AFGRI
BEAN
07 Des
-
9350
0,00
CORN
07 Des
-
4415
0,00
SOYA
07 Des
-
10510
0,00
SUNS
07 Des
-
10700
0,00
WEAT
07 Des
-
6654
0,00
WMAZ
07 Des
-
4924
0,00
YMAZ
07 Des
-
4770
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Veiligheid: ‘Kry bestaande planne van papier af op die grond’

akkreditasie
Ter illustrasie. Foto: Marieke Snyman
Ter illustrasie. Foto: Marieke Snyman
Mense moet ophou om nuwe planne te beraam en eerder daarop konsentreer om die bestaande veiligheidsplanne en basiese veiligheidsmaatreëls in landelike gebiede gereed te kry, het mnr. Uys van der Westhuizen, landelike veiligheidskenner, tydens die Nasie in Gesprek-reeks op die tweede Nampo Kaap by Bredasdorp gesê.

Die sessies is deur mnr. Theo Vorster, uitvoerende hoof van Galileo Capital, gelei. Die ander lede van die paneel was mnre. Jannie Strydom, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, Reinhard Geldenhuys van Overberg se rampbestuursentrum, Pieter Albertyn, ’n Wes-Kaapse boer, en Gary McKay, uitvoerende hoof van Fidelity ADT.

Van der Westhuizen het gesê landelike misdaad kos die Suid-Afrikaanse ekonomie jaarliks R7,7 miljard. Die verlies wat veediefstal tot dié bedrag bydra, beloop sowat R1,1 miljard. Werkloosheid is ’n kernprobleem wat aangepak moet word sodat landelike veiligheid op ’n holistiese manier benader kan word.

Volgens hom is ’n gebrek aan planne rondom landelike veiligheid nie die kwessie nie, maar die toepassing daarvan. “Die landelike veiligheidsplan het besonderhede wat alles dek. Die sektorpolisiëringsplan het baie besonderhede. Alles is daar, maar dit kom nie aan die bedryfskant uit nie. Kom ons doen wat op papier staan, op die grond.” 

Die basiese dinge

Van der Westhuizen het gesê mense volg tans die verkeerde benadering wanneer hulle hul grond begin beveilig. “Jy moet begin by die basiese dinge. Jy moet ’n paniekknoppie hê. Nou begin die mense van die verkeerde kant af. Hulle begin by ’n hommeltuig of ’n kamera, terwyl hulle nie die vermoë het om alarm te maak nie. Landelike veiligheid begin by die individu, dan kring dit uit na sy gesin en dan die plaaswerkers. In baie gevalle is hulle die eerste aktiveerders.”

McKay het benadruk dat dit ook nie gaan nie oor “wie die grootste geweer het nie”, maar eerder die doeltreffendheid waarmee inligting na die regte mense gekanaliseer word. “Ons volg die uiering-beginsel. Begin van buite af en werk binnetoe. Teen die tyd dat ’n man langs jou bed staan, weet hy jy is gereed vir hom.”

Geldenhuys meen dit is noodsaaklik dat verskillende strukture saamwerk om voorkomend teen misdaad op te tree. Die Overberg-veiligheidsforum is vir dié doel op die been gebring om die fragmentering van hulpbronne te voorkom. Die forum sluit ’n breë spektrum belanghebbendes in, onder meer die gevangenisdiens en maatskaplike dienste.

Geldenhuys het gesê die Overberg is gelukkig dat die munisipaliteit doeltreffende kommunikasie tussen departemente het. “Mnr. Alan Winde, die Wes-Kaapse premier, het streng opdrag gegee dat munisipaliteite dit moet doen.”

Albertyn het gesê ’n fout wat mense maak, is om reaktief pleks van proaktief oor veiligheid te dink. Talle gemeenskappe is te gemaklik. Hulle begin eers saamwerk en stel die nodige veiligheidsmaatreëls eers in nadat hulle slagoffers van landelike misdaad geword het. Hy meen dat boere meer met mekaar moet praat ten einde samewerking en ondersteuning te bevorder. “By Stellenbosch, waar daar nou al ’n paar voorvalle was, het die ouens elektriese heinings, maar daar moes eers iets gebeur om dit aan te spoor.” 

Swak sekuriteit

McKay het gesê hy was verbaas om te sien hoe min sommige boere, veral in die Wes-Kaap, doen om hul persoonlike veiligheid te verseker. Sewe uit tien boere in die provinsie het na sy mening swak sekuriteit. In teenstelling daarmee is die boere in die Oos-Kaap, die Noord-Kaap en die noordelike provinsies paraat.

Strydom het gesê die Grondwet bepaal dat die staat verplig is om sy burgers se veiligheid en dié van hul eiendom te verseker en daarom doen hy ’n beroep op die regering om dié verpligting na te kom.

Vir die georganiseerde landbou is dit nie net die grondeienaar se veiligheid wat van belang is nie, maar ook dié van die plaaswerkers en sy gesin. Hulle moet nie net op die plaas veilig voel nie, maar ook in die omliggende omgewing. “Landelike veiligheid sluit die hele boeregemeenskap in. Ons landelike veiligheidkomitee konsentreer daarop. Dit is vir ons noodsaaklik om ’n veilige omgewing te skep waar voedsel geproduseer kan word.”

Hy het gesê dat landelike veiligheid ook ’n ekonomiese kwessie is. Dit is vir die land se ekonomie noodsaaklik is dat landelike misdaad aangepak moet word. “Die landbou se vermenigvuldigingseffek op die platteland is reusagtig. Boere sal nie in die platteland belê as hulle nie veilig voel nie.”

Hy het boere aangemoedig om van die Agri Securitas-trust, ’n fonds wat onlangs R1,5 miljoen aan 12 boereverenigings bewillig het vir die oprigting van kamera-netwerke en die koop van veiligheidstoerusting, gebruik te maak om hul veiligheid te verbeter.

Nasie in Gesprek,
Van links is mnre. Jannie Strydom, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, Reinhard Geldenhuys, Overberg se rampbestuursentrum, Theo Vorster, uitvoerende hoof by Galileo Capital, Pieter Albertyn, ’n Wes-Kaapse boer, Uys van der Westhuizen, landelike veiligheidskenner, en Gary McKay, uitvoerende hoof van Fidelity ADT. Foto: Brand Republic

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op WhatsApp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.35
-0.1%
Rand - Pond
21.01
+0.1%
Rand - Euro
18.14
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.60
-0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,771.82
+0.0%
Silwer
22.29
+0.4%
Palladium
1,877.50
+1.4%
Platinum
991.00
0.0%
Brent-ruolie
79.35
-4.2%
Top-40
68,420
0.0%
Alle aandele
74,557
0.0%
Hulpbronne 10
73,980
0.0%
Industriële 25
91,397
0.0%
Finansiële 15
15,738
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Flambojante Groen oog boerenooi
Ek is n passievolle optimis, romanties, n hart vir mense, weet wat ek wil he, ek is nie n opsie maar n prioriteit, goedversorg, hou van lag, soms n malkop maar kan ook ernstig...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot