AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
27 Jan
-
173,81
-3,89
Ave Wool - RWS
27 Jan
-
189,08
-2,38
Beeste A2/3
27 Jan
-
56,35
-0,03
Beeste AB2/3
27 Jan
-
54,84
0,37
Beeste B2/3
27 Jan
-
52,6
0,97
Beeste C2/3
27 Jan
-
51,89
2,33
Bevrore Hoender
27 Jan
-
34,13
0,07
Bokkies (onder 30 kg)
27 Jan
-
64,42
3,65
Bokooie
27 Jan
-
42,56
5,65
Groot (meer as 40 kg)
27 Jan
-
44,53
13,49
Hoender (IQF)
27 Jan
-
32,16
0,07
Medium (30-40kg)
27 Jan
-
55,48
8,33
Pork Average
27 Jan
-
36,34
0,63
Poultry Average
27 Jan
-
33,37
0,02
Skaap A2/3
27 Jan
-
84,06
-1,32
Skaap AB2/3
27 Jan
-
83,25
7,84
Skaap B2/3
27 Jan
-
69,31
3,51
Skaap C2/3
27 Jan
-
64,52
-3,23
Speenkalf
27 Jan
-
36,72
1,00
Spekvarke
27 Jan
-
36,59
-0,22
Stoorlammers
27 Jan
-
38,46
-0,54
Varkwors
27 Jan
-
29,16
0,28
Vars Hoender
27 Jan
-
33,83
-0,09
Vleisvarke
27 Jan
-
36,3
0,71

Veilings: Agente gemaan om nie verbod te ignoreer

akkreditasie
Foto: Heather Dugmore
Foto: Heather Dugmore
Lewendehawe-agente in die noorde van die land kan geldelike verliese ly as hulle weens die verbod op lewendehawe-veilings nie sake kan doen nie.

As hulle egter hierdie verbod ignoreer en wel diere verhandel, kan hulle swaar gestraf word.

Mnr. Francois Knowles, uitvoerende hoof van die landbouprodukte-agenteraad (Apac), sê daar is gerugte dat sommige agente steeds handel dryf omdat beweer word dat me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, haar magte oorskry het toe sy die verbod op veilings in die noorde ingestel het. “Hulle glo ook die verbod is ongeldig omdat die beheermaatreëls wat die minister aangekondig het, nie in die Staatskoerant afgekondig is nie. Hulle voer daarom aan dat hulle nie aan die verbod gehoor hoef te gee nie.”

In ’n gesamentlike verklaring van die departement van landbou en Apac word hierdie agente gewaarsku dat hul registrasiesertifikate gevries of gekanselleer kan word en dat hulle beboet kan word as hulle skuldig bevind word.

Minister is bemagtig

Die verklaring bevestig dat wanneer ’n aanmeldbare siekte uitbreek, die minister van landbou by magte is om spesiale maatreëls af te kondig om die verspreiding van en verliese weens hierdie siekte te beperk, asook om die siekte die hoof te bied. Die Wet op Dieresiektes (Wet 35 van 1984) skryf voor dat hierdie maatreëls deur die minster in ’n skrywe aan verantwoordelike persone in die betrokke omgewing gestuur moet word of dit moet in ’n koerant wat in die omgewing versprei word, gepubliseer word. Daarom is dit nie nodig om die maatreëls in die Staatskoerant af te kondig nie.

Knowles sê ingevolge die Wet op Landbouprodukte-agente (Wet 12 van 1992) moet agente voldoen aan die wette en voorskrifte wat op lewendehawe-agente van toepassing is. “Agente word dus aangemoedig om te voldoen aan die maatreëls wat die minister ingestel het. As hulle besware teen hierdie maatreëls het, moet hulle die minister nader om deur middel van ’n formele gesprek die uitwerking van die beheermaatreëls op die bedryf te bespreek. ’n Oortreding van die Wet op Dieresiektes is ’n strafbare oortreding. Mense wat die wet oortree, kan tronkstraf of ’n boete of albei opgelê word.

“Apac is bereid om agente by te staan as hulle met die owerhede oor die tydelike verbod op veilings wil gesels. Ons doen ’n beroep op agente om nie die wet in eie hande te neem deur strydig met die verbod wat die departement ingestel het, steeds diere te verhandel nie,” sê Knowles.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
-2.2%
Rand - Pond
21.05
-0.0%
Rand - Euro
18.91
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.09
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
974.02
0.0%
Palladium
1,623.95
0.0%
Goud
1,865.16
0.0%
Silwer
22.35
0.0%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Hardwerkende man wat hou van die natuur en besig wees.
Ek is n pappa van 4 kinders (2 seuns en 2 dogters). Hou baie van die buite lewe en geniet dit baie om te dans. n Aand uit is net so nodig soos n Sondag middag op die bank. Vat...
Aktiewe leefstyl en rustige persoonlikheid
Posiewe en vriendelike persoonlikheid Geniet mense en is baie sosiaal Diere liefhebber Aktiewe leefstyl, gym tenminste 4 tot 5 keer n week Baie gelukkig in my werk Geniet die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot