om alle moontlike voorsorgmaatreëls te tref om hul diere gesond te hou. “Onthou, siektes ken geen grense nie en ’n uitbreking op enige plek is ’n bedreiging vir jou boerdery. Beskou ’n uitbreking in ’n buurland as ’n uitbreking by jou buurplaas en tref dadelik al die nodige voorsorgmaatreëls.”

Kol. Paul van der Merwe, direkteur van dieregesondheid in die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, het gesê daar is nie meer heinings op dele van Suid-Afrika se noordelike grens nie. Hy waarsku dat die voortdurende uitbreiding van die Kruger-wildtuin verdere risiko’s vir die land se bek-en-klouseervrye status inhou.

Vrugte-uitvoer

“Onthou, as Suid-Afrika sy bek-en-klouseervrye status verloor, is daar ’n totale handelsverbod op Suid-Afrikaanse landbouprodukte, nie net vleis nie,” het Van der Merwe gesê. “Dit sal die streek se vrugte-uitvoer tot stilstand bring.”

Vir vrugteboere is daar ook ander bedreigings oor die land se grense heen. Met 400 000 vragmotors wat elke jaar deur die Beitbrug-grenspos ry, byna 20 miljoen internasionale passasiers wat per jaar by Suid-Afrika se lughawens kom en gaan, asook skeepsvervoer en beweging deur ander grensposte is dit geen wonder nie dat die Departement van Landbou mense op die plek wil beboet as hulle met plant- of dierprodukte in hul bagasie die grens oorsteek.

Mnr. Jan-Hendrik Venter, bestuurder van vroeë waarskuwingstelsels vir plantgesondheid by die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye, sê ’n mens mag nie eens ’n piesang in jou padkos oor die grens bring as jy terugkeer van jou Mosambiekse vakansie nie, want die risiko bestaan dat jy ’n nuwe plantpes die land kan inbring. Min reisigers steur hulle egter daaraan. Die departement het derhalwe nou aansoek gedoen om toestemming te kry dat reisigers op die plek beboet mag word as hulle met sulke produkte betrap word.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.48
-1.2%
Rand - Pond
19.77
+0.2%
Rand - Euro
17.14
-0.5%
Rand - Aus dollar
11.15
+0.7%
Rand - Jen
0.12
-1.6%
Goud
1,796.96
-0.6%
Silwer
19.68
-2.9%
Palladium
1,936.50
-0.2%
Platinum
874.65
-2.6%
Brent-ruolie
109.03
-3.1%
Top-40
60,264
+0.3%
Alle aandele
66,287
+0.1%
Hulpbronne 10
62,812
-1.5%
Industriële 25
80,284
+1.1%
Finansiële 15
14,763
+0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Love the outdoors and riding my bike
I am a Funny, outgoing, fun loving, honest, loyal person Like camping, fishing, hunting and the open road on my bike
Tyd vir 'n nuwe begin...
Ek is beslis nie 'n ekstrovert nie, maar enig in my soort beslis. My vriende sou my beskryf as iemand wat stil en stemmig is maar sodra jy haar leer ken sien mens die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot